Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dikwels,veral wanneer ek sportgeleenthede op T.V. kyk,kom die begeerte by my op- 'Ek wil ook op water loop'Ten aanskoue van gewone mense wat uitgestyg het bo gewone menslike vermoens en ongelooflike dinge vermag.Toe die Meester op die water geloop het en Petrus genooi het om dieselfde te doen,het hy nie probeer om ons gewone mense weer aan te moedig om woorde soos 'onmoontlik' en 'wonderwerke' deel van ons woordeskat te maak nie?.Wanneer Louis Oosthuizen 'n Albatros in golf speel en selfs hy in vervoering is oor die 'volmaakte gelukhou'.'n Gimnas gebruik sy liggaam om onmoontlike toertjies te vermag,die hardloper,springer,swemmer,onmoontlike take verrig.Diep hier binne groei die bewustheid,die geloof,die hoop,die wete,dat ek gemaak is vir meer.Hierdie loodvoete 'is made for dancing' weerklink die liedjie in my hart.Tenspyte van die getuienis om my,die beperkings in my,weet ek 'ek wil ook op water loop'.Hier is 'n organisasie in ons land met die naam 'I Can',wat mense aanmoedig om uit te styg bo hulle beperkings,kopskuiwe te maak,op te staan en Godgegewe vermoens te ontdek.
Ek roem daarop dat ek kwansuis net op inspirasie funksioneer,of dit te doen het met takies in en om die huis,of skryf hier op Woes,maar die ouens wat weet,herinner ons gedurig dat sukses bestaan uit 90% perspirasie en slegs 10% of minder inspirasie.Ten aan aanskoue van fenominale prestasies en vermoens raak ek so opgewonde oor wat ek dalk kan doen en dan sak ek saggies terug in die sagte kussings van gemaksug en vee die sweet van my wenkbroue af.
Maar die Here weet,ek wil nog glo aan onmoontlike dinge,ek wil voor dit te laat is,ook nog op die water loop......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy kan
Ons is tot alles in staat deur Hy wat ons die krag gee...
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 7 ure oud



Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar