Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na aanleiding van Johnie007 se “Beleefnis, i.p.v. begrafnis”

Dis baie hartseer. Ons het ook so 'n saak. Ons is ses kinders en niemand praat met niemand nie. Niemand gun die son 'n skynsel op die ander nie. Tussen ons, is brandarm en skatrykkinders. Die armes word armer en die rykes floreer in hulle sukses. Ek gun hulle dit, want hulle het bo ons almal uitgestyg en gewys dat hulle maar 'n snobiste mag wees. Ongelukkig het die wereld ook sy rugkant na hulle gegooi.

My dierbare suster, se eersteling is blind gebore. Sy het tussen haar studies , hierdie seun geleer van die harde en die goeie tye. Sy het hom “blind” of nie, in ‘n gewone kleuterskool geplaas. Daar het hy swaar gekry en op vyfjarige ouderdom, het die kleuterskoolonderwysers besluit dat hy nie sal aanpas nie, omdat hy nie kan sien nie. Die kind is toe na Prinshof in Pretoria.

Toe hy na graad agt toe moes gaan, is hy deur die Drakensbergseunskoor aanvaar en was die heel eerste blinde kind wat by die koor aanvaar was. Dit was egter ‘n opdraende stryd. Hy moes self vir sy skoon klere sorg en seker maak dat hy net soos die ander kinders betyds by die bus kom, op en af klim sonder hulp en die pad reguit loop na waar die optredes gehou word. Dit was nie maklik nie en hy het meer as eenkeer uit die bus geval, totdat Mamma hom weer by Prinshof ingeskryf het. Hy het matriek met onderskeidings geslaag en vandag doen hy sy finale honeurs in musiek by Unisa.

Mamma en seun verdien my applous!!!

Boetie is skatryk en sy vrou het nog nooit in haar lewe kosgekook nie. Hulle eet elke aand by restaurante en dit kos my broer ‘n fortuin. Die kinders mag nie in die huis speel nie, vriende huis toe bring nie, geen boeke of speelgoed he nie en vir die afgelope sestien jaar het sy vrou ‘n fobie. Fobie vir mense, kinders, vuilgoed. “Mister Monk” het nog nie eers so erg tekere gegaan soos die vrou nie… en dan is sy nogal ‘n teatersuster! Dit maak nie vir my sin nie. Iemand wat in ‘n hospitaal met siek passiente moet werk en niks oorkom nie, na ‘n paranoiese vrou, by die huis.

Ek en my man het so sewentien jaar gelede by hulle gaan kuier en sy het letterlik met die mop onder ons voete geloop en kort-kort ons banke, waarop ons gesit het, met antiseptiese middels gespuit. Nodeloos om te se: ons het nooit weer daar gaan kuier nie.

Toe tref die ongeluk hulle. Die eerste kind is ‘n seuntjie en hy het “Cistic Fibrosis”. Hy is nou ‘n sestienjarige in die liggaam van ‘n klein negejarige seuntjie. Is kort-kort in die nuus en volgens my broer, is die kind nou sterwend. Die rgste van als: my broer glo nie in God nie en die kinders word streng verbied om enige godsdiens te beoefen.
Ek is dankbaar vir wie en wat ek is. Ons het swaargekry verlede jaar, maar dit gaan nou goed en ons sal nooit ryk word nie, want dis nie vir ons beskore nie, maar ons het elke dag ‘n R10.00 vir ‘n bruinbrood.

Die kinders kom nie bymekaar uit nie en almal is aaklig teenoor mekaar. Hopelik sal ons nie met haat by ‘n begrafnis moet staan nie.

Dankie Here, dat U na die ryk en die arm omsien en U son oor ons almal laat skyn.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
ja nee.
Die lewe is maar n sepie.
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


familie
hierdie is oneindig hartseer.. ek het n gedig Bloed is dikker as water geskryf.. sonder familie is mens so bitter verarm.. Ek glo toe God families saamgevoeg het in Sy Almag het reeds die toekoms geweet.. word jy die instrument en bring hierdie mooi gesin weer bymekaar en leer hulle van n Ewige liefde en Skat....
5 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Fiemies
Dalk is jy juis die een wat hierdie mense weer bymekaar kan bring. Dalk is dit jy wat Jesus vir hulle moet wys, omdat jy weet wat reg is.
5 jaar 10 maande 4 weke 22 ure oud


Fiemies
Ja, ek voel altyd dis beter om miskien 'n bietjie aan die armer kant te wees as om erge probleme te hê soos jy nou hier genoem het. So, ek is dankbaar. En die son skyn oor almal soos jy sê...en dit is goed en reg sò.. Ekt lekker gelees
5 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Ano
Familie
Eina! So ryk maar tog so brandarm. Ek word met totale stomheid geslaan wanneer jy alles in die lewe met jou goue bankkaart kan koop, maar dit wat belangrik is, nooit op daardie manier sal bekom nie. Ons het ook 'n familielid wat onder jou voete mop! hahaha. Soms was dit 'n struikelblok, ander kere 'n grap.
5 jaar 11 maande 3 ure oud


--
Sjoe .. 'skuus dat ek nie mooi weet wat om vir jou hier te sê nie Moekie maar ek sit hier 'totally stunned' so in my 'shunned status' wat my familie betref en ek huil en nee, ek is nie skaam oor my trane nie.

Ek dink die Here het jou hierdie stukkie woord`werpsel laat plaas sodat ek dit moes lees. Dankie! Jou woorde is my R10 vir vandag se daaglikse brood.
5 jaar 11 maande 3 ure oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar