Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Niks is in tyd en stof gesluit
en alles stroom deur grense en eeue heen,
nes die sterre in die melkweg se pas,
waar elk slegs sy eie wee beskryf,
so is elk aan alles tydelik gebonde.

Met ʼn episode van vele ervaringe en ontberinge,
met lydsaamheid wat alles kon ontbeer,
in tyd en toeval kan trotseer,
ontroer deur al die groot krakele,
sonder ooit ʼn gedagte van gevaar,
niks sou dit baat, want te lank is gewag.

Miskien was alles ʼn verdigsel van verbeelding
en so droom baie dat aan sy eie
verlange en begeertes voldoen sal word.

Wie wil groot geheime dinge van sy tyd probeer ken en verstaan,
soos ʼn brander oor die lugkasteeltjie van elk se beeld laat spoel,
om elke verwagting uit te wis om duisende der duisende plekke
op die dowwe horisone van hoop te ontneem?

Kom laat ons nugter dink!
In vandag se lewe is daar geen vryheid, om;
te dink wat jy wil,
te sê wat jy wil,
te doen wat jy wil,
te werk wat jy wil,
te besit wat jy wil,
te bly waar jy wil,
of te glo wat jy wil.
So eis almal vir hulleself nuwe eise!

So kry elk ekstase, praat en swerwe, wil heersreg uitdeel volgens sy oë,
en wat word gesien, is verder as dié dink wat altyd troebel guurig en onseker is.
Vir elk is hý glas.
Vir ʼn ander is jy ʼn spieël, maar nooit sien hy deur ―
Dis baie amusant om in die spieël te kyk:
Dis vir baie so snaaks dat hy voor die spieël aan sy weerkaatsing tas
om te voel of hy nog iets aan die, die geheimsinnigheid kan voel.
Dis net sý eie beeld, jόú jeug die weerglans van jou eie brosheid.
Die ondeursigtige vol bedrog vol vreemde skimme in die hart en brein.

Alles is so bros.
Hou jou eie wil vas, vryheid en die wysheid die, ,,dood.”
Die kennis met betrekking tot wat die dood behels en wat dit bied is beperk.
Dis `n vreemde omgewing waar vreemde wette heers.
Elk het sy eie spekulasie oor hoe dit daar sal wees en hoe sy bestaan daar sal uitsien.
Dis juis hierdie onbekendheid wat in sovele se gemoedere angs en onsekerheid wek.
― So gaan elk na die gevaar toe ― Wonde toe,
en dood toe, en wonde waar die lewe lê en uitklop ―?
Die wysheid, so sê die wette van die ewige stilles,
dat reg en die geregtigheid sal hou tot storelose klaarheid.

Uit my boek: Elke Gesigseinder Het Sy Eie Uitdagings!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
Vir elk is hý glas.
Vir ʼn ander is jy ʼn spieël, maar nooit sien hy deur ― [Laat my skoon regop sit!]
4 jaar 2 weke 4 dae 11 ure oud


In die melkweg
Pragtige gedig Arnold, gee mens heelwat om oor te dink :)
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar