Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

TAALBYTERS EN GALGOGGAS

O, die taal van my Moeders knieg en Vaderland. Ek lê vroegoggend en dink aan die handige groepie, “Taalgoggas en Balbyters” en slim vang sy baas, en my skewe sin vir humor. Ding is so, as mens Afrikaans te goed praat is dit nie altyd reg nie ? Nou help ek maar hier bietjie vanoggend. Dis oor laas week, waar iemand gevra het wat ʼn Vegan nou, rêrig, op Afrikaans is. Ek verduidelik toe, maar elkeen het sy eie antwoord en staan daarby, tot vervelens toe. Almal wat van Afrikaans hou, die wat Afrikaans kan praat en die wat dink hulle kan Afrikaans praat, almal, Titelhouers en Leke, elkeen het ʼn eiertjie te lê. Die wat nie uit die vuis kan antwoord nie gryp sy beste pel nader vir hulp. Ek wil ook met daai ou kennis maak. Sy naam is blykbaar HAT. Elke Jan Rap en sy maat ken vir HAT.
Ieder geval, ek wil verduidelik van wat ʼn Vegan is.

Lank, lank gelede was daar twee volke wat oor die water van mekaar gewoon het. Die Vikings en die Vegans. Die Vikings het hulle lendene omgord en gaan werk. Werk was oorlog maak. Die Vikings was ʼn skoorsoekerige lot wat onder die invloed van Wind en Gode gaan onmin saai het in al die uithoeke van die ronde wêreld. Hulle was platvloers, want in daardie dae was die aarde nog plat. Hulle het beskuit en biltong ingepak en in hulle bote geklim. Hulle het geroei en waar hulle aan wal gegaan het oorgeneem. Hulle het van bakboord tot stuurboord, hot en haar, onmin gesaai. Hulle het geroof en geplunder en gejag.

Die Vegans was weer vredeliewende, kunssinnige mense wat Dwarsbome gerook het. Hulle het die koei uit die sloot gehaal en ʼn bel omgehang . Hulle was vriende met hasies en feetjies en ander onsigbare realiteite wat die Vikings nie met die blote oog kon sien nie. Vir kos het hulle sommer bessies en wortels geëet. Hulle vas vreetsaam. As die bessies gegis het, het hulle water bygegooi en heuning om die mond gesmeer, en dan singende en dansende na storieland gegaan. Hulle leier se naam was Dawid want hy was al een wat geweet het waar die wortels begrawe is.
Op ʼn dag het die Vikings weer geland en die Vegans se hoofstad , Las Vegas, aangeval . Hulle is so te sê almal uitgeroei en die koei is ook geslag en die klok weg gegooi. Tot vandag toe, hoor hulle die klok lui maar weet nie waar die bel hang nie. Slegs ʼn paar van die Vegans het die slagting vry gespring omdat hulle nog iewers , hoog in die takke, in die woude was. Toe hulle die rumoer hoor, het hulle holderstebolder weg gehol en toe van uitputting, ʼn uiltjie gaan knip. Die uil kon toe nie meer vlieg nie, maar die vere maak nie die voel nie. Van toe af het die Vegans sommer twee vliee met een klap dood geslaan en Klaasvakie se sand gebruik as hulle wou gaan Dodo (Doedoe). Terloops, dit is n tipe voel wat nie kon vlieg nie en ook nie meer te vinde is nie.

Twee van die Vegans het onder die mantel van die nag, ʼn reuse boom dwars oor die pad gaan sit sodat hulle die Vikings om die bos kan lei. Hulle wou die Viking polisie kniehalter in hulle pogings om hulle rokery aan bande te lê. Van toe af word die manier van terrorisme, dwarsboming van die gereg genoem.
Die Vegans wat nie die tydelike met die ewige verwissel het nie, het onwettige immigrante geword in Europa net na die Industriele rewolusie en het n masjien uitgedink om hulle bessies en wortels mee te versap.
Mens kry vandag nog nasate van Vegans. Hulle eet net sade en bessies en drink groen tee en behoort gewoonlik aan ʼn groen beweging. Hulle word ook soms gesien, en lewe so tussen die boom en die bas. Onseker of ʼn boom moet omhels of afkap nie. Hang seker maar af wat se boom dit is.
Dis al.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waasie grap
Wat lag hulle so? Is mos die reine waarheid, nie waar nie?
Of is daar iets wat ek nie verstaan nie?
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Alle grappies op n stokkie ?
Is n Sosatie ? Skerk Ferdinand...hahaha Lekker snaakse maatjies.
6 jaar 8 maande 1 dag 8 ure oud


Vegas
En daar mis ek die 'n' in die storie. wou nog vertel hoe 'n lekker plek dit is.
In elk geval, te mooi as julle so mooi met die woorde speel.
Ferdinand ook.
6 jaar 8 maande 1 dag 9 ure oud


Nou verstaan ek
Toe sien hulle die een hoë boom vang die meeste wind en hulle kap hom af en maak 'n mas wat hulle nie kon opkom nie en toe's hulle so deur die blare dat hulle mekaar aanstook en waar 'n rokie is is daar 'n vuurtjie, maar helaas, geen ou stukkie braaivleis nie.
6 jaar 8 maande 1 dag 9 ure oud


Haha
Goed gesê!
Bly om te sien jy is nog met ons... Ek het gedog jy het joungoed gepaken gewaai...
:-))
6 jaar 8 maande 1 dag 16 ure oud


Vyftien uit tien...
vir hierdie ene!

6 jaar 8 maande 1 dag 16 ure oud


Dankie, dankie
Buig, buig... Ding is ons moet mos alles probeer. Is ! die Bybel seg so "Ondersoek alle dinge ne behou die goeie" Ons moet bietjie van alles eet, dan is ons blosend gesond en nie 'spek vet' soos die vegetarians wat hulle vergryp aan stysel omdat hulle knaend honger is nie.... It's the circle of life ! proteine help verteer, stysel en so aan en aan.. Goed het mekaar nodig, nes mense
6 jaar 8 maande 2 dae 3 ure oud


Al
Skerp man, skerp soos 'n Minora blade!! Flip dis goed gedoen. Ek is beslis afgestam van die Vikings maar iewers was daar 'n potjie owerspel gespeel met 'n Vegan, want het ook iets van hulle geerf.
6 jaar 8 maande 2 dae 4 ure oud


hehehe
Goeie wetter!
En hier trek jou Gorrel soos 'n vars briesie deur bedompige en temerige gange.
Jou skryfsel lewer weereens bewys dat Antie Kwaliteit en Oompie Kwantiteit nimmer as te nooit saam kan slaap nie.
Is maar hoe dit is my Tjaaina.
Mooi man!
6 jaar 8 maande 2 dae 7 ure oud


Vegans
Baie kreatief, verbeeldingryk en humoristies. Groot plesier om dit te lees. Dankie
6 jaar 8 maande 2 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar