Gorrel

Titel: HÄGAR
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Maandag.
Na ’n heel deurmekaar Sondag.
Maandag is altyd soos;
’n Vrug wat pas boomryp geword het
Soos ʼn blom wat pas ontdooi het
Soos die eerste laggie van ʼn baba

Veral na ʼn moeilike dag sonder krag en dit op ʼn Sondag.
En dan is alles verkeerd en kan ek nie uit die moeilikheid kom nie.
En is ou Toothless die hele tyd op my met:
“Maak so – maak sus – wat de hel dink jy doen jy?”
Dan haak ek vas en stotter en . . . dan stamp sy my opsy en gil:
“Man, jy’s in my pad, staan eenkant toe! Gee pad. Gee net pad weg van my!”
Dit gaan só die hele Sondag sonder krag en ek wat-nie-weet-wat-om-met-myself- aan-te-vang- nie. . .
En teen die middel van die dag, is ek nie eers scrapyard materiaal nie. Maar die wil om te oorleef is bruisend in my en . . .
Ek besluit om moedverloor se vlakte en vir ou Toothless te ontsnap en maak die lang leer staan teen die huis om dan maar liewer op die skuins van dak te gaan sit.
Want Salomo het gesê:
“Die skuins van die huis se dak is ʼn beter plek as saam met ʼn kwaai vrou!”
Weg, veilig weg sal ek maar die gevaar en ongemak daar gaan verduur.

Dan breek Maandag aan. Die mooie Maandag.
En ek maak my gunsteling koerant oop. Eerste by die liggie wat my lewe aanskakel.
Hägar.
Vanoggend skakel hy regtig die liggie van my lewe aan.
Ek sien weer die mooie Maandag.
Die sonneskyn. Die Tamaties – vet uitgeswel en boepens sal binne in die week verkleur en skree:
Hier is ons! Heerlik, gesond. Sonder ‘junters’ vars, soos geskep deur Moeder natuur! Kom, help jouself!
Ja, Hägar maak my dag met die belofte. Hy praat eintlik met Svensen (met my?).
Hy loop Svensen (vir my) op die pad raak.
Svensen (Ek) is stukkend. Ge-bandaged, arm in ʼn sling, kruk onder die ander arm en bandage om die kop.
Svensen (ek) is gewond en finish!
Hägar weet. Hy weet dat dit nie die einde van die wêreld is nie:
“Svensen (Willem) , daar is ʼn periode in elke huwelik wanneer mens net moet verander . . . Een of ander tyd gaan sy ophou slaan!”

Dankie Hägar. Ek sal uithou en aanhou.

Lekker (ongewonde) week vir julle almal!

Willie F van Tonder
2012/03/26




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HAGAR
Nog nooit so oor Maandag gevoel, maar gaan nou ook probeer om deur jou oge te kyk. Jou tamaties lyk goed, vandag my volgende kookseltjie jem gemaak. Dit proe selfs beter as die eerste. Het die gemmer bietjie meer gemaak.
7 jaar 11 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Bez
Hagar
Yep!
Dis waar!
7 jaar 11 maande 1 week 3 dae 12 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar