Gorrel

Titel: I Z
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is jy by ?
I Z ?
Indien jy nou by my is, is jy uitsonderlik.Ek gaan vir jou ‘n prentjie skilder –
Ons is mos Kunstenaars en ons is saam – dan nie ?

Jy skryf . . .
Jy geniet jouself want die huismense wat jou geskrifte lees, klap hande en hier op Woes klap al jou vrinne vir jou hande –
Ag –
Alles gaan sommer lekker en jy is heel gelukkig.

Dit gaan goed en jy publiseer jou eerste bundel !
Nou gaan die beter en twee jaar later publiseer jy weer ‘n bundel en die lewe is net een plesier.

Nog vyf bundels volg met spasies van twee tot drie jaar tussen in en, ten spyte van al die handeklap en al die vreug bly daar hier op die krop van jou maag ‘n hongerte –
‘n Onversadigde gevoel van soek, van tas na iets –
Iets wat net so buite jou bereik is . . .

En . . . eendag sit jy alleen en dit word stil. En alles om jou word stil en jy neem die papier op en dit wat binne jou is, vloei deur jou hand na buite –

En toe dit bekend word; ontplof die wêreld en die skare juig en twee jaar later pen jy ‘n opvolg neer en weet jy wat . . . ?

Nou moet jy stil sit en mooi lees en mooi inneem –
Die hele Wêreld is in oproer en verkope gaan die 4.2 miljoen kerf verby en talle flieks volg en alle rekords spat en jou juig en jubel word gedemp.

Die wonder wêreld wat jy geskep het word wolkerig en trek heeltemal toe –

Jy is vet.

Vet is nie goed genoeg gesê nie –
Jy trek die skaal op 343 kilogram en het alreeds ‘n boetie verloor deur vetsug . . .
En jou asemhaal en hart kan nie meer nie en op, net oor die veertig, stort die organe in duie . . .

I Z
Staan vir ‘n man met die naam van : Israel Mamakuwiwo’ole en hy is ‘n musikant van Hawaii en hy bespeel die uklillie - dit is so ‘n klein kitaartjie en sy deurbraak was met die twee liedjies
Wonderful world in 2007
En
Over the Rainbow in 2011

Ek sal ‘Somewhere over the Rainbow’ se musiek opsit sodat jy dit saam met my kan geniet.

Dankie vir die luister na my storie al is dit ‘n ware storie – gaan Google dit gerus !

2015/08/14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

I Z
Interessante prentjie wat jy geskets het. Laat mens sommer dagdroom...
4 jaar 3 dae 4 ure oud


iz
Dankie, Willie. Hy het darem 'n baie strelende stem gehad. En daardie liedjies is 2 van my 'all time favourites'
4 jaar 4 dae 8 ure oud


***
Dankie -- ek gaan luister.
4 jaar 1 week 2 ure oud


IZ
(Klink ook soos Izette? Ek dog jy gaan oor háár skryf, toe boal jy my!)
Sal gou na hom gaan luister . . . dankie!
4 jaar 1 week 1 dag 10 ure oud


IZ
Dankie vir jou storie. Hy is seker 'n Suma-stoeier in sy spaar tyd.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure oud


I Z
lekker gelees aan die interessante stuk, dankie vir die deel
4 jaar 1 week 1 dag 23 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar