Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja, ek staan met 'n yslik grote vraagteken voor my. Ek weet nie meer nie, en verstaan nie meer nie. Wat gaan aan in hierdie huis??
In elke vertrek in die huis is 'n radio. Net drie is permanent aangeskakel. Een in die studeerkamer, waar ek juis nou weer sit en met julle gesels. Een in die sitkamer wat ook permnent aangeskakel is. Die derde een is in die sitkamer. Al drie is permanent op RSG ingeskakel.
Die radio in die eetkamer het 'n "speaker" in die kombuis. Terwwyl ek vanmiddag iets te ete aanmekaar slaan kom ek agter dat ek niks hoor nie. Dalk het ek dit nie harder gestel toe ek ingekom het nie. Die radio is totaal afgeskakel!! Ek skakel dit aan en kom agter dat dit op 'n heel ander stasie as RSG ingestel is! Ek gaan later sitkamer toe om die gordyne vir die nag toe te trek. Geen geluid daar nie. Die radio is ook afgeskakel!! Ook op 'n ander stasie ingestel toe ek dit aanskakel.
Ek haal my horlosie, troupand en die ring aan my regtervinger af om te gaan hande was. My twee ringe is net weg soos in weg!
Tenspyte van alles is ek egter heel rustig en kalm. Onder "normale" omstandighede het ek lankal my tassie gegryp en die vlaktes in gehol. Ek is werklik nie grillerig, ongemaklik of bang nie. Dit wat besig is om hier te gebeur is net absoluut onverklaarbaar vir my.
Kan een van julle dalk die grote vraag voor die teken weghaal en vir my verklaar wat hier aangaan???



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

?
Jan het jy nie dalk net jou ring laat val nie. Dit het dalk onder iets ingerol Maak die vertrek skoon. trek alles weg en was en skrop.
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


grote
Definitief 'n enorme probleem.
3 jaar 11 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


?
'n Nuwe kuiergas wat nie van RSG hou nie, maar tog van ring?
3 jaar 11 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


vraagteken
DIT SPOOK DAAR BY JOU JAN
3 jaar 11 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Vraagteken . . .
Nee ~ geen antwoord nie . . .
3 jaar 11 maande 1 week 5 dae oud


Grote Vraagteken
Jan, meskien is jy ietwat oorwerk my maat. Of slaap jy nie dalk saans sleg nie? Sukke dinge maak dat mens beginne vergeet jy't ligte aan gelos of vergeet om af te skakel...
3 jaar 11 maande 1 week 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar