Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie is ook nie myne nie – regtig  . . .
Dit kom van hoog >
Regter Lentulus is ook maar mens en ook maar lus . . .
Vir soms . . .
Net ‘n bier . . .
Ook net in ‘n kroeg.

‘n Kroeg se bier proe anders . . .
En ek draai maar die storie na my kant toe en ek onthou:

Dit is laat na-middag en nog stil en ek wag terwyl die kroegman loop haal en sy kom sit hier langes my.
Die stoel by die toonbank is hoog en haar bene is lank en die rompie is maar kort en haar stem klink soos ‘n lied:
“Wat het jy bestel?”
Ek is nie baie lus vir gesels nie maar ek is ook nie ‘n ongeskikte mens nie:
“ ‘n Bier – van die rak af . . .“

Ek sien in die groot spieël agter die bottels en glase sy knik haar kop.
“Heel toevallig, ek ook . . .”
Stilte.
Sy breek deur:
“Hoekom ‘n bier ?”

Ek moet iets antwoord en sê sommer “om iets te vier . . .”
Ek sien weer sy knik haar kop en haar elmboog raak aan myne
“Regtig ? heel toevallig ek ook; ek vier ook!”

Dit is raak en ek wil weet:
“Vertel vir my . . .”

Ek sien in die groot spieël sy kyk na my en sy klink opgewonde:
“My man . . . ek meen, ek en my man – ons sukkel . . .
Maar, ek kom nou van die Dokter af en die nuus is ek is nou uiteindelik verwagtend !”

Ek is eerlik in my antwoord:
“Dit is mooi, dit is baie mooi . . “
En ek weet sy sal nog praat en sy wil weet:
“En jy, wat vier jy van middag?”

“My henne. Ek boer hoenders maar al die eiers is leeg – onvrugbaar en sedert verlede week het alles reg gekom en nou is al die eiers weer mooi gelaai en vrugbaar . . “
“Jislaaik, dit is wonderlik! Wat het jy gedoen om dit reg kry?”
“Maklik, ek het ‘n ander haan by hulle gesit!”

Die stilte is tasbaar en ek sien in die spieël sy knik haar kop en toe is sy sagter:
“ Dis nou toevallig . . . heel toevallig . . . .!”

2015/04/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Toeval
Giggels ja!
4 jaar 7 maande 5 dae 20 ure oud


Heel
Flymskerp Wolf heel toevallig!!
4 jaar 7 maande 6 dae 1 uur oud


***
:))
4 jaar 7 maande 1 week 1 uur oud



DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar