Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Want
My vrou wag vir my – die tafel is gedek . . .

Kom -
Kom ek begint heel voor:

Ek verstaan hoe kry hulle jem in ‘n toe blik. Ek verstaan hoe werk hulle ‘n bal vas sodat al die nate aan die binnekant is – deur daai klein gaatjie?
Kan alle dinge rek soos ‘n sykous? (En nie net daai een ding nie?)

Sorry
My grootste askuus
Ek is terug en alles is okei; los maar julle duime.
Dit is 04h00 en die nag was maar ongemaklik maar disprin en doepa help
Ek moes egter my speech maak; en as jy by daai plek ‘n speech maak, weergalm die speech soos oor ‘n wye vallei en hop dit terug.

Juis toe ons stop, sien Anita hom wegry op ‘n motorfiets. Hy ry elke dag tussen een en twee weg en dan sit ons soos ape en wag – die hele spreek kamer vol.
Anita se verduideliking is:
“Hy gaan petrol inneem”

Ek ken van petrol inneem. My ambagsmanne, sekeres van hulle, sodra die ontbyt fluit blaas, jaag hy vir sy kar. Sommige se vrouens wag al op die parkeer voor die deur met hulle kar.
Ontbyt is slegs ‘n half uur, maar hulle is betyds terug en verkwik; “magie vol” want hy maak nog belt vas.

Wanneer die een uur fluit blaas, herhaal die storie en hulle tydsberekening is akkuraat want hulle klok almal betyds terug al is die hare nie gekam nie en al maak hulle nog broek vas maar die energie is herlaai en dan fluit die sny vlamme en skiet die sny lemme strale van vuurvonke uit.

Ek dink hierdie man vra ‘overs’ want hy kom nie so vinnig terug nie maar is ewe effektief en lewendig en die worsmasjien loop.

Gister was ek anders. Toe die pragmeisie kom met die botteltjie en die sneesie, toe vat ek aan haar arm en ek briek haar:
“Ons tweetjies moet nou eers ons tydsberekening mooi reg kry. Verlede keer het die doodmaak druppel al uitgewerk teen die tyd wat ek gespuit is.
Ek het die kateltjie effe gebuig maar ek het niks gewys nie. Ek sien hy het nou net gery maar ek sien hy ry nou motorfiets en ek dink ook sy tafel is klaar gedek by die huis maar ek wil graag nie weer seer kry nie.”

Sy is opreg jammer en spyt:
“Askuus oom, dit sal nie weer gebeur nie; ek sal seker maak en die verdoof druppels vir laaste hou.”

Op hierdie stadium word skryf moeilik. Rolprent is makliker want alles op die agtergrond word ook verfilm en die kyker sien die hele breë spektrum van gebeure.
Ek het gesien toe die dame inkom. Sy is ‘n besondere lang vrou met ‘n gewaad. Dit is ‘n rok van snit maar lyk amper soos die doek wat Anita oor ons gooi wanneer sy ons hare sny..
Die vrou se gewaad is egter effe van styl maar vormloos en tot op die grond en sy loop met ‘n effe mank-mank en sy kou.
Jip, ek het haar dopgehou by die ontvangs toonbank terwyl sy kou en praat tegelyk.
Rusteloos, soekende, kykende het sy geloop en na plek gesoek soos Nonna of Bella; hulle ruik-ruik mos eers die grond en draai-draai al in die rondte voordat hulle neerplof ; net met die verskil hulle kou nie.

Ek weet wat kou die vrou. Ek kyk Krieket op die TV. Die spelers, die ref, die veldwerkers en die grassnykommandant – almal kou. Hierdie gewade vrou – beslis van stand – kou.

Wanneer ek dink en redeneer, kyk ek na niks op die grond voor my.
Om na niks te kyk, stimuleer my denke en rede en toe sien ek haar oop sandale wat net-net onder die strepies gewaad uitsteek en sy staan feitlik op my voete en ek kyk op; op teen dit wat agter die gewaad verskuil is, nog op en ek sien dat sy wel bebors is maar versteek en ek sien –

Ek sien haar uitgesteekte hand en ek kyk verder op na haar gesig en ek sien haar kou.
Ek kyk weer terug na haar hand want in die hand is die klein polistireen kommetjie van die waterbottel en ek kyk terug na haar gesig en ek sien die vrou het mooi oë en sy kou en toe is haar stem sag melodieus en soet:
“Lekker koue water vir oom . . .”
En ek steek my hand uit en neem die kommetjie en sy houvas effe en daar is plooitjies langes haar oë en toe
Toe vorm haar mond en ek sien haar lippe is vol en haar mond vorm en ek sien die punt van haar tong agter die Wicks borrelgom
En die plooitjies om haar oë verdiep en die groot- groter-al grootste borrel verskyn, verdwerg gesig en haar oë wat ek weet, wyk nie een moment van my af nie . . .
En die borrel bars met ‘n plof
Ek sluk stadig aan my kommetjie yskoue water en jare van ervare jag maak my oë vas op die blou van haar oë en ek sien die inryg van die borrelgom deur haar soel vogtige lippe terwyl sy skynbaar wag dat ek klaar drink en die aroma van haar reukwater is effe soet en ek kan dit nie plot nie
En ek hou die kommetjie uit en sy neem en ek houvas effe en die ligte rilling toe ek aan haar vinger raak verseker my hierdie tafel is gedek.

2015/01/14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Goeie een, Willie! ...en só realisties.
4 jaar 8 maande 3 dae 18 ure oud


tafel
hehehe .. ja so is daar seker baie maniere van tafel dek ne!!!
4 jaar 8 maande 4 dae 21 ure oud


Tafel
Giegiegie, oe eheh! Gedek seg jy?!

Vir 'n oomblik het ek gewag dat die borrel plat oor haar gesig bars en vasklou aan haar wimpers.
4 jaar 8 maande 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar