Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek raak maklik persoonlik :
Ek het nie geraamtes nie
Dit is blote seëninge en nederigheid wat ek saamdra.

Viooltjie se prentjie dwing ons terug Aarde toe – ek sien in talle bydraes hierdie feit.
Daardie draai
Daardie vrede
Daardie natuur
Daardie enkele twee sand spore na wie weet waar

Dit vat my terug na die laaste kuier by Michelle in PTA.

Op een stil oomblik. Daardie sewende minuut onverklaarbare stilte wyl ek en sy alleen eenkant sit, seg sy net sag en vertroulik:
“Pa, ek is moeg !”

My antwoord was:
“Maak ligter – maak verpligtinge, jag en jaag . . .
Maak dit minder. Op my jare tel net ‘n mug noodles sop met blokkies geroosterde brood die meeste - maar dan in vrede en stilte . . .
Doen dit! “

Haar kyk het bevestig sy sien en verstaan wat ek sê.
Want met elke kuier sien sy hoe gering ons Aardse behoeftes is.
Sy sien dat mens kan leef van omarm, saamwees, lief wees en niks eise nie.

Amorè Bekker het in haar program op RSG vanmiddag dit genoem wat iemand anders ge-uiter het:
“Geluk is ‘n eie keuse!”
Hierdie uiter kan nie weg gepraat word nie.

Willie
2014/05/21



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Ons hoop die ladies oppi bestuur lees jou voorstel.
5 jaar 9 maande 4 dae 6 ure oud


Foto -Geluk
Ek dink baie bydraers het soos ek mis gelees.
Maar eintlik gaan dit oor die foto en denke en inspirasie
Ek glo almal het baie lof vir die span wat werk aan idees.

Dankie Kiekies
Dit is 'n treffende foto

Al die bydraes behoort dit te bewys

Ek stel voor julle soek uit en publiseer

1 e plek
2 e plek
3 e plek
en
4 e Wolf se plek

Have a heart -
Soos jy self versoek.

Weereens

Dankie
5 jaar 9 maande 4 dae 9 ure oud


Foto
Hey man, die idee was Viooltjie s'n, maar daai foto is myne alli pad uit die bosse van Malawi uit! Hev a heart, man.
5 jaar 9 maande 4 dae 10 ure oud


***
Dankie vir die deel hiervan.

Baie waar. Ja, die foto het met elkeen van ons op sy eie manier gepraat -- dit wat ons daarin kon sien.

Net vanoggend kom die woorde met wakkerword in my kop:

"Eers kon ek dig oor goed wat ek sien, nou sien ek goed waaroor ek kan dig"
5 jaar 9 maande 5 dae 16 ure oud


.
Ek hoor.
5 jaar 9 maande 5 dae 18 ure oud



Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar