Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Daar het 'n snaakse gevoel in my maag gedraai, ek kon aanvoel iets is nie pluis nie, toe kom die oproep, my pa is gediagnoseer met beenmurg kanker, hule kom egter later agter dat sy wit bloedselle die rooies eet.

Ek, ouma, my tannie en twee niggies sit geskok in die sitkamer, kort-kort vloei daar trane by ons oge uit, dit slegte nuus het nog nie werklik ingesink nie, ons sit verstom en kyk na die tyd op die horlosie wat teen die muur hang, ek besef ons almal het 'n bepaalde tyd om op aarde deur te bring.

Twee maande later vind ek my by my pa se hospitaal bed, in Johannesburg, Baragwanath hospitaal, ek dink nogal by myself, wat 'n aaklige naam is dit nou nie vir 'n hospitaal. Ek hou my pa se hand vas, omtrent die hele familie is by de hospitaal, ons weet nie of ons moet afskeid neem, of bly glo pa sal beter word nie, dus bid ons vir die beste en verwag die ergste, met kanker weet mens nooit wat om te verwag nie. Die dokter het ons reeds gebel om te kom, pa het 'n massiewe terugslag gehad, later daai dag vermoed hulle daar is gewasse op sy brein, hulle vat om na 'n ander saal toe.

Is nie lekker om pappa so te sien, hy is op 'n asemhalingsmasjien, en daar's allerhadnde pypies en goed deur sy neus, hulle vat hom toe na die saal toe waar hy brein scan gaan kry, hulle scan hom aan die kante van die brein en agter, toe hulle voor wil scan blaas hy sy laaste asem uit. Stiefma kom se vir ons pa het dit nie gemaak nie, ons almal huil. Later net voor ons weer huis toe ry, sien ek hulle stoot my pa by my verby, en hy herriner my weer, ons tyd op aarde is beperk.

Ek mis hom nou nog!

©Timothy 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek onthou
dis n baie seer onthou wat nooit ophou nie.. Sterkte en n drukkie
3 jaar 5 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


ek onthou
Jammer vir die verlies. Die pyn word met die tyd beter maar die onthou bly ons altyd by. Dankie dat ons dit met jou kan deel.
3 jaar 5 maande 2 weke 1 uur oud


Pa
Ai. Jammer tog oor die verlies, al was dit dalk lank gelede. En tog dis wonderlik dat jy só mooi kan skryf oor jou onthou van jou PA.
3 jaar 5 maande 2 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar