Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verjaarsdag herdenking bly altyd ‘n spesiale geleentheid.
Dit is seker omdat in hierdie feilbare ou lewe van deesdae, dit ‘n prestasie is om nog ‘n jaar te kon oorleef.
Dit was egter deur die eeue nog só. ‘n Geboortedag herdenking is ‘n prestasie wat gevier moet word.
Myne ook.
Familie en kennisse ken my. Hulle weet van my voorkeure en afkeure.
Almal weet.
Oupa hou nie van valskerm spring nie. Hy verstaan nie van ‘toutjie trek’ nie. Hy ken net van ‘ketting trek’.
By die huis, in sy kleinste kamertjie, is nog die ‘ketting trek’ stelsel. Oupa weet egter dat die ding se ketting moet twee keer vinnig getrek word. Anders werk die omslaan meganisme nie lekker nie.
Met die laaste keer toe oupa se verjaarsdag geskenk ‘n valskerm sprong was, het hulle juis die toutjie vervang met ‘n ketting. Hy sal onthou om die ketting te trek. So spring ek toe uit die vliegtuig. Ouboet, wat langs my trek, skree:
“Trek oupa!”
Ek het die ketting in my hand en ek trek vinnig twee keer. Die sluit knippie maak oop en weer toe. Ouboet skree weer:
“Trek oupa!”
Ek trek weer die ketting. Twee kere. Die sluit knippie maak oop en maak toe. Ek hoor ouboet raak benoud. Hy skree harder:
“Trek die ketting, oupa!”
Ek vat stewiger vas en trek die ketting. Twee keer. Ek hoor so deur die wind se gesuis, die sluit knippie maak oop en maak toe.
My oë word groter en groter. Die grond kom darem nou vinnig nader. Ek verstaan nie. Ek hoor ouboet se skril stem:
“Oupa, trek die ketting asseblief!”
Dit was te laat. Die groot tent waar die statige dames hulle koeke uitstal, is reg onder my. Ek het nie geweet hoe ek moet maak om dit mis te val nie. Dit was seker die vinnige lug verplasing binne die tent toe ek die dak tref.
Baie tannies het die mooiste hoede opgesit. Roomkoek hoede, pynappelkoek hoede, lemoenkoek hoede. Almal het onder die seil uitgekruip met een of ander koek hoed op.
Ek hou egter van hoender. Jy kan baie dinge met ‘n hoender doen. Piri-piri, gebak, in porsies ge ‘kentucky’, gevlek op die kole, enige ding. ‘n Hoender is altyd ‘n fees.
Hoender, vark en vis het ‘n triek. Dit moet deeglik gaar wees. Veral hoender. Dit is eers gaar as die vleis los van alle bene is.
Ek is ‘n kok. Ek weet van kook.
Hierdie verjaarsdag, sal ek liewer self kook. Ek sal al die gaste wys hoe maak ‘n mens eintlik ‘n hoender gaar.
Ek nooi hulle om by te staan. Ek gaan die hoender bak in die oond.
Ek laat almal om die tafel staan met skryf papier en skryfding. Ek is soos ‘n towenaar. Ek wys nie my triek twee keer nie.
Mooi lê die groot hoender op die tafel.
Sprinkel dit binne en buite met sout en net effe peper.
Een koppie botter.
Smeer die hoender buite met botter.
Die orige botter word aan die binnekant gesmeer. Genoeg.
Een pakkie spring mielies.
Vul die binnekant van die hoender met spring mielies.
Hou die gatkant toe met jou plat hand en skud die hoender deeglik.
Die oond is al warm. Dit is gestel op twee honderd en twintig grade.
Sit die hoender in die oond op die oondpan, met die nek wat kyk na die deur van die oond.
Maak die oond se deur toe.
Die gaste moet nou in twee rye sit, weerskante van die stoof. Daar is nou ‘n gangetjie.
Ek vat die visvang se net en neem plaas so drie meter vanaf die oond se deur en hou die vangnet mooi reg.
Die eerste tekens is soos die voorjaar se reën op die sink dak van die huis. Die groot druppels wat so een, een op die dak ontplof.
Nou hou ek die vangnet mooi reg.
Die plof,plof binne die oond word vinniger.
Dan die groot plof.
Die hoender rocket die deur oop, reguit op my af. Die vangnet werk.
Sien. Nou is ek seker. Die hoender is mooi gaar.
Aaag, Ja!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoender
Kiekies vertel my, na my hoeder episode, dat jy dieselfde resep probeer het. Jy moet tog die geheim van die hoender met my deel, want my probeerslag was 'n totale fiasko... Ai, ek het nou lekker gelag!
8 jaar 7 maande 3 weke 15 ure oud


O
Ja nee jou ou swerkater ... aan jou is daar ook nie einde nie en wragtig ek dink mense kom kuier juis nie vir jou nie omdat die pyn van te veel lag erg kan raak :-) Skitterend ek is mal oor jou bydaes
8 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud


Hoender
Ek glo jou. Nee sowaar, ek glo jou. Maar baie mense sal nie. Ek weet mos ou Sneeuwolf sal noooiiittt lieg nie!
8 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud


---
Ek het my nou slap gelag vir die ketting se vinnig twee`keer trek (oop en toe) daar waar die uwe besig om valskerm te spring en wat dáái hoender en die popcorn betref .. GORREL sneeuwolf, GORREL hahahahaha

Ek het nou so lekker gelees en gelag - Dankie vir dit!
8 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar