Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wonder – wat my pla
Nee
dit gaan nie só nie -
ek try weer

¶ Ek wonder wat
My hinder . . .
en
dit pla
want daar’s onrus
in my hart –
of tradisie en styl
ooit vergaan -
ja
ek wonder
want dit pla . . . ¶
Julle ken mos die mooi Afrikaanse liedjie.

Maar
Ek kom netnou terug hiernatoe.

Ek het dit genoem as kommentaar by Kiekies se woord skilder oor haar en Bokka se woord toer . . .
Die ding van my radio.
Dit kom van my pa se kant af; hy was ‘n radio Ingenieur en die Radio en en musiek was soos ‘n broek –
Jy loop nêrens sonder jou radio nie.
Dis toe ek verbygaan waar Marlene met haar ma sit en werk praat en ek is vas aan my klein hand radio ( dis ‘n liggaamsdeel) en haar terloopse opmerking . . .
“Pa en sy radio . . .”

Ek het gestop en haar aangespreek oor haar mistasting.
Die opmerking moet sy wysig na –
“Dis pa en sy RSG . . .”
Ons kom saam toe dit nog die SAUK was – van my geboortelikheid af.
Daarom is ek verlig – ‘n VERLIGTE mens.
Want
Diegene sonder ‘n Radio dwaal in die duisternis van onkunde.
En ek beaam dat baie van julle skrywers en van julle geliefde lesers, loop sonder jou radio.
Ek kom net hier tot ruste . . .

Elke jaar hierdie tyd is daar die kans vir skrywers om ‘n paar tiekies te maak sonder om een sent uit te gee.
Maklik

Skryf net ‘n Drama wat op die Radio uitgesaai kan word.

Nou luister ek een aand na die “Skrywers en boeke” en dit word aangebied deur ‘n dame met die mooiste naam wat my ore nog bereik het:
Ilse Salzwedel – Spreek dit hardop uit met die van soos op Duits en foneties as SalZ Wieedel . . .
Try.

Maar die argument gaan juis oor:
Boek voorlesing;
Die moeilikste van alle kunste. Vat my aan –
Neem jou gunsteling boek en loop sit en skakel alle buite geluide uit en konsentreer en haal diep asem en LEES hard op.
Lees met emosie en gevoel en stem buiging en FOUTLOOS vir net tien minute!

Try maar.

Die gesprek gaan ook oor hierdie skryf uitnodiging.
Maar weinig mense lees die voorskrif op die RSG Web Blad .
No Ways . . .
Hulle stuur in
‘n klomp gedigte
‘n Soort van storie
‘n Kortverhaal

‘n Radio drama is ‘n uitdaging maar is seker die heerlikste vorm van skryf – so met al die geluide en verskillende stemme en alles.

Op Musiek en lerieke het ek al ‘n paar geplaas. Dit is nie wonderlik nie opdat tyd ‘n groot probleem is.
Ek moet gou praat en sê wat ek wil sê maar julle skrywers kan daar ‘n idee kry waaroor radio drama gaan.

Ek bied nog ‘n geldmaak plan aan.
Ek weet tye in hierdie Nuwe Suid Afrika is moeilik maar ek kan help.
Ek is besig om Regte te registreer.
Franchise Regte op Klinieke.
Julle kan vir julle ‘n Kliniek Franchise by my bespreek:
“DIE KIERIE OORPLANTING KLINIEK’

Dit gaan sommer gou-gou algemeen word en ek stel ook ‘n katalogus op van verskillende modelle wat beskikbaar sal wees.

Ek stel ook ‘n rekenaar program op waarmee jy kan bou en buig en groei na jou keuse en die werkstuk op ‘n stokkie sit en na my Laboratorium toe bring.
Hier groei ons vir jou dan die kierie waarvan jy hou.

Die Dokter reken dat die eerste oorplant probeer slag was tydrowend maar hy het die slag nou bemeester en hierna word dit sommer ‘n klein dingetjie soos tanne trek of baba kry.
Woerts - warts en die man is weer ‘n man der manne !

WAARSKUWING
Dames, ek verwag ‘n stormloop van dames. Ek baseer my verwagting op al die ongelukkige en huil en verlangende Gedigte wat geplaas word.
Julle probleem is agter die rug. Kom soek uit en bestel wat van jou ‘n volwaardige en gelukkige mens sal maak.
Sleep hom maar saam – onwillig of te not -
Hy het nie ‘n keuse nie:
Verander of vat die pad!
Gou spring met julle besprekings om teleurstelling te voorkom.

Ek try weer
(Julle moet RSG blameer – al die goete hoor ek op die Radio.)

Ek wonder
wat my pla
dit is
‘n sware pyn

Voeg hulle
darem nog
bokbloed
by die wyn

Groot Constantia
se geheim is uit
dis hoekom
hulle verkope
deur die eeue
nie kwyn
daar is bokbloed
in die wyn


Waterloo.
Hierdie program gisteraand was uitstekend en helder sienend >
Ek het ‘Keiser Napoleon’ se kaskenades van mense slagtings geniet maar ook gehoor:
Die Hollanders en die hele Europa het hulle gatte af betaal vir Constantia se bok-bloed-wyn.
Die resep is glo een op vyf.
Een deel bok bloed op vyf dele . . .
of iets in der voege!

Thanks
Willie
2015/03/20

Napraat:
Nog ‘n ekstra telefoon nommer is in werking:
555 536 5423





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pla
Nee wat Wolf, klink hoeka asof niks jou ooit kan pla nie. Ai daai drama dink....ek dink elke jaar: Sal ek? Iewers moet ek ophou dink en net doen.
Kierie-oorplanting...giegiegie. Seker ook knopkieries .... en met so nuwe kierie kwalifiseer jy dat vir kieriekorting!
4 jaar 4 maande 2 dae 1 uur oud


***
Daar's net geen windstiltes in jou humor nie, Wolffmann :)

Nou wonner ek net: In Europa kan mens jou bloed laat trek en verkoop om 'n dop te kan bekostig -- hoeveel dink jy sal mens vir 'n kierie kry?
4 jaar 4 maande 2 dae 8 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar