Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het een fantastiese boek: ‘De Kleine Johannes’ Deur Frederik van Eeden.
Die man het die groei en ontwikkeling stadiums van ʼn kind wonderbaarlik neergepen.
Die boek is ʼn moet lees en bewaar vir enige ouer paar.
Frederik vertel van die ‘Wistik’ stadium. Hier, ongeveer 3-4 jaar oud
Maak nie saak wat jy die kind vertel nie, die kind hou aan met: ‘Hoekom?’
Ek het vasgesteek op daardie stadium. My hoekom hou aan.
Die ding staan só:
Die mensdom het ʼn speelding gekry. Hierdie Internet ding.
Facebook ontplof tot die grootste van alle klets plekke. Facebook is ʼn genot.
Hoekom?
Hy is oop. Jou Naam. Waar jy bly, jou geslag, jou ouderdom, jou liefde, jou voorkeur, jou afkeer. Byna jou alles.
Ek weet wie praat en ek weet met wie ek praat.
Dit is só ook met ander klets en blog plekke.
Ek het redelik sentiment met WOES.
Die skepper stel die Profielblad oop. Skryf. Stel jou profiel saam. Vertel die mense wie en wat jy is. Vertel sodat hulle weet.
Nou kom al die 007 ‘s.
Onuitspreeklike skuilnaam en bedek met die digste gordyn.
Nou kom die moraal van die storie.
Die lid skryf. Meeste kere ontbloot die skrywer.
“Doelbewus?”
Luister mooi. Alle lesers is nie ape nie.
Lesers sien.
Sien tot die moesie skuins links van die skrywer se naeltjie!
Sien, diè skrywer het ʼn vratjie regs op die neus.
Sien, diè skrywer is ‘bad luck’ getroud
Sien die skrywer se Hart, se Siel!
Dít. Die intiemste deel van die liggaam. Sien tot binne die skrywer se brein.
Die res is mos niks nie. Net simpele liggaamsdele!
Nou wat is nou só geheim? Hoekom?
Ek sê: Komaan. As jy bereid is om jou diepste wese aan die wêreld te openbaar.
Jou Hart, jou Siel, jou Verlange, jou Wense, Jou seksuele drome.
Die leser sien dit, deel dit, lewer kommentaar daaroor.
Vertel dan gerus ook meer van jou.
Hoekom die ‘Klein geheimpie’?
Weet jy wat?
Ek is bedroef. Ek treur. Ek rou.
My Ouma, my geliefde ouma
Is Oorlede. Dood. Kapoet. Vrek.
Aan...?
ʼn Klein geheimpie.
Hoekom?
Dit sal die kuier net lekkerder maak.
Ons skryf Afrikaans. Ons is Afrikaans. Baie nie juis in taal nie. In wese wel.
N/s. Willem, lees jy?
Jy lê jouself bloot. Reguit. Op die man af.
Dus:
Verander broer. Wys die Maatjies waar om wat in te vul.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woes
Terminos. Jy draai toe en sit die seël op.
Op WOES is van toepassing die reëltjie:
Wat jou hart te doen vind
Doen dit met al jou mag
In die graf is niks te doen
kind
Dáár heers alleen die nag!
Dus. Skryf en Heers!
8 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud


Faceboek kry my gesig, Woes kry my hart.
8 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Hoekom
Jy het my nou die liviete so voorgelees dat ek skuldig voel tot in die derde geslag , maar wat jy nie weet nie is dat ek nie weet nie waar om al die goed te sryf nie ek soek nou al hoe lank om te sien waar kan ek 'n nuwe gorrel storie skryf maar niks wil 'n ou fototjie oplaai maar niks ek kry nie die plek of die metode nie niks . Dit is miskien die rede hoekom ek nog hier niks is nie .
8 jaar 9 maande 4 weke 6 ure oud


die weervoorspelling
ja..stem.die fototjie is n nice skerp touch
8 jaar 9 maande 4 weke 16 ure oud



Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar