Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n regte gat!.hier praat ek nie nou van 'n beeldspraak nie.ek wil iets aan iemand bewys en probeer om om die grensdraad van ons sekuriteitsoord te stap.wat blyk 'n relatiewe eenvoudige stappie te wees,word 'n nagmerrie,van gate en dongas en dorings en bosse.ek beur deur ondeurdrinbare bosse,gly teen hellings af,word gekrap deur dorings en bosse,trap in 'n gat,trek 'n spier in my kuit en sit op 'n onmoontlike plek waar ek nie kan vorentoe of agtertoe nie
al sou ek iemand bel,sou niemand my daar kom haal nie(dis almal bejaardes soos ek)ek beur en woel,probeer oor die veiligheidsheining kom,maar tevergeefs.al wat oorbly is om op my pad terug te loop.die pad wat amper onmoontlik was moet ek nou met 'n kuit wat skreeu,aanpak.dis toe wat ver verander na blerrie ver,avontuur en eiewysheid verander na nagmerrie en onnoselheid.ek bid,maar as die Here sou hoor,sien ek hoe hy sy hande vou en Sy kop skud...jy wil mos.
ek maak dit toe,maar met 'n erg beseerde kuitspier(en ek gaan volgende week KKNK toe!)eers probeer ek boererate,uiteindelik bel ek die fisioterapeet,wat my eers volgende week kan sien(een vennoot is op kraamververlof-blerrie vroumens)apteek,pleisters,voltarin en skuif-skuif soos 'n krap.heeltyd voel ek erens is daar 'n les te leer,maar ek is te dig.dis 4 dae later,ek durg 'n trippie 'mall' toe aan met 'n kruk.dit vorder,oor 2 dae gaan ons Oudtshoorn toe.ek delf nie te diep oor die hoekoms en waaroms nie,straf,ongehoorsaamheid,halstarrigheid,hardegatgeid !
nou moet u verstaan,vir die agelope maande stap ek elke more 7km bergop en af.skielik sit ek op my alie en niks,geen behoeftes,ondernemings,gebede,beloftes,niks help behalwe wag nie.
u ken my nie maar ek is nou naby die einde.nie naby herstel nie,ek trap sommer net weer in 'n gat!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar