Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tel 'verwonder' ook? Ek word vanmore wakker 5:30vm met 'n klomp kiewietjies wat skree en 'n see wat ekstra hard donder.Ons is seker 5km van die see af,maar bo-op 'n kop,en as die wind landwaarts waai,klink dit asof die branders op jou stoep breek.Vanoggend klink alles besonders hard en wonderlik.Dit is asof ek duidelik die stem van God in die natuur hoor roep(wat ek lanklaas so geinterpreteer het)
Ons het gister by nuwe bure in 'n fabelagtige huis hier naby gaan kuier.Elke vertrek in hulle huis kyk oor die see.Hulle meubels is van die beste leer gemaak,die binneshuise versiering is uiters smaakvol en getuig van weelde.Soos ons deur die huis loop krimp ek en my vrou ineen,wanneer ons dit meet aan ons beskeie besittings.
Die aanbieding van varsgebakte skons en moerkoffie voeg net by die besonderheid van die geleentheid.

MAAR-die dierbare man is doof !Nie heeltemal nie,hy kan nog 10% hoor.Hulle het pas teruggekeer van Pretoria af waar hy 2 weke se toetse ondergaan het met die oog op Koglieere Inplanting wat so om en by R350,000 gaan kos.Hulle waarsku hom egter dat dit nie baie verskil sal maak nie.
Hy kan geen musiek luister nie(hulle CD's staan 'n indrukwekkende rak vol).
Terwyl hy sy storie vir ons vertel(hulle trek kus toe,aftrede etc.)noem hy keer op keer hoe hulle die aangesig van die Here soek vir leiding en antwoorde voor hulle groot besluite neem.Soveelso dat dit bietjie aan my krap(want ek en my vrou ploeter driewart van die tyd voort en vra dan die Here se seen op ons klaargedoende,dikwels verkeerde besluite).

Toe ons huiswaarts keer,is ons maar stil.Soos die aand vorder groei ons dankbaarheid.

Vanmore verstaan ek beter,ons het soveel lawaai om ons,soveel stemme wat ons lewe beinvloed,dis moeilik om tussen alles Sy stem te hoor.Maar die vriend van ons het al die tyd van die wereld,met geen ander stem wat hom pla nie,om te soek na die enigste stem wat regtig saak maak.
Hy sou al sy besittings gee om net weer te hoor,ek het my gehoor en sou nie sy besittings daarvoor verruil nie.

Ek gaan netnou gou langs die see loop,ek wil die branders hoor,later wil ek buite sit en die voeltjies hoor,en mag ek in die geluide van hetsy storm of stilte U stem nie mis nie,o Heer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skielik hoor ek weer Sy stem
Dit laat mens dink ne? Ons het als verloor en ons woon in 'n buitekamer, maar dis my eie skuld. Ek het stadig maar seker my rug op God gedraai. Dankie dat jy my weer kon wakker maak.
7 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


Hoor
Neewat. Daai operasie sal werk. Geld is tjokol, kos my nog meer net om te kan loop. Saak nie maak nie. Foute en weglatings uitgesluit. My 25 lieter drom in die tuin sit lekkerder is die beste leer stoel.
Goete . . .? Vat net weg asb. Nounet 'n vars slaaikop met mayonaise weggepak. Meer as genoeg tot môre. Snaaks hoe waardes verander. Niks impress my meer nie. Net son, wind, blou lug en lewe. Tot die kleinste miertjie kan ure uit die dag haal.
Pragtig vertel.
Thanks.
7 jaar 5 maande 13 ure oud


Skielik hoor ek weer
Pragtig geskryf johnie007. Mens besef nie aldag hoeveel ons werklik het om voor dankbaar te wees, tot ons oë oopgaan en ons om ons rondkyk.
7 jaar 5 maande 14 ure oud


Miskien
Kan hy ook die dreuning van die see hoor. Gehoorgestremde mense kan dan dans as hulle die vibes van die musiek optel. Miskien deel hy ook in die seeninge wat die dag vir jou gebring het. Mooi geskryf.
7 jaar 5 maande 15 ure oud



Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar