Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jam en konfyt – wat is die verskil ?
Fyn ? Grof ? dit is nie vir my van belang nie.
Die Wetenskap van geur, aroma, reuk . . .
Kom dit met die stoom ?
Versprei dit saam met die wasem of met die hitte van die stoofplaat ?

Hiervan weet ek niks. Ek weet egter dat Jam maak die edel van vrugbewerking is.
Dit is ook waar dat ek ‘n doener is. Werk word nie gesloer nie maar dit word afgehandel en wyl Boeta nog die bier skink en Anita gery het vir nog suiker, doen ek die voorbereiding:
Skoonmaak en opruim.
Uitpak en regmaak en ek sien ek wen en alles sal reg wees wanneer sy terugkom maar dit vat langer as wat ek verwag het want ek het nie geweet dat sy in Ria vasgeloop het by die winkel nie.
Haar gesig het gewys toe sy vir my die begrafnisbrief aangee – die begrafnis van Piet want dit was ook deel van haar lewe alhoewel sekere feite eers later bekend geword het en ander feite nooit bekend sal word nie.

Anita weet waar word die Kenwood voedsel verwerker gebêre en sy kry die veertig jaar oud staatmaker uit. Die klaar gesnipperde geel perskes het sy onder in die vrieskas in sakkies verpak en ek haal dit uit vir die weeg.
My werk is nou basies agter die rug en al wat oorbly is om te sorg dat sy genoeg uitgespoelde lappies het vir die afvee van die bottels ( Nie dat sy die geringste mors nie – net vir die wis en onwis)

Die lesers wat nie die Militêr ken en verstaan nie, kry geen baat uit hierdie vertelling nie. Dit is die kykers wat entoesiasties na ‘n koue, wrede oorlog fliek kyk en kwaad word omdat die soldaat in die hitte van die koeëlreën op hulle , sal terug draai om sy gewonde maat te loop help uitdra.
Daardie dissipline word in die soldaat se wese geprint en niks kan dit ooit weer uitwis nie. Kameradie is vanselfsprekend soos eet en drink.

Anita het klaar geweeg en begin om die vrugte met die Kenwood se meultjie fyner te maal.
Sy gebruik die siffie met die grootste gaaitjies en die pot wat sy gebruik het ‘n tien liter inhoudsmaat en sy werk daarvolgens.
Die gemaalde vrugte se kookproses is vinniger en die klein- bykans onsigbare vaste deeltjies gee net die regte en pikantste tekstuur aan die finale produk.

Mense groepeer. Ons was drie Instrukteurs wat gebind het; ek, Piet en Koos Rosseau. Piet was ouer en ook getroud met Ria en het in die dorp in ‘n woonstel gebly. Piet het – soos vele Woesters (?) – min sin vir humor gehad en was as Instrukteur gevreesd en met sy bykans swart oë, genadeloos.
Koos was ‘n Jintelman; lank, breed van skouer en het altyd billik ge-oordeel maar met ‘n blitsvinnige en skerp reaksie.

Op die Dirkie Uys skietbaan, buitekant Potch, kan die Somerson helwarm brand. Die troepe lê en skiet na die teikens daar voor teen die grondwal. Ons drie hou toesig en ek staan met my rug na die troepe en bewonder die diamant wat Piet in die vuurhoutjie boksie hou. Die ghoen pas net-net in die laaitjie.
Piet se oog vang my regter been en hy roep uit. Ek kyk af en die beweging versteur my balans maar Koos is blitsvinnig en vang my aan die skouers.

Die aroma wat die kombuis deurtrek, die geur en ek weet nie wat nog nie, versteur my en my liggaam skei vreemde feromone af en op ‘n ingewing, lig Anita my in dat sy die suiker drasties verminder het want die vrugte is vanself stroopsoet en sy hou die pierinkie met bietjie jam in na my uit:
“Proe of ek reg doen.”
Ek proe en ek verklaar ( en loop kyk self ) Selfs KOO het net 30 persent vrugte in die blik en ek kyk na haar hande en ek dink:
“Ek het nog nie die regte praat gepraat oor haar hande nie.”

Piet help vir Koos om my neer te lê – my regterbeen is af en die voet lê onnatuurlik skeef. Die medics was vinnig en vind dat die koeël presies in die middel deur my onderbeen, sowat 7 sentimeter onderkant die knie deur is. Weens die hitte het ek niks gevoel nie – dis die beweging wat my laat swik het en toe breek die been se twee kante want die koeël het ‘n ronde gat deur die been gemaak – agter die been in en voor met ‘n granaat-oopbars- effek uit, tussen Piet en Koos verby.

Militêre koeëls word volgens internasionale ooreenkoms vervaardig om nie baie skade aan te rig nie. Die soldaat moet net buite aksie geplaas word – indien ‘n belangrike orgaan nie getref word nie.
Hier op die skietbaan het die troep ‘n geweer storing gekry, omgeswaai vir hulp, die skoot gaan af en die troep worry nie meer nie, draai terug en gaan aan met sy skiet.

Die diamant.
Hier kan ek vir eers stop. Niemand daar buite onthou Willie van Tonder nie. Ek het vanuit my stoei dae die bynaam Buksblixem gekry. Die naam het ek afgewerp toe ek vrede met die lewe gemaak het na my kinders se verstandkry stadium. Buks is dood en begrawe en Willie leef voort.

Soldaat wees is die uitermate van adrenaline ryk lewe. Behalwe dat in soldaatwees nie genoeg vergoeding was nie, is die lus en soeke na avontuur en die rykdom daaragter, oorheersend.

Sy naam was Amos en hy was swart en Piet het hom een aand aan ons voorgestel in sy woonstel en Ria was net soos Piet – entoesiasties en ons het om Piet se eet tafel vergader wyl Ria koffie maak.

Anita ruim op:
“In die yskas, in die pierinkie is die finale produk, nou koud en styf gestol - proe en kyk ook na tekstuur.”

Ek kan hierdie 100 persent suiwer Geelperske jam nie heeltemal reg oordeel nie want ek het nie warm varsgebakte – korskrakerige - vetkoek nie.

Amos het ‘n eie storie.
Wag.

Willie F van Tonder
2013/12/21

Naskrif:
Môre is mos die langste dag van die jaar ( dan nie?)
Dit sal vir my tyd gee om te vertel – te rus – te vertel- en weer te rus en so aan en so aan;
net om die lange dag om te kry (!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Perske
Ek ruik. Ek kyk. Ek proe. Top kwaliteit jem, Wolf!
6 jaar 1 maand 19 ure oud


---
“Ek het nog nie die regte praat gepraat oor haar hande nie.” [Ek wag ...]
6 jaar 1 maand 5 dae 14 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar