Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie skrywe het ‘n aanloop.
Al ons skrywers het ‘n gemeenskaplike probleem : Die opskrif van ‘n skyfsel.
Sommige kry inspirasie, noem dit die opskrif en weef sy storie rondom dit.
Ander begin weef en besluit later op ‘n opskrif en almal ontdek na plasing dat hy eintlik nog iets wou sê of dat hy die gesegdes beter kon stel maar nou is die skryfsel geplaas en is die koeël deur die kerk.

Hierdie skryfsel se aanloop is twee ledig:
Eerstens met Vaalseun se tirade oor hoe die slagter hom verneuk het en later skryf ek my opvolg “ Vier boude” en Karmenaatjie vra ‘n vraag in haar kommentaar.

Ek wil graag nou effe huiwer by Karmenaatjie:
Haar afwesigheid het ons aangevoel; haar terugkeer verwelkom.
Ek is ‘n swak sanger en ek kan glad nie in ‘n koor sing nie en selde of ooit sal ek saam koor in kommentaar en ‘mooi’ en ‘pragtig’ en ‘uitstekend’ en . . .
Ek sien op my eie en ek sê op my eie en ek noem dit dat Karmenaaitjie ‘n vrou met meer hoog intelligensie en beskaafd is as ek .

Haar skrywes getuig tot so ‘n mate dat ek haar hoog woorde meestal nie verstaan nie maar dit is nie wat my raak nie –
(Hoe vet is julle?)
Haar skrywe ’Vassuig Demoniek’ bewys van ingehoude beheersd en beskaafde opvoeding en uiterste woede beheer- woede uit menslike swak en onmag.

Julle ken my. Opdat ek onnosel is en geen woordeskat het nie – vloek ek maklik en onbeskaamd.
Sou ek die prag gedig geskryf het, sou ek krag woorde gebruik het.
(Hoe vet is julle?)

Vaalseun, ‘n man wat ek hoog respekteer en versigtig hanteer, spreek ek tog aan opdat hy reken dat hoenner en vis en vark nie op sy braai rooster pas nie.
(Hoe vet is julle?)

In hierdie vier boude skrywe van my raak-raak ek net aan my passie ; kook (en eet.)
Ek dink ek het grafies geraak want Karmenaatjie se eetlus was geprikkel want sy noem dit en beheersd haarself onmiddellik maar kry darem uit :
“Hoor hier, van daai lekker eet, hoe vet is julle?”

Ek wil nou graag verder skilder aan my liefde vir eet>
Vaalseun . . . vark -
Die tjoppies moet 15 millimeter dik wees. Dit is nou een en ‘n half sentimeter in vrouetaal..
Dan junter jy dit met jou gekeurde speserye.
Dan pak jy dit soos snytjies brood op mekaar en steek so twee stokkies deur dit om dit bymekaar te hou.
Die stokkies pluk jy sommer van die boom waar onder jy braai – gewoonlik een van die Kameel familie – stroop die blaartjies en verwyder dun uitloopsel.
Waak.
Moenie die vark-tjop-snytjies vasdruk teen mekaar nie – laat toe vir hitte deurtrek.
Plaas die stapel tjoppies met die vet-velletjie-kant op die rooster en braai tot die vetjie krispie is, maak uitmekaar en sis die tjoppies weerskante op die kole.
Hoe vet is julle?

Ek het hierdie skrywe al voor sonop gedoen en myself so honger geskryf en nou gaan ek eers ontbyt maak.

Hoe vet is julle?

Die gewone is pap en eier.
Putu pap en niks anders nie. Tiger se growwe, Oom Paul se growwe en ek dink daar is nog ander ook op die rak.
Bakkie met deksel.
Die verhouding is een teen half; een koppie growwe meel en half koppie water.
Een goeie skep botter
Knippie sout
Twee teelepels suiker ( Ek moet maar skaars met suiker)

Roer deeglik deurmekaar met vurk.
Botter werk nie saam nie maar moenie worrie nie – die hitte van netnou sal bottertjie se gal werk.
Twee minute met deksel op in mikrogolf oond.
Haal uit en junter deeglik met die vurk – bottertjie gee nou sy samewerking
Weer twee minute in mikrogolf en haal uit.
Nou moet jy met lap vat. Pap wek sy eie hitte en die bakkie is nou warm.
Pasop vir stoom en lig die deksel en junter weer deeglik met vurk.
Nou begint pap krummel
Terug in mikrogolf en weer twee minute.

Terwyl die mikro sy ding doen, sit ek die eier pan op Monday-Monday met olie en breek vyf eiers.
Jy sal meer eier gele in die pan tel maar ek kan mos nie sien watter is dubbel-dore nie en die resep sê vyf eiers

My pan het ‘n deksel en ek stol net die wit van die eier.
My geursel is Robertsons se Lemon Pepper.

Waak teen ander mense se geursel smake – ontwikkel jou eie.
Ek geniet Robertsons se Lemon Pepper veral oor Jelly en Custard.
Dit gee daai pikante berg-ronde geur en streel my tastebuds soos kabbelende bergstroom koeligheid.

Hoekom vyf eiers?
Anita eet nie pap nie. Sy is ‘n brood mens en sy eet twee eiers op roosterbrood.
Die res is myne.

Ek het hoog agting vir jou vraag:
Hoe vet is julle?
Dit spreek van uitgesoekte intelligensie.
Want –
Sou die vraag wees: “ Hoeveel weeg julle?”
Was ek vas. Konkreet en gedwing om ‘n vaste syfer te gee en was ek gebind, naak en sonder verweer – binne in die blik.
Maar jy is beskaafd en genadig en gee vir my speling.

Ek het myself nog nooit gesien nie – winkelvensters weerspieël nie die waarheid nie – en ek moet jou antwoord.

Ek het iemand van die straat gekry om op sy pens te lê met arms wyd gestrek en my tree te meet.
Ek het gesukkel maar uiteindelik afgekom op ‘n resultaat.
Vet word gemeet aan pens grootte.
Ek het gespoeg, water gedrink en weer gespoeg en die outjie op sy
Pens op die grond moes check.

Die resultaat is.
Ek is vet. Ek moet een en ‘n halwe tree gee om oor my pens te kan spoeg.

Anita het nie die toets geslaag nie.
Sy het vies geword om elke keer ons tande tussen die gras te soek wanneer dit saam met die spoegslag die mond uitskiet.

Anita sê jy moet op die treinspoor gaan speel.

2015/01/09




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vet
Sowat van dubbel en trippeldore het nog nooit ooit gesien nie!
Ai Wolf hierdie een was vet van lekkerte!
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


Hoe vet is jy
Met vanoggend se ontbyt-maak, sien ek die weer tas tot die hoenner henne aan:
Daar is tot trippeldoor eiers.
Ek sien in hierdie skrywe, op die foto's, is daar ook een trippeldoor !

Net die kyk maak mens versadig maar die show moet aangaan en ek moet storie vertel!
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


hoe vet is jy
hehe....dis nou 'n antwoord en 'n half, in dosyne gemeet :) sal liewer geen verdere kommentaar lewer oor die rojaliteit nie ;)
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


***
Wolfman, jy en jou hoenners is lekker op julle stukke, nè!
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


Ano
vet
Net giggels!
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


Vet
Sjoe Wolfie, hier het jou nou net vir jou 'n rol in 7de-laan los geskryf. Nee wat, ou Hilda kan maar gaan slaap met haar konkoksies.
Ek dink jy moet daar in julle domein ook 'n 'skerm' oopmaak.
Laat my sien, daar is al 'n Muisbosskerm, 'n Posduifskerm, 'n APK- Sekelbosskerm, (kopkrap) wat van Wolfie se Vark-vishoennerskerm!
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Vet
Janee, dit lyk na 'n stewige ontbyt. Bietjies te veel vir my. Vet? Solank ek nog vir tollie hier van bo af kan sien, is ek nog reg. Reken ek.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar