Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 157
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Feb 2016
Eerstens om haar sterk maak vir die groot Ink projek wat sy so dapper en onselfsugtig aangepak het.
Tweedens om dankie te sê vir ń splinternuwe platvorm wat sy vir ons moontlik maak.
Sy spook tans hard om die nuwe webwerf aan die gang te kry en ondervind nog hier en daar ń paar tegniese probleme en "internet goggas", (soos sy dit stel).
Sy sê haar senuwees is gedaan.
Wel, ons is almal hier vir jou mevroutjie.
Ons glo en vertrou dat net die beste hiervan sal kom en dat jou deursettingsvermoë en geloof jou hierdeur sal dra.
Intussen wag ons geduldig en hoop dat alles gou in plek sal val.
Soos jy altyd sê, wees ryklik geseënd en ons dink en bid saam jou.
Jy is baie sterker as daai googa wat jou byt!
Xx
Lees ander gorrelstukke deur Loretta Szikra
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Charmain*
Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe