Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit het so begin :
Daar is stilte op my lippe
daar is geraas in my kop


Die probleem soms met dig...as mens ñ werklike fenominale reël skryf
( of twee ) , of dalk ñ fenominale strofe ( of twee ) as jy lucky is , is dat dit dan soms regtig onmoontlik is om dan aan te dig ...
Want dis net byna onmenslik moontlik om dan die ..ehm..kwaliteit ( profoundness ? ) te handhaaf .
SO , meestal dan is die res ñ downer/bummer .
Anyway ...
Toe eventueel volg daar nog 6 reëls ( waarvan ek nadat die vers sy eie lewe begin kry het , 1 reël verwyder het ) .
En toe staan die ding(gedig) daar .
Half lewend .. half dood .

Gister toe kyk en weer daarna ...
EN daar kry die halfdooie toe mos weer lewe in sy gat .

... Die weirdste ding ....
Nie net word dit toe voltooi nie ...somehow toe tie die res op met my bundel waarmee ek so half besig is ...

EN.
Raai wat nog ?
Dit eindig toe wragtig met my klaar gekose titel vir die bundel , as titel vir die versie .

EN alles werk net so freakin perfek .

Strange things .
Ja .

Ek raai die vers sal nou seker in die bundel moet opgeneem word .

Peace .


( 15/05/2015 08h18
-      O.. sorry . seker wil jy die titel van die bundel weet ?
Goedjies om aan te herkou .)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dae terug
Ek raai ook dit sal in die bundel MOET wees. Daai bundel is goeie nuus!
4 jaar 6 maande 1 week 3 ure oud


perfek
Eks bly om te hoor jys besig met daai bundel :-) Die perfekte tyd is so gou as moontlik. Jyt alreeds oorgenoeg stoffasie :-)
4 jaar 6 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


Perfek?
Soms is die eerste poging die beste. Dan het daai mannetjie wat êrens in jou onderbewussyn werk, sy werk net reg gedoen. Geen skaafwerk nodig nie.
Die probleem is, hy maak nie 'n afspraak as hy kom kuier nie, los net skielik die pakkie op die stoep, sonder koelsak, in die warm son. (En dis ysbeelde wat vinnig smelt!)
Soms ry jy êrens heen, sit in 'n vergadering, word laatnag wakker...
As jy dit nie dadelik oopmaak en verewig nie, smelt dit en die skerp hoeke is daarmee heen. Gesmelte roomys kry mens nie weer tot sy volle glorie nie. Die perfekte reëls moet jy vang as hulle die eerste keer by jou verbyfladder. As jy hulle gaan soek is die orde reeds anders, die balans versteur.
Sterkte met die bundel!
4 jaar 6 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


"EN alles werk net so freakin perfek".
Dis hoekom ek glo dat dig en skryf 'n GAWE is. Ja, oukei, dis werk ook. HARDE werk. Maar sonder daai gawe, help werk NIKS!
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Titel ...
Sal gaaf wees as my titel ook sommer net so in my kop "verskyn" as ek twee reëls skryf.
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar