Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag wil ek gorrel,maar nie nonsens praat nie-ek behoef om goed te drink om my siel uit te spoel-dat ek net beter kan voel.
Vroulief had 'n knoppie op haar hand watal seerder word,ons vermoed dis 'n ganglion(sommer 'n vergroeiseltjie wat hardword of daan beentjie wat vorm.Dokter se dis net n blasie wat hard word(in oumenstaal genoem 'Gideonsiekte"-maar dit moet uitgesny word in die hospitaal.
Dis net 'n dagbesoek-geen pajamas,geen groot narkose(my vrou is alergies en raak benoud)so ek kan haar weer so teen eenuur kom haal.
Alles gaan goed,hulle spuit haar toe ook in op verskeie plekke op haar rug vir pyn in heupe en bene.
Toe ek haar gaan haal vertel sy daar was ook 'n fisioterapeut wat n'n klomp kruisies op haar rug getrek het(blykbaar waar die inspuitings toegedien sou word.
Uiteindelik kon ek haar 4uur kom haal,sy lyk heel vrolik en vertel hoe goed almal vir haar was,soveelso dat daar eers 'n sjokelade vir die verpleegster gekoop moes word.
By die huis blyk alles reg te wees,die snytjie op die hand is 1cm lank en goed verbind.Die rug voel goed en sy slaap sonder pyn.Die hand pyn nog 'n paar dae mar verbeter stelselmatig.
Alhoewel ons 'n mediese fonds het,begin die rekeninge stelselmatig instroom en ons word sieker en sieker.
Terwyl ek hier skryf is alles nog nie in nie,maar die kostes trek al by R11,000.
En ek raak al meer seker dat die pyn in my bors 'n hartkwaal is wat dringend aandag sal moet geniet.
Viva 2014,viva Suid Afrika



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ja-nee, ek ken ook van...

Dis maar 'n bitter pil om te sluk, al het dit soveel suiker om. Jou bydraes word net al duurder en duurder.
5 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 3 ure oud


Liewe Genade!!
Ja, dis waar wat jy se - mediese fondse betaal ook al hoe minder en minder lyk dit vir my. Dan word maandelikse paaiemente net groter. :(
5 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


rekening
my standpunt is nog altyd dat dit in die mediese beroep suiwer oor geld gaan
5 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar