Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wanneer ek nou my hart uitstort is dit nie om antwoorde te kry
nie.dis maar net 'n manier om te hoor of daar erens iemand is wat verstaan,wat ook so ervaar.
ek het alles wat 'n mens seker voor kan vra,nie regtig genoeg nie,kom 'n mens ooit daar? maar as jy my moes vra om 'n lysie te maak van wat ek nodig het,is dit 'n baie kort lysie.en tog is ek onrustig,onvergenoegd.ek ken al die geykte antwoorde,lees in die Woord om tevrede te wees maar ek kom nie tot rus nie.ons bly net duskant die paradys,met 'n uitsig oor berg en see,waarvoor miljoene baie sal betaal,net om 'n week of twee per jaar ,dit te kan ervaar.maar ek sukkel met myself,en dit word nie makliker nie.
ek onthou iets wat ek gelees het oor Dawid wat sy siel aanspreek en se:'my siel,wees bly en verlustig jou in die Here',soos 'n stout kind wat nodig het om vermaan te word.nou wonder ek maar net,is daar 'n botteltjie Lennons medisyne wat hiervoor kan help,dalk 'n goeie purgasie of iets vir die koors ?miskien iets vir die blindheid,of moet jy eers iets verloor om dit te waardeer?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tevredenheid
Beste Johnnie,

ek kan tevrede wees soos 'n geelwortel of 'n ui of 'n aardappel in sy beet: Dan wag ek slegs om deur 'n snuffelnde, snorkende vark opgevreet te word of om in 'n Kentuckybraaiapparaat te beland. Dit is vegetatief, domp, onnosel, onmenslik.

Of ek kan my toestand van tevredenheid gebruik om daaruit iets te maak. Byvoorbeeld deur ander mense te begeluk (is daar so 'n woord? dis rooi onderstreep), gelukkig te maak, om te probeer leniging bring waar nood en pyn is. Dit kan by mense, tiere, die natuurlike omgewing, of iets anders wees. Of ek kan my in 'n besondere kuns of wetenskap verdiep, so te sê vergeet en (miskien) opbloei. As ek geesdriftig iets aanpak wat my uit my eie self uit trek, en my gawes laat ontplooi, is dit menslik. (Al is dit tuinspit by Tannie Trina in nommer 18 om die hoek.)(waartoe ek origens nog in staat is)

In my rubrieke, veral diegene wat oor taalvrae handel, het ek aangeraai, of minstens voorgestel dat ons die anderssprekende boorlinge kon / kan / sou / sal / moet help om húlle tale en kulture te ontwikkel (en sodoende die mense help om hulle uit hulle penarie hoog te trek).

Jy sien, ek maak propaganda! Ook ek sit op kussings (nie uit sy-goud-brokaat nie, maar tog) en wag op die dood, die groot ewigheidsvark of KFC-pan. Maar nee, ek soek 'n opgawe, het ene gevind. Maar hoe om dit om te set? Uit my kindheid onthou ek: Pak aan! Daar's werk! Ons weet dat bekeerdes die radikaalste fundamentaliste is, nè? So is ek maar. Dis nou maar slegs mý voorbeeld; elkeen het 'n ánder biografie, lewer 'n ánder voorbeeld.

Aldus: Ek maak propaganda.

Groetrnis vanToom
8 jaar 3 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


ek wonder
Ek kan ook maar net AJL se kommentaar beaam...dit is daar en geen botteltjie iets gaan jou meer tevrede maak nie, johnie as net bietjie meer geloof en vertroue.
8 jaar 3 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Nice view
Die lewe bly 'n uitdaging. Ek wens ek het so 'n uitsig gehad.
8 jaar 3 maande 1 week 2 dae 14 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar