Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Soms is dit nogal grillerig om te weet; Kennis te dra.
Die menslike karkas na die dood.
(Grim nè ?)
Begrawe, verassing…
In Indië; Sekere groepe los die liggaam vir die nag.
Daar is mens weefsel vreters.
Hulle kom die nag en sny af wat hulle soek.
Dit is waar. Glo my maar.
Daarna word die oorblyfsel op ’n drywende platform gesit en dit dryf af met die rivier – met groot spirituele fanfare.

Nou waaraan werk die slimmes nou?
Die kompleet vernietiging van die karkas.
Begrawe vat plek, spasie en geld.
Brand is nie kompleet nie.

Oplos?
’n Pragtige vlekkelose staalbad.
Die liggaam hang bokant.
Die geloofs- ritueel word afgehandel.
Die liggaam sak in die vloeistof.
10 minute.
Niks bly oor. Letterlik niks. Slegs ’n minimum, half onsigbare lagie bo-op die vloeistof.
En as die vloeistof – na baie onder dompelings – versadig is ?
Gooi op die grasperk, tuin, bome; Kunsmis.
Vloeibare kunsmis, uitgestal in mooi botteltjies met etikette :
NATUURLIKE KUNSMIS.
Weet jy wat is tans, eintlik, in daardie spuit botteltjie op die rak?

Hulle werk nog net aan die tyd. Die tydsduur van die oplossing.
10 minute is nog effe lank. Dit is al afgebring van een uur na 10 minute.
Daaraan word nog gewerk.
Raar, maar werklik. Soos in rêrig en waar. Soos in nou.

“Hel ou Willem, hierdie appelkoos mampoer sak mooi my broe’!”
“Hennie, my oorlê pa kon só smaaklik eet. Kyk hoe blou staan die bone!”
In stilte, met oë op die tuin, sluk ons heel rustig, sip vir sip.
“Hennie, en check daai pampoene. Ek dink ek kan daai een inskryf vir die groot pampoen kompetisie. Ek’t oorlê ma daar gegooi, sy was mos versot op soet pampoen met kaneel.”

Hennie lig sy beker, ek lig saam. In ’n koor:
“Laat hy val waar hy wil, ons sing saam; There’s nou sorrow like to-morrow!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

GRIL
Ja ek stem. Dis 'n goeie plan. Geen vermorsing van grond en goeie gebruik van die oorskiet. Maar wavan leef die wurms dan? Maak hulle nie al klaar die grond ryker met oorskiet mense nie? Wonner ma net?
8 jaar 7 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


-
Nee hel, klink of hul mens wil liquidize nes 'n smoothie!
8 jaar 7 maande 1 week 2 dae oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar