Fwd: FW: Fw: Purina Dieet
VERTALING: Hierdie ene het in my inboks kom sit terwyl ek weggekyk het. Ek wil hom nie hê nie. Hier, neem hom weg!
Gister was ek by die SPAR hier by ons en het 'n groot pak Purina Dog Chow vir my getroue hond, Jake, die Wonderhond, gekoop. In die betaalslang vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Wat dink sy, het ek 'n olifant?
Aldus, weens ek 'n rentenaar is en min het om te doen, het ek haar sommer uit die bloute gesê, nee, ek het nie 'n hond nie, maar dat ek weer die Purina-dieet wou begin. Daartoe sê ek dat ek dit eintlik nie sou doen nie, want ek het laaste keer in die hospitaal beland. Maar dat ek 25 kilo aan gewig verloor het voor ek in die intensiefsaal wakkergeword het. En dat allerhand pypies uit al my liggaamlike openings geluer het saam IV's in altwee arms.
Ek sê haar toe dat dit uiteindelik 'n perfekte dieet is. Dit werk so: Jy prop alle broeksakke vol met Purina Nuggets en eet eenvoudig een of twee elkekeer as jy honger in aanstorm gewaar. Die kos is volkome voedsaam en baie werksaam. Dus wou ek dit nog 'n keer probeer. (Ek moet hier bemerk dat byna almal in die slang nou aan my lippe gehang het.)
Ontset vra sy of ek in intensief geland het omdat die hondevoer my vergif het. Nee, seg ek, ek het my been aan 'n brandkraan opgetel om te pie, en 'n kar het my omgery.
Ek dag die ou agter haar kry 'n hartaanval, hy't so hard gelag.
By SPAR mag ek nie meer inkoop nie.
Pas liewer op wat jy afgetrede mense vra. Hulle het tyd en tyd en nogmaal tyd om die malste dinge uit te dink wat hulle kan sê.
Stuur hierdie verder aan (besonders) aan jou afgetrede vriende... Dit gaan hulle Lag-vir-die-Dag wees!
Groetnis phanToom
2014........................................................◄]:o(...||...(o;Þ..................................................................tje