Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Klein boompie het geval.Hier in Grootbrakrivier met sy woude vol reuse bome,belangrike mense,het daar 'n klein onbelangrike boompie geval.In die digtheid van die uitgestrekte plantasies vol Stinkhout,Eike,Geelhout en ander indrukwekkende boomsoorte,wat gebruik word vir handgemaakte,fabriekgemaakte,indrukwekkende meubelmente en toebehore,het daar 'n klein minder belangrike boompie gister geval.
Gert Brits dra maar toevallig my oorlede pa se naam,hy is nie familie nie,weet nie waar pas hy in die familieboom of raamwerk nie.Gert het 'n slegte hand ontvang in sy latere deel van sy lewe,finansieel het 'n verkeerde besluit hom feitlik ruineer en hy moes sy laaste jare in moeilike omstandighede deurbring.Gelukkig was daar 'n engel aan sy sy wat die eensaamheid en moeilike dae makliker gemaak het.
Ek het hom 'n paar jaar gelede leer ken,hy het dikwels vir my en ons kompleks kleiner elektriese werkies gedoen.Altyd gewillig,altyd bereid om 'n tweede myl te loop.Sy godsdiens het immer hierdie gesindheid voorgeskryf en daarvolgens het hy geleef.
Lanklaas het ek so 'n nederige mens leer ken,sonder pretensie,net Gert-die elektrisien.Vriendelik,hulpvaardig,mooi.Dis mos hoe mens moet lyk.Wanneer geld en rykdom gestroop word,is dit wat oorbly eintlik maar wie jy rerig is.En wat in Gert te sien was,was mooi.Ek is trots om hom te geken het en wens net dat ek ook so kan lyk wanneer ander my sou onthou.
Van die boompie se hout gaan ons heelwaarskynlik nie 'n leunstoel of eetkamerstel maak nie,miskien net 'n potlood,maar mag die lood en die geskrif en herinnering,mooi wees.Rus sag,my ou vriend.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Opregte skrywe
Ek oop as ek eendag omval dat iemand my ook so mooi en opreg sal onthou. Nie vir wat ek bereik het in die lewe nie maar vir net omdat ek gelewe het.
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


gert
mooi ode aan Get Brits
5 jaar 9 maande 1 week 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar