Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir maande. Nee vir die afgelope vier jaar, het ek gewroeg met myself en die omstandighede wat oornag verander het. Ons was 'n gelukkige huisgesin met minimale probleme. Het elke kerkdiens bygewoon, kinders skool toe geneem, 'n pragtige massiewe huis gehad met drie motorhuise. Elkeen het sy eie voertuig gehad en die lewe was gemaklik.

Ek was so seker dat die toekoms rooskleurig is en dat die pad na ons oudag met liefde, rose en geluk besaai sal wees.

Die dae het langer geword en die nagte is net 'n worstelling van drome en idees wat vervaag het. Dis 'n malende kolk wat insluk en meesleur. Dis 'n rond-om-talie wat nooit stop nie. My hoop le begrawe, iewers langs die snelweg van my lewe.

God se woord is my anker, maar ek voel nie die "stop" reaksie nie. Jesus is die antwoord(en ek glo dit onwrikbaar); tog is ek in 'n eensame alleenstryd tussen goed en kwaad. Altyd oppad na die wenpaal, maar ek sien nie die wapperende vlae of hoor nie die toeskouers nie.Miskien is ek reeds op die pad van verlorenes en hoekom sal iemand dan tog vir my die rigting wou aanwys?

Ek draai my gesig na die Noorde en roep na my Maker: "Staan tog net vir 'n oomblik voor my stil! Kyk wat 'n gemors ek met my lewe aangevang het!"
Ek luister: STILTE...stilte en net die diep donker GAT!

Ek strek my arms na die Ooste en Weste en ek herroep Psalm 103:12 "So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons."
Die winde kom en die winde gaan. Geen begin en geen eindpunt... en die winde waai...

Ek staan vas in die Suide en ek weet dat ek altyd 'n Suidlander sal wees. Hier is my geboorteplek, my grootword dorp, die plek waar ek my Skepper ontmoet het en eendag sal ek ook hier ter aarde bestel word.

Stryd van geboorte, lewensvreugde, geluk en ontnugtering, tot die dag van oorgee en herstel.

Die "gat"is diep, maar hoop beskaam nie en my lewe is nie in my hande nie, maar in die hande van God. Hy laat skommeling in ons lewens toe. Hy wys ons die pad. Soms voel dit asof ek nooit uit hierdie "gat"gaan ontsnap nie, maar my God maak deure waar nie deure was nie. Hy open 'n venster waar nie vensters geinstalleer is nie. Hy beveel ons om op te kyk... en dan sien ons die lig!

Mag God met ons loop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

my pad
Soms verstaan ons niks van ons growwe, klipperige pad nie, maar eendag sal ons die vrugte pluk en sal Hy ons paaie gelykmaak. Ek kyk net om my rond en as ek dieper hartseer en krommer skouers, dan dank ek weereens Hom vir so baie wat ons steeds besit. Sterkte en jy is in ons gebede.
4 jaar 6 maande 5 dae 21 ure oud


Gat
....en hy maak 'n weg waar daar nooit 'n weg was nie (en jy jou dit nooit kon voorstel nie) en Sy pad het nie eers 1 pot-GAT nie.

Geen stormlose see het al ooit 'n ervare seeman gelewer nie!

Ek is so bly jy het hierdie GAT-bydrae gedoen!
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Ano
Gat
Ek glo dat elkeen een of ander tyd in sy lewe daardie groot lugleegte tref. Wanneer 'n mens net weer 'n keer herinner word aan waar ons krag eintlik le. Mag jy reeds naby die bopunt van jou leer staan, en die uitkoms nie te ver buite sig le nie. xx
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


Gat: My pad; my reis.

Dit voel deesdae of ons almal op hierdie pad is en daar geen heenkome meer is nie.

As jy wil kan jy my gediggie lees wat ek vanaand gaan plaas. EK IS TROTS. Ek stuur 'n leesversoek.
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


gat
Pragtig moekie
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


Gat
en so "polish" Hy ons vir n groter doel... dankie vir hierdie kosbare deel Moekie.. more SAL die son weer skyn
4 jaar 6 maande 2 weke 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar