Gorrel

Titel: Forum
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Rukkie gelede het dit gewemel op Woes Forum. Iewers doen ek en ou Jan iets verkeerd. Wil julle nie ‘n draai daar kom maak en vir ons kom sê wat ons verkeerd doen daar nie. Gee ons raad hoe ons die plekkie weer kan opkikker en ‘n lekker gesels, kosmaak, foto, en geestelike verrykende plekkie kan maak.

Vir die wat nog nie op Forum was nie. Julle is almal welkom. Ons gesels oor dinge wat vir ons saak maak. Ons maak kos daar. Deel resepte uit. En ek daag enigiemand uit om Jan se konkoksies te probeer, Hilda van 7 de Laan kan gaan slaap. Ons gee mekaar raad, ons debatteer, stem nie altyd saam nie, maar alles word rustig en ordentlik gedoen. Geen sleg makery nie, geen lelike taal nie, suiwer Afrikaans. Ons troos mekaar as die een hartseer is, help die ander as daar probleme is.

Ek nooi dus ieder en elk van julle om ons te kom besoek en iets te kom bydrae daar. As elkeen net een keer per week iets kom sê daar, sal dit al baie help.

Kom plaas julle vakansie foto’s daar, en vertel ons van julle wonderlike vakansie plekke. Julle kleinkinders se verjaarsdagkoeke en partytjies. Ons stel belang in ons Woes lede en julle families.

Ek hoop om julle spoedig daar te sien. Saam met ons te Debatteer. Onthou julle kan julle eie “topic’s” daar gaan plaas ook.

Dankie dat julle my gegorrel gelees het, ek waardeer dit baie. Sien julle een van die dae op “Forum”

Ans Botha



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Forum
Beter as wat jy ons saak hier gestel het kan niemand anders dit doen nie.
Gmf, jy beledig arme ou Hilda om my met haar te vergelyk. Haar konkoksies kan selfs nie ek oortref nie.
Nou kan ek en jy mnog net hoop en bid.
4 jaar 9 maande 3 dae 11 ure oud


Forum
Ai vriendin.. tyd is so n geweldige probleem, met al die projekte en werk gaan dit baie moeilik om by alles uit te kom. Ek glo werklik nie dat jy of Jan iets verkeerd doen nie, aan my kant is dit werklik n tekort aan tyd wat maak dat ek amper nooit op Forum kuier nie
4 jaar 9 maande 4 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar