Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Beloof jy om die waarheid te vertel, die hele waarheid, die volle waarheid, en niks anders as die waarheid nie ? Hê ?
Deesdae kry jy mos nou nog ʼn ding by. Hulle praat van “your personal Truth”. Dis nou soos jy die waarheid sien.

Dink ek toe “Dja !” Niks is meer soos dit was nie. ʼn Mens moet veral deesdae met die Internet, niks, vir die waarheid glo wat jy lees of sien nie.

As ek nou vir julle ʼn geskiedenis storie vertel vir die waarheid, wat ek uit mý feite, en verwysings raamwerk en al die los lappies inligting (wat in my brein rond sweef) by mekaar sit, is dit die waarheid want ek het bewyse. Selfs as ek verduidelik hoe ek by wyse van kennis en my verwysings raamwerk tot my waarheid uit gekom, bly dit “My personal Truth” Gevolgtrekkings, feite en bewyse en geheue. Sonder om te lieg vertel ek vir jou die waarheid. Feit !

Byvoorbeeld, Ek vertel jou die volgende omtrent Dracula.

DRACULA – DINGE WAT JY MISKIEN NIE VAN HOM GEWEET HET NIE.

Dracula Frankenstein was of ʼn Jood of ʼn Duitser, uit ʼn Aristokratiese familie gewees, wat in Amerika gewoon het.
Dit was in die sestigerjare en hy was ʼn groot aanhanger van Elvis Presley.
Hy was werkloos en arm. Hy het erge ortodontiese probleme gehad.
Hy was ʼn Vegetariër.
Hy was ʼn Gigolo en sy gunsteling drankie was Rooiwyn.
Hy was baie gewild by die skoner geslag. Hy het veral gehou van meisies met groot oë en lelike bene.
Hy was nie sterk van karakter nie en kon nie moeilike situasies hanteer nie.
Hy het aan vervolgingswaansin gely.
Hy het aan sy einde gekom deur selfmoord te pleeg.

*Nou kan julle my maar vra hoe weet ek die goed vir die waarheid. Help ook nie julle gaan Google. As jy meer as tien keer ʼn liegstorie vertel begin jy dit self glo. Eers dan.. sit hulle dit op Google vir die waarheid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sienswyse
Oulik en baie "logies" uiteengesit!! :-)
5 jaar 4 maande 2 dae 6 ure oud


Hoe ek dit sien
Moet jy geniet en nie afkraak nie
Dit is waar (Ripley? believe it or not!)
Op die Pukke is dit al instelling:
As jy soek:
Gaan kyk eers op youTube
Gaan kyk dan op Google!!!

True!

Nuwe Suid Afrika!!

Met rooi ( pers) roos in die hand

Welkom!
5 jaar 4 maande 6 dae 5 ure oud


:-D
Hehe. Ja....
Dis nou hoe jy dit sien!
;-)
5 jaar 4 maande 6 dae 8 ure oud


16. En begrawe...
Sy graf is in Marrjan se Jaart op die kruising van Eloff en Joubert met 'n skerp besemstok deur sy niere of 'n ander innere orgaan gesteek.
Langtaaim nousie.
Welkom terug in die daaglikse waansin.
GvT
c];o)
5 jaar 4 maande 6 dae 11 ure oud


/
Interessante opmerking wat jy op jou profielblad maak.

"Ek het niks te sê nie, daarom skryf ek."
5 jaar 4 maande 6 dae 13 ure oud


My verklarings
1. Sy van was Frankenstein want ek onthou sy Boetie wat so sieklik was (die een wat in die basement gebly het, vol steke en verbande) was of ʼn Jood of ʼn Duitser meeste vanne wat met “Stein” eindig kom uit Duitsland,2.
uit ʼn Aristokratiese familie gewees hy het in so ʼn fucked up kasteel sonder meubels gewoon, swak interior decorating net ʼn paar hout bankies en tafels,
3. wat in Amerika gewoon het. Hy het ʼn Amerikaanse aksent gehad.

4.Dit was in die sestigerjare Hy het sy hare agteroor gekom met Bril cream en hy was ʼn groot aanhanger van Elvis Presley.het sulke opslaan krae soos Elvis gedra, complete met die Cape
5. Hy was werkloos want hy het heeldag geslaap en arm altyd dieselle outfit en hol wange.
6. Hy het erge ortodontiese probleme gehad. Het jy sy tande gesien ???
7.Hy was ʼn Vegetarier. Ek ken baie vegetariërs en hulle is almal so was bleek met swart kringe onder die oë
8.Hy was ʼn en ʼn Gigolo Hy het elke aand meisies na sy huis toe gebring. Meisies gaan nie na vreemde mans sê huise toe as hulle die daarvoor betaal nie, Duh !!!
9. en sy gunsteling drankie was Rooiwyn. Dit het altyd so van sy tande afgedrup.
10. Hy was baie gewild by die skoner geslag. Hy het hulle net een love bite in die nek gegee dan het hulle geswymel.
11. Hy het veral gehou van meisies met groot oë al die vrouens het sulke grooot ronde piering oe gehad en
12.lelike bene. Daar is geen ander rede hoekom al die meisies, die heeltyd lang rokke sal dra behalwe as hulle hulle lelike bene wil weg steek nie.
13. Hy was nie sterk van karakter nie en kom nie moeilike situasies hanteer nie. Hy het keer op keer deur die venster gevlieg as sy moer strip
14. Hy het aan vervolgingswaansin gely. Hy het in ʼn boks gaan slaap elke aand
15. Hy het selfmoord gepleeg. Hy het by die venster uitgespring sonder sy Cape, vol rooi wyn, uitgepass gele in die warm son toe gaan hy dood van hitte uitputting en Sonsteek.!




5 jaar 4 maande 1 week 1 uur oud



Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar