Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ag Here gee tog dat ek vinnig vrek, ek wil nie so word voor die tyd....
Die siekte is 'n bliksems ding, dit vat jou waardigheid, jou sin.

Ek kyk my ma, sy is vandag weer heel verward, die kos is vergiftig, ons moet dit nie eet nie, sy wil nie haar pille drink nie, die is ook gif! Net gister was sy nog okey. So af en toe gelag ook nog...
Sy sê ek is nie ek nie, my pa moet kyk, ek is 'n vreemdeling.. Ons moenie die vis eet nie, ons moenie die poeding eet nie, (daar is nie eens poeding nie)

Sy is nou 87 jare oud. My pa ook, maar hy is die ding gespaar gebly. Hy doen nog alles wat hy 50 jaar gelede gedoen het, dalk net bietjie stadiger.

My ma was briljant. Een van die eerste vroulike mrdiese dokters in die land. Sy het studeer in dae waar dit 'n heel skaars ding was om 'n vrou as dokter te hê. Sy was 'n baanbreker. Nou is sy al 11jaar stelselmatig aan die kop verloor. Altzheimers, jou moer! Dit stroop jou van jou menslikheid, dit maak jou heel belaglik. Dit bring jou af na die laagste vlak. Hoekom kan mens nie eerder met eer uit die stryd tree?
Haar pa, my oupa het dit ook gekry, haar suster het dit ook. So, sal dit my ook dalk te beurt val? God behoede my tog daarvan!
Ek dink ek moet 'n muisval bou, wat ek my mee uit die hel kan help as die ding eendag wel sy lelike kloue in my slaan..
Laat my dan maar eerder tog vinnig net in vrede gaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Helder oomblikke
Vanmôre vroeg sê sy vir my pa:"Who can help me, I want to be a normal person again." Sy praat soms Engels... Vir my sê sy:"Ek weet nie hoekom ek so simpel is nie, ek wil reg wees." In 'n huilstemmetjie. Mens raak so af en toe so kwaad vir die lewe se onregverdigheid.
Soms wens ek ek het 'n towerstaf gehad! Hoe sê Kris Kristofferson? "I'll trade all my tomorrows for a single yesterday..."
7 jaar 10 maande 3 dae 11 ure oud


STERKTE
Wv...baie sterkte vir jou
7 jaar 10 maande 1 week 10 ure oud


Haai Jong
Dit is n vreeslike siekte. Sterkte met die Oues.
7 jaar 10 maande 1 week 12 ure oud



AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar