Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie rondte wen ek . . .
Ek wen julle almal – die lot van julle . . .
Op dag drie van hierdie nuwe – mense gemaakte jaar – stuur ek haar en al haar pille moertoe!
Net so . . .
Pyl reguit en ek seg nog daarby –
Ek seg luid en duidelik :
. . . .

Wag.
Kom ek begint heel voor.

Daar bestaan net nie meer ‘n ding soos eerbaar en in styl en alleen en op eie . . .
Salig en heilsaam -
Net te dood nie !

Nee
Dit is uit soos skyt op die Kerk se voorstoep want
Daar is pille – bokse vol pille –

Want . . . want jy moet ly
Jy moet suffer
Suffer baby – suffer!

(Dit is mos wat apie vir antie Ollie gesê het . . .)

Wag
Ek hol alweer weg.
Kom ek begint by die heel begint :-

In die goeie oue tyd was daar drie:
Daar was die Dokter. Hy was alles want hy was die Dokter en hy het tot in die middernag – met das en baadjie aan – met sy tas in die hand die paadjie afgestap gekom wyl moeder hom met die lamp in die hand inwag –
Dit was sy voorreg om sy bril af te haal en in sy bo-sak te druk, sy stetoskoop se gehoor uit sy ore te haal en met opregte weemoed in sy oë:
“Tannie, hierdie is die stopstraat; ek is jammer” en hy gee vir stil oupa ‘n drukkie op sy bleek voorkop.

Dan
Dan was daar die Spesialis:
Indien Dokter nog ‘n greintjie lewe sien:
“Tannie, dadelik; ons moet hom by die Spesialis kry”

Dan
Dan was daar die Apteker.
Die Dokter dra ‘n paar pille in sy tas, maar dit is net lewensredders. Die briefie wat hy sal uitskryf, daardie briefie aan die Apteker, daardie briefie vertel van pille en daardie pille het gewerk.

Vandag?
Vandag is daai Dokter nie meer nie. Daar het oorgebly hope van hulle – om elke hoek en draai, geboue vol – anderste soort van ‘Dokters’ wat eintlik maar net is:
Kykers, voellers, vatters, kop krappers en uiteindelik:
“Ek sal jou moet verwys . . .”
Kyk, hy kan jou verwys, al in die rondte in (* waarby ek netnou sal kom)
Want
Geld is daar want jy het ‘n fonds – ‘n Mediese fonds wat jou elke maand ‘n levetrie vol geld kos – maar jy het dit.

Hier is egter ‘n voordeel, nou nie juis noemenswaardig nie, maar darem ‘n voordeel wat as volg loop:
Ek gaan na ‘n nuwe een wat nie die dorp ken nie:
“Dokter, ons twee kom net nie reg nie – Santjie wil nie vat nie en sy raak in die proses soms iesegrimmig kan Dokter help, dalk is ons styl of tegniek verkeerd, dalk is daar iewers net fout . . .”

Nuwe beginner Dokter se oge sien geld - mediese fonds geld en hy gaan dit maak want sulke liefdes probleme is algemeen – kyk net na die egskeiding en opbreek syfer:
“Kom julle twee saam – kom in dan kyk ons”
Op hierdie manier kom ons in, op die katel agter die gordyn en Dokter beduie mooi en hy chek tot die ritme en stuur ons huis toe om te gaan prakties en ons moet maar weer kom as ons nie regkom nie en so na die vyfde of sesde raadgee sessies:
“Julle is nou mooi op pad en nou is dit net vir inoefening.”
“Dankie dokter, baie dankie. Sulke privaat is skaars en duur by die hotel, stuur maar die rekening na die Mediese fonds.”

Raait, laat ek voor begint:
Hierdie Spesialiste; en daar is tien vir elke orgaan in die liggaam vanaf die vel tot by die bloed en almal van hulle try.
Die Wetenskap is op pad na Mars.
Die Wetenskap plot die uiteinde van die Heelal en die dieptes van die see maar die Wetenskap weet tjokkol van bloed af – hulle try almal.
Hulle is ‘Spesialiste’ maar al waarin hulle slaag is om die mensdom te vermeerder sodat die mensdom met sy bevuil die skone, reine Aarde kan oorvolk in sulle se miljuisende en besmet met sulle se afval.
Dit is al waarin hulle nog geslaag het want om ‘n mens te los, die mens toe te laat sodat die mens net in dignity te kan dood – dit het nie geld nie!

Saterdag oggend. Die week se pille is in hulle houers; een vir aand vir elke dag van die week en een vir oggend vir elke dag van die week en sy begint op Saterdag en sy kies haar line of attack noukeurig.
Saam die groothouer met al die “ander” ook in, bring sy ook so ‘n dik boek en plaas die boek sigbaar dramaties neer en ek is rustig op my stoel; maar iets woel in die hare op my kop>
Sy maak die houer oop en wys na die smarties met die vinger. Die smarties is my lewensredder. Dit is Inza. Inza vir pyn. Inza vir pyn in my bene –

Wie weet wat is pyn ? Wie weet wat is dit om nie te kan loop, lê of slaap nie.
Ek is ‘n Wetenskaplike. Ek noem dit dat ek ‘n verdomde slim Wetenskaplike is maar ek kan net nie plot wat dit is wat die pyn veroorsaak nie, wat dit is wat my byt, wat ek eet, wat ek drink en
Wat die oorgewig maak nie.
Want ek vreet byna niks meer nie – net genoeg om van te lewe.

Dit is in daai groot houer; sulke rooi smarties. Ek koop dit by Nassier by die 60 per maand vir cheap - R21.00.
Die smarties laat my lewe en sy wys en open die boek en sy begint mooi – want
Sy is mooi. . .
Wag, dit help nie ek vertel vir julle nie want julle weet nie een hoe lyk ‘n mooi vrou nie want julle kyk is soos na ‘n skildery.
Julle kyk na die verfkwas hale en dis verkeerd.
Julle moet kyk na binnekant. Kyk deur daai mooi amandel oë. Kyk verby daai besonder gesig vel. Kyk verby daai welige gesonde hare.
Kyk na haar binnekant . . .
Ag, los maar. Julle verstaan tog nie. Aanvaar net sy is mooi en sy begint mooi beduie:

“Medikasie het effekte:
Dit is die gesond maak deel dit is hoe dit baklei teen die onreg in die liggaam . . “ en ek is heppie want nou verstaan ek hoe werk die nefie van Brufin die Inza

En sy word vir my mooier en sy beduie verder:
“Dan is daar newe effekte –
Dit is dinge wat die medikasie ongelukkig ook doen soos:
Saam met die Cholestrol medikasie, bestry en veroorsaak dit . . . “
En sy raak meer tegnies en ek is nog steeds heppie en sonder pyn in my bene ek luister geduldig want al die medikasie is vir ander goed behalwe pyn.
Dit is vir Cholesterol, vir hoog bloed druk, vir water opbou, vir kalmte met die verswakte hart –

Dit is vir alles wat my dood kan veroorsaak behalwe vir pyn en die kriewel in my hare maak dat ek my kopvel krap en sy gaan voort:
“Dan is daar wat die boek noem:
Medication Interaction . . . “
En ek knip my oë want iets word wasig en haar vinger wys na my smarties . . .

“As jy saam met hierdie voorskrif medikasie daai smarties vat dan baklei die lot met mekaar . . .”
Toe word ek doof en ek hoor net vaagweg . . .
“Dan vertraag dit die werking en ook jou metabolisme en dit halveer . . “
Toe weet ek waar kom die gewig vandaan kom en toe voel ek die aankomende pyn in my knieg en hier voor my wil sy my lewensredder . .
Hier reg voor my wil sy . . .
En my hand gaan uit en my hand gryp al daai bokse “voorgeskryf” en verfrommel dit en ek praat sag en duidelik en sy word wasbleek en ek kom by my sinne in my kantoor voor my rekenaar en ek is positief en weet ek moet met iemand nou praat want op hierdie stadium is ek in staat tot –
Is ek in staat tot . . .
En Robin Williams se naam kom by op en tien talle liefste Woesters se name kom in my op – mense wat ek weet wat ook in stryd met die dood is en met pille ook net aanhou en aanhou en aanhou suffer
En
En sommige gee oor en kies en doen die besluit en ek trek die laai oop en steek my hand uit . . .

Dit vra nie.
Dit vra nooit want ek het net 20 % linker kamer en 80 persent regterkamer en die borspyn kom ongevraagd en dan die ding in die keel.
Dit voel soos ‘n brandknop en ek kan nie sluk nie en ek weet –
Ek weet hierdie is hy beslis. Hierdie een is die ergste ooit en ek weet, hierdie is die laaste een en ek tas na waar my foon moet wees en kry dit nie en skielik is hier gesiggies voor my. Die mooiste laggende gesiggies en die pyn laat my ineenkrimp en ek kan nie sluk nie en die gesiggies hou aan lag en toe
Toe weet ek. Hierdie is nie mense dinge nie. Hier moet ek nou praat, ernstig praat – met Iemand praat en ‘n deal redeneer.
En ek praat en sukkel maar ek try:

Here, nee, nee.
Asseblief -
Here ek is nie onwillig nie. Here die bessiebome sal nie dood nie. Wikus is alreeds daar, stuur hom solank of vir Kobus of vir Willie Golden – sy tuin was altyd mooi hy sal die bome water gee
Here ek kan nie nou nie. Kyk hoe lag klein Anita en Here wat van Christelle; Here sy sal nie eers my gesig onthou nie en Marlinè Here – hulle sal wil weet - hulle sal vrae vra . . .
En ek sluk en sluk en try opstaan maar alles wankel en die pyn deurklief soos ‘n swiepende swaard en ek try nog een keer: . . .
Here ek sal met U ‘n deal maak – asseblief net hierdie een keer nog –

En ek struikel-sleep kamer toe en sak op die bed en die genadige – groot genadige nag oorval my.

Die nag is donker en die huis stil en ek betas myself en ek voel dat ek wel kan voel en my verstand is helder en daar is geen pyn nie.
Ek staan op, wankel effe maar muur-sleep tot waar my kierie staan en ek is meer voetevas en buite is die nag donker en ek het geen besef van tyd nie maar ek ken die looppad en die ses hekke wat ek moet deur om by haar huis te kom want ek moet nou dadelik daar kom.
Dit is ‘n moet en in die slingerstap stil ek en na Bowe my gesig en prewel net:
Dankie Here vir die kans ek sal my deel van die deal nakom ; dankie.

Die huis is ook donker en ek verby ‘n horlosie – daar is baie horlosies teen die mure ook en toe ek haar kamer binnegaan skakel sy die bedliggie aan en kyk my aan en
Kyk weer en vryf haar oë en spring regop en ek hoor net:
“Ons moet jou by ‘n Dokter kry . . “
Ek lig my hand tot stop:
“Nee. Niks van daai nie. Hierdie is nie ‘n Dokter ding nie; hierdie is nie ‘n mense ding nie – hierdie is ‘n deal;
Nommer een:
My askuus
Nommer twee:
Sit maar weg daai smarties
Nommer drie:
Jy is mooi al is jy ontsteld. Sal jy koffie neem?

2015/01/05



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Deal . . .
Aai Willie.

So weet ons almal maar tjokkol . . . en tog weet ons . . . dit wat ons glo is nie tjokkol nie.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


Faait......
"Die Wetenskap plot die uiteinde van die Heelal en die dieptes van die see maar die Wetenskap weet tjokkol van bloed af – hulle try almal." en tas aan die betjie van wat hulle dink hulle weet.

Lekker gelees, dankie
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


faait
Dankie vir hierdie deel my maat.. lekker gelees
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


Faait
Ai jinnekie tog! Ek is so dankbaar jou deal was aanvaarbaar vir Hom!!
Sal jy eendag vertel van die deal?

Jou skryfsel laat mens lank en diep dink.
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Hmmmmmmm
Ja wolf, dit is seker so...
Maar ons wat agterbly, dit is ons wat suffer as die wat moet gaan weg is.
Goed geskryf.
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar