Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Benat ‘n dikkerige stukkie watte met skoon brandewyn of vodka –
Dit klink uitdagend –
Maar byt dit net vas . . .
Teleurstellend.

Peroxide Volume 20 – druk stokkies daarin en byt vas . . .
Riskant.

Een knippie borrie op water en maak ‘n pasta en smeer deeglik . . . .
Wag, wag ‘n bietjie . . .

Meng rooipeper met ‘n druppel water tot ‘n pasta en smeer dik . . .
Hokaai, jy haal my ma se trieks uit . . .

Meng ‘n Grandpa met ENO en . . .
Wag hiermee

Twee druppels Vanilla op ‘n watte . . .
Anita gaan my . . .

Sensodene . . . .
Los maar, dit help nie

Kou twee naeltjies . . .
Naeltjie olie . . .
Ditto
Ditto
Ditto
Ditto

En -
Sleg soos die Hel vanself, maar dit help !
Ek verbeter die sleg met ‘n groot vingerpunt Sensodene en nou word dit lekker.

Enige mens het twee geeste aan die binnekant –
‘n Goeie gees en slegte gees.
Die goeie gees sorg vir alles wat wel en goed is en die slegte gees bring te voorskyn alles wat sleg en verkeerd is.
Dit geld vir alle handelinge wat die mens uitvoer en op hierdie manier, Saterdag die 17 e, pas ons mos kinders op in Pretoria en ons word getrakteer met ‘n braaivleis.

Ek verstaan nie wanneer gaan die mense aanvaar dat braaivleis en swaar goete nie meer in my eet patroon pas nie.
Twee ure later en hulle is al aangetrek vir hulle aand uit:
“Chell, het jy flos?”
Sien, daai tweede gees het al die vleis tussen my tande vasgebind!

“Nee pa, maar kom saam met my . .”

In haar badkamer vas aan die kraan die selfde spuitjie as wat die tanne trekker het.
Die ding spuit met ‘n naald dun straaltjie wat sekerlik papier kan sny en in die buk raadgee sy:
“Mooi tussen die tande en kyk wat kom uit . . .!

Hoor my lied. Ek sien met my eie oë . . .
Ek sien eergister se bacon en eiers in vrot stukkies uitspat –
Ek sien gister se Mc’ Donalds se fry teen die kant van die wasbak afspoel –
Ek sien die middag tee se muffens in flentertjies afloop

En ek spuit.
En ek verwens die slegte gees wat alles wat ek eet voor keer en tussen my tande injaag en laat vassit –
En . .
Ek proe ietsie hard . . .
En ek spoeg uit en ek sien wat ek sien –
‘n Stukkie tand stopsel !

En ek stop spuit en knik okei op haar vraag en begint worrie.
Ek worrie verniet – niks gebeur nie
Tot
Tot laas Maandag.

Sy is die Broodwinner en sy moet kromstaan om die pot aan die kook te hou en ek moet rond kuier om die welvarend en ‘dit gaan goed’ boodskap uit te dra maar ek weet nie waar is die medikasie nie en ek het die Internet en ek kap boererate op Tandpyn.

Heel bo is ‘n paar uittreksels van die meer as baie rate maar, soos ek seg, laaik die goeie gees die Naeltjies en hy jaag die slegte gees weg en ek is okei want die pyn is weg!
Ek dink so

Sy weet van beter en bel die volgende oggend ons huis Tandarts vir ‘n nood geval en ek staan digby en sy gooi hand in die lug soos om my aandag te trek:
“Willie, hulle het ‘n kansellasie vir tien uur, loop trek jou aan en ry!”

Klerksdorp toe en dit terwyl ek okei is . . .?
Ons redekawel – sy met die foon in die hand en ek wat nou gatom gooi en ek hoor sy sê dankie en sy is bewolk:
Moenie ‘n woord kla nie- nie een woord nie . . .!

Gister sit ek by Thys die skoenmaker- in my sak dra ek nou al permanent die houertjie met naeltjies en die half uitgedrukte sensodene buisie en ek bewonder sy toor vermoë en ek verstom my wie almal maak reg anders as om weg te gooi en ek vertel:
“Thys, die slegte gees begint wen . . .”:
“Hoe dan so Willie?”
“Die slegte gees het my triek agter gekom en nou word die interval tussen naeltjies en Sensodene aanwend al kleiner”

Thys, lewenslank ervare met die publiek se manies oor vrot skoene wat kamtig lekker dra en stukkende handsakke wat tog so gerieflik is, is baie kalm, droog en lewens ervare:

“Willie, weet jy wat?”
“Thys, moenie geheime vir my verberg nie . . .”
“Willie, daai naeltjie en sensodene resep is verdowend. Die liggaam gee met pyn ‘n bevel en die bevel is – Hier binnekant is onheil, jy moet plan maak . . .”

“Ek weet Thys, maar wat kan nou so erg wees?”

Jy verdoof die pyn en vrot word gangreen en een oggend as jy wil tande borsel, dan sien jy jou spier witte skoon gevrete kakebeen soos die vleis weg gevreet is in die spieël . . .! “

Ek dink Thys se oom was die Laksman in die ou Nasionale Party se dae want net ‘n laksman kan ‘n dood vonnis so kalm uitspreek!
Toe Anita tuis kom, seg ek “ Jy moet maar bel . .”

“Ek sal try maar die afsprake is drie maande vol vooruit . . .”

Ek weet nie wat het haar ma gewerk nie – ek sal vir Lentulus vra of hy nie ‘n vroue Regter geken het nie !

Kaal Kakebeen groete

2015/01/28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Flos
Eish eina, maar as jy nie wil hoor nie gaat jy voel! Dit kon laaaaankal opgefix gewees het!
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


Kakebeen
Sjoe, janee, dit klink baie erg.
Naeltjie olie was ook my Ouma se boereraat maar nou met die gangreen, nou weet ek ook nie meer nie.

Sterkte jong, ek is so bly dit is nie ek nie!
4 jaar 9 maande 3 weke 17 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar