Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Anton is ‘n sewejarige seuntjie van Barydale, wat ‘n ongeneeslike kwaadaardige  brein gewas het. Hy is reeds terminaal siek en bedlêend. Ons dink aan hom en sy familie oor hierdie tyd van die jaar en ons harte gaan uit na hom en sy familie. Ek kon nie help om hierdie bede vir hulle te skryf en te gee nie en vertrou dat almal wat dit lees ook ‘n gebed vir hom sal doen. Ek doen dit, siende dat my geloof alleen net te klein en swak is om hom te genees waar hulle woon in hul klein vier vertrek HOP  woningkie te Barrydale in die Wes Kaap.
 
Jesus, Anton is net 7 jaar oud
Ons is almal seer dat hy wat nog so jonk is
so swaar moet kry en ly
U weet wat lyding is
U is deur U Vader na die aarde gestuur
om met groot lyding en vernedering
vir die wat U vergifnis van sonde vra
aan die kruis te sterf vir ons sondes
Baie dankie dat U vir ons sondes gesterf het.
 
Here, ons weet nie hoekom Anton
wat nog so jonk is so moet ly nie
Daar is baie dinge op die aarde
wat ons en Anton nie altyd sal verstaan nie
en wat eers eendag vir ons openbaar gemaak sal word
wanneer U ons sal groet met U wederkoms na die aarde
Ons sien met ons hele lewe daarna uit.
 
Here vou vir Anton toe in U groot genadige liefde
As Anton voel dat die lewens beker
waaruit hy drink te bitter word vir hom
Tel hom op U skoot en druk hom aan U bors Jesus,
U wat pyn en lyding ken
hou hom dan styf vas in U arms
My bede is dat U sy pyn en seerkry sal verlig
 
As U nog op aarde was kon ons Anton na U neem
Ons kon hom dalk deur ‘n dak na u laat afsak 
U sou hom die hande oplê en genees
Selfs U dissipels het die gawe van U ontvang
Jesus ek moet bieg in sondigheid dat my geloof
my krag te swak is om dit te vermag
daarom vra ek nederig onderskraag vir Anton
vou hom toe in U groot genadige liefde.
 
AMEN



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar