Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog ‘n kind is… verkrag en aan die brand gesteek!

Hoe wreed het die mens geword om so iets aan ‘n nege jarige kind te doen.?
Watter Pa, Oupa of vriend mollesteer sy ȯf ander se dogters?
Watter Ma wys haar seun hoe om “lief te hȇ”, vandat hy sewe jaar oud is?
Watter “Gay man” verkrag en vermoor sy broer se vierjarige dogtertjie?
Wanneer gaan die mense teen hierdie misdade opstaan?
Hoe gaan die mense opstaan?
Is daar hoop vir ons kinders se toekoms?

So baie vrae wat onbeantwoord is en seker sal bly. Ek wil nie teen ons regering praat nie, maar dis hulle wat toelaat dat booswigte in ons land inkom. Ons mense se werke oorneem en veroorsaak dat ledigheid die duiwel se oorkussing is. Verveeldheid is ‘n euwel!

My hart huil elkekeer as ek van ‘n verkragting saak hoor. Dis emosioneel en dit ruk my in stukke. Ek wil daardie dogterjie teen my vasdruk en haar al die liefde gee wat ek het. Ek wil vir so ‘n kind ‘n veilige hawe skep en haar hoop gee. Ek wil hierdie kind leer dat daar wel ‘n toekoms is en dat sy eendag ‘n volwaardige vrou kan wees… of is die skade te groot? Ja, sy is gemerk vir ewig deur haar brandwonde.

Ek het al by so baie NPO maatskappye aangeklop en my dienste gratis aangebied, maar dit word telkens afgekeur:
“Ons het nie jou dienste nodig nie.”
“Ons het genoeg vrywillers”
“Jou hulp is nie op ons doelstelling gerig nie.”

Nou maak ek maar ‘n ander plan.
Ek maak nou die pragtigste lappoppe en ek wil elke keer vir so ‘n gebroke kind, ‘n “Ragdoll of Hope”, gee.
Iets waaraan die kind kan vasklou as daar pyn is. ‘n Maatjie wat in die dogtertjie se arms kan lȇ. Iemand om mee te gesels.

Miskien kan ek so ‘n verskil maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verkragting van 'n kind
Dit bly ´n hartverskeurende verhaal, waaraan die owerhede nie hul hand wil slaan nie.
6 jaar 2 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


Ano
Fout
You go girl! Dis amper soos die teddiebeer projek vir die verkragting slagoffers. En ek dog daar is te min hande om te help met al die nood in die land.
6 jaar 2 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Fout
Hierdie tema het gemaak dat jy 'n baie tragiese saak aanraak. Jou lappoppe klink na 'n wonderlike idee! Dalk kan ek help as jy die patroon vir my kan laat kry. Dalk is daar meer Woesters wat wil help.
6 jaar 2 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Fout
Ek het gister die lappop by die Rooi Kruis Kinders Hospital afgegee. Dit is in 'n boek opgeteken en sy sal beslis die poppie kry.
Dankie vir julle belangstelling.
6 jaar 2 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Fout
Pragtige idee wat jy het met die lappoppe. Mag dit van krag tot krag gaan.
6 jaar 2 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


Afskuwelik!
Verkrag en toe verbrand. . . Sy is nie net fisiek aan die brand gesteek nie, maar die verkragting is vir die res van haar lewe in haar siel ingeskroei!!!

Geen, maar geen verskoning vir so 'n afskuwelike daad nie!

Wat jy doen met die poppe is wonderlik vriendin.
6 jaar 2 maande 2 weke 17 ure oud


.
Ek huil in my hart saam met jou en ek dink dis regtig wonderlik van jou om soveel om te gee.
-en ek dink die lappoppe is 'n briljante idee ! ! Ek is seker dit sal 'n verskil maak in 'n kind se lewe.
6 jaar 2 maande 2 weke 17 ure oud



Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar