Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Engelse term – gewoonlik in die Howe – is “I rest my case.”
Dit handel oor my skrywe ‘Time of abundance’ en al die kommentare, oproepe en gevolge.

Dit was nooit my bedoeling om enige spesifieke ras of etniese groep uit te wys of aan te spreek nie – Die hele strekking gaan oor die afbreek van alles wat die Aarde is in die algemeen en wie is grootliks verantwoordelik.

Met dit in ag geneem, is daar min nasies en of volkere wat onskuldig is. Die hele lot dra by tot die fenomenale afbreek en vernietiging en ek het nie nodig om voorbeelde te noem nie want dit is net te skrikwekkend.

Ongelukkig het kwaad ontstaan uit my skrywe en politiek het ingesluip en Suid Afrikaanse gemoedere loop hoog en selfs plaasmoorde het opgeduik.
Oor Plaasmoorde sal ek beslis apart skryf en ek sal nie doekies omdraai nie en ek gaan sommer hier klaar ‘n klippie in die bos gooi.

Rassisme is deur die wêreld ‘n faktor.
Die Amerikaners sit met die Negers en die Mexikane
(wat in die flieks altyd die kroeks is)
Suid Afrika het die inheemse rasse en net hier wil ek stilstaan.

Ek had ‘n vraag en ek soek ‘n antwoord en ek bespiegel; aan wie moet ek die vraag stel om ‘n rasionele antwoord te kry ?

Die oplossing kom vinnig – om ‘n braaivleis vuur op die plot uit die mond van ‘n suigelig – ‘n tien jaar ou seun.
Vier dae gelede bring Boeta die klein Porratjie na Anita vir sy gereelde hare sny.
(Vir die lesers wat nie weet nie; die Porratjie is ‘n oor die draad spring vrug van my seun by ‘n half Porra langbeen nooi.
Boeta is ‘n kitaarspeler en het op Universiteit al vir die koshuis girls onder hulle kamer vensters ge-serenade tot sy ma die boks vol panties onder sy bed gevind het.
Wel, die Porratjie het so in my hart gekruip dat ek hom my Erfgenaam noem.)

Terwyl die laaitie op die hoogstoel sit en Anita knip-knip-knip aan sy hare, sit ek op my plek en hoor sy gesprek aan.
Dit gaan oor kleur.
In die skole is ook kinders van kleur en om een of ander rede kom die moeilikheid gewoonlik van hulle kant af – soms wel ook van die blanke seuns se kant af en die klein Porra spreek die wens uit om in ‘n skool te wees wat net wit is.

Ek dog so by myself; hier is nou my kans, my kans om vir my groot vraag ‘n antwoord te kry en ek stel die vraag op my beste aan die Porratjie:

“Willem,
( jip, hy dra my naam maar nie die van nie, die vrou het geweier.)
Sê nou net die Regering roep al die blankes bymekaar en maak die voorstel:
Boere, ons Afrikane het saam besluit; iewers in Afrika, waar baie reën en baie water en diep grond is, gee ons vir julle ‘n stuk land groter as die hele Vrystaat.
Ons gee aan julle ‘n klaargeboude spoorlyn na die naaste hawe en gratis hawe regte.
En . . .
Ons verbied enige swart man . . .
En, let wel . . .
Swart vrou om sulle se voete daar te sit of vir julle te pla.
Jy moet nou huis toe gaan en mooi gaan dink oor ‘n antwoord”

Ek had vrede want die werklikheid bestaan alreeds en dit het ek gedek met my skrywe oor Orania.
Orania is die grootse flop as onafhanklike tuisland; dis slegs ‘n soort van weghol plek vir . . . vir . . .

Orania is nie self versorgend nie. Hy wek nie sy eie krag nie, hy vervaardig nie sy eie brandstof soos gas, olie, petrol, diesel en wat ook al nie. Orania se kos en voedsel bestanddele kom van Suid Afrika af.
Orania is dus slegs ‘n onbereikbare droom bloot omdat geen blanke ‘n graaf sal vat en dit self in die grond druk nie.
Dus, sonder arbeid is die droom gedoem.

Hierdie feite weet die Porratjie van want hy was saam tydens ons kuier na Orania en hy het ore en vir sy tien lewensjare hoor hy gesprekke aan en op die plot sien hy naweke wat behels dit om met die hande te werk.

Om die braaivleis vuur ‘n week later druk ek hom in die blik:
“Willem, jy het nou lank genoeg gedink en ek soek nou jou antwoord.”

Hy is ‘n man van planne want hy is half bloed van my bloed :
“Oupa. Ons moet trek maar . . .
Oupa elke een moet sy eie robottte bou wat die werk moet doen. Elkeen moet sy eie robot bou want ek gaan myne nie uitleen nie want daai ander ou gaan hom nie terug bring nie of hy gaan veranderings aanbring en trots vir my kom vertel my robot het nie mooi gewerk nie toe modify ek dit effe – nou is my robot futtup oupa!”


Groetnis

Willie
2014/06/12



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Swaarkry
Ek dink hulle sal meer swaarkry opdat hulle so vyandig, eie ek en upstairs is - die son mag mos oor niemand skyn nie - net oor myself!
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


***
Hehe...lyk my hier is 'n besigheidsgeleentheid vir 'n antrepreneur...begin 'n robotfabriek :-D
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Jeug
Nou wie het ooit of sal ooit waag om te sê die jeug kom nie uit met die waarheid nie? Hê, wie? Want sonder arbeiders, of dan robotte, sal meeste van onse ras darem vreeslik swaar kry. Of is ek nou verkeerd?
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar