Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ano noem dit in haar kommentaar by my Gorrel ;
‘Skool en die lewe’

Dit staan net so geskryf op die stuk karton aan die toutjie om die robot vrou se nek

Juis op RSG en in die nuus was onlangs die video op YouTube – die vreeslike uitroep om tog maar vir die robot mense genadig te wees en hulle te help.

Juis vanoggend sit ek in die bakkie en wag op Anita wat die Mall in is.,
Sy kom so van ‘n kant af –
(Hierdie mense is Meester Toneel spelers)
Sonverbrand, maer maar nie ondervoed nie, duidelik met net die basies in haar lewe en sy is vriendelik:
“Meneer, ons kom van Boksburg af en sukkel so bietjie – weet meneer nie van ‘n plaasboer waar ons kan aansoek doen vir werk nie ?”

Ek antwoord nie – my kyk is stil en deurdringend en my negatiewe kopskud is beslissend maar sy neut vas :

“Het meneer nie dalk ‘n paar rand los in meneer se beursie nie, ons het ‘n paar dae laas ge-eet . . .”

Toe is ek tegemoetkomend:
“Vrou, jy lyk jonk en jou stap is fluks – ek het werk op die bouery; kruiwa werk. Ek weet jy het ‘n selfoon, gee vir my jou nommer dan kom sien julle my Maandag. “

Net daar
Net daar, soos ‘n verkleurmannetjie, verander haar gesig:
“Oom, jy kan my nie betaal wat ek al vanoggend verdien het nie !” en sy loop flink weg na ‘n ander bakkie.

Ek het al te veel geskryf oor hierdie ding –
Die mense wil so lewe. Hulle plak al van die Bybel se tyd af voor die Stad se poorte – smekend.
Los hulle uit!

Hulle het ‘n baie beter lewe as ek en jy.
Ek begeer om soms net by die see te wees – net my voete in die soutwater te sit.
Daai Robot mense is vry. Binne ‘n dag of wat, dan is hy by die see.
Ek begeer soms net een nag in die Bosveld - onder die oop ster besaaide hemel met die jakkals se tjank in die naby.
Daai robot mens is vry en as hy verlang, is hy binne een dag en vir solank as wat hy wil kosteloos ( verdienend!) in die Bosveld!

‘n Karton slaap binne gou sagter as ‘n binne-veer matras. Vra maar vir enige Troep hoe gou maak vaak van die grond ‘n heerlike matras!

Moenie vir my glo nie.
Vra en gesels met daai robot mens. Indien jy kan slaag om deur sy skans te breek, sien jy ‘n ander wêreld –
‘n Wêreld beter as jou rusbank en groot skerm TV, blink kar en geld tekort stres!

Anita daag op en ons ry huis toe en die robot is vir my rooi.
Hierdie vrou gaan een stap beter. Op bordjie, by die rympie, staan ook geskryf :
“My dogtertjie is vandag ses jaar oud . . .”

Die vrou in die motorkar voor my gee ‘n toet en robot vrou kom flink nader. Ek eien op een-en-‘n-half motor lengte die R200 noot.
Die robot vrou is hoogs dankbaar en deur my oop venster hoor ek duidelik:
“God seën u !” en sy steek die noot voor by haar rok in.

Ek skud net in stilte my kop. Ek het twee weke gelede slap tjips uit die papier op die sypaadjie gras voor Checkers saam met hulle ge-eet.

Ek glo egter dat die lieg deel is van haar werk – om geld te verdien - en sy dus niemand skaad nie.
Al sonde wat hulle wel het, is teenoor hulle self; hulle liggame, en gees.
Maar Hemel toe is teerpad vir hulle.
Daar is nog sitplek buite by die Hemel se poort.

Dis nie vir my om nog die pad met botter ook te smeer nie.

2015/03/29
Napraat:
Mooi week vir julle almal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bordjie
Robotmense is vry....dis 'n feit soos 'n koei, en ek besef dit nou eers.
Die ou wat die beste kan toneel speel is die wenner, want hy is ook die ou wat 'armoede' aan die motoriste kan verkoop.

Lekker gelees aan hierdie eye-opener van jou.
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Robot mense
Dit is baie waar wat jy sê. Ek gee nooit geld nie maar bied aan om 'n toebroodjie of iets dergliks te koop en dan kry ek dieselfde reaksie. Dit meen hulle ly nie honger nie!
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


bedel
Ja nee Willie, hulle het 'n hele rits stories gereed om op jou gevoelens te speel. Wat my baie hinder is die slenter om selfs 'n baba byderhand te hê om jou sag te maak. Ek kyk maar ander pad.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar