Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanhoop is die eienaardigste siekte-jy is oortuig daar is net een in die wye wereld wat nou daaraan ly,en dit is jy.Niemand kan tans hierdie pyn of ongemak ervaar-net jy.Al sou een of ander dierbare met goedbedoelde woorde jou daarop wys dat een in elke 100 of 1000 in die wereld ook hierdeur gaan,of dat elke tweede mens maar so 'n sielestryd sou voer,wil jy dit nie hoor nie.Hierdie is my unieke stryd,my eie pyn en ek deel dit met niemand nie.Ek loop deur hierdie drif van twyfel,van ongeloof en daar is geen lig in die tonnel nie,en soos enige goeie maschogis is dit my voorreg om daarin te baai,totdat dit genadiglik weer wyk voor die sonskyn van mooi en liefde en geloof.Word dit makliker wanneer jy ouer word?nee,helaas, die insidente word net meer.Soos die liggaam hom onderwerp aan kwaal en pyn en ongerief en die skanse van weerstand meer en meer meegee,laat ek toe dat die seer en moeg en moedeloos my bekruip en oorval.
Nou,spreek ek my siel toe,in die onderste deel van die vallei,net daar waar jy deur die ruigtes beur om weer die opwaartste bergpaadjie aan te durf,luister mooi,dis deel van jou menslike bestaan,Nog so 'n bietjie klim,nog so 'n betjie beur,nog so 'n beitjie selfbejammering en jy staan weer op die kruin, en voel voel die warm son op jou gesig skyn,Dan vergeet jy tot volgende keer al die dinge wat so swaar op jou gemoed druk.
Daar is tereg lig aan die einde van die tonnel-hou net nog so 'n bietjie langer aan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Innerlike stryd pragtig beskryf met positiewe einde.... Wel gedaan!
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


***
Ek glo dat om daaroor te skryf help al baie om nader aan die lig in die tonnel te kom -- hou so aan.
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


Help
Terwyl jy om hulp roep is jy eintlik besig om 'n ander te bemoedig met jou eerlike skryfstuk. Wel gedaan!
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Hoop
Jy's reg...daars altyd hoop, al voel dit soms glad nie so nie. En agterna is die son op jou gesig sommer ekstra lekker
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


wanhoop
En so het elke donker wolk tog 'n silwer randjie, as ons net wil Boontoe en vorentoe kyk.
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud



vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar