Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

en dis alles Gary Player se skuld.Ek het heel goed aangegaan,nee dis nie heeltemal waar nie,ek het tussenin oor die jare olraait aangegaan.Nou op 66 jaar kry ek 'n probleem en dit alles 'n anner ou se skuld.Ek het vir Gary Player al die jare baie respek gehad.Fantastiese sportman,ambassedeur vir ons land,mooi,ryk-alles.Nou moet hy neuk en al sy klere uittrek.En skielik verander alles vir my ook.Elke keer as ek stort(twee keer 'n dag)dan kyk ek na die spieel,bult my spiere so 'n bietjie,draai om en bekyk myself van 'n ander kant af.....en wonder.Dan trek ek 'n onderbroek aan en probeer sy gholf swaai 'pose'.Skielik begin ek wonder of ek dit kan waag,jy weet om ook so 'n gewaagde,miskien vleiende foto te laat neem.Ek begin soek na 'n fotograaf in die omgewing en sien 'n advertensie waar iemand haar(!) dienste aanbied.Ek stuur 'n e-pos en verduidelik my dilemma.Wil graag vir my seun 'n nalatenskap gee van hoe sy oukerel gelyk het op 66.Sy moet verstaan ek wil nie naak
afgeneem word nie,wil ook nie die fotos verkoop nie.Sal ook nie 'n gegiggel duld nie.Ek weet ek is nog so 10kg oorgewig,miskien kan ons dit 'n 'before' en 'after' fotos noem-hierdie sal nou die 'before' wees.
Nou begin ek beplan-hoe verduidelik ek vir my vrou waarheen ek oppad is,hoekom ek dit gaan doen en hoekom ek nie liewer die geld spandeer op iets soos uiteet of fliek nie.Watter verskoning sal ek aanbied as ek nou vir die sessie gaan?'Skat ek gaan net gou dorp toe''Hoekom ?Kan ek saam kom?'Ek begin deur 'n paar kledingstukke in die kar weg te steek.Ook 'n 5kg gewiggie of twee,ingeval dit nodig is vir so sterkman foto.
Die rekenaar praat gereeld van sinkronisasie,wel ek moet die ding mooi uitwerk.....en sodra ek die plan tot uitvoer gebring het vertel ek verder.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

probleem
hehe....die probleem klink so selfgeskep, of is ek verkeerd? :) dalk moet vroulief sommer self die foto vir nalatenskap neem, sy sal nie giggel of bloos nie :)
6 jaar 6 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


Foto
Sterkte met die ... eh ... glansfoto's. Sal graag deel 2 wil lees. Duime op! :)
6 jaar 6 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar