Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waar is my pantoffel tog??? Altwee het 'n paar sekondes gelede nog ewe paraat en in gelid langs mekaar voor die bed gestaan. Nou is die een net weg.
Plat op my pens loer ek onder die bed, voel, voel met my arm uitgestrek onder die bed. Niiks daar nie. Kyk in die kas, in die badkamer en selfs in die asblik. Ek soek oral op alle moontlike en onmoontlike plekke. Niks, maar niks. Pantoffel se kind is weg soos in weg.
So besluit ek om die dubbelbed, in die kamer waar ek nou slaap, uit te gooi en te vervang met 'n enkelbed. Meer spasie in die kamer en geriefliker vir my. Wat kry ek onder die bed? My pantoffel saam met 'n ander verslete en totaal onbekende een. Ek skud my kop want ek kan dit net nie verstaan nie. Ek het hoevele kere onder die bed gesoek.
Gisteroggend trek ek my beddegoed af om in die was te gooi. Een laken en 3,let wel D R I E, kussingslope. "Wishy washy, wishy washy into the Zim, wishy washy, wishy washy out of the Zim" en reguit tuimeldroer toe.
Intussen gaan skuif en draai ek my kamer tot dit na my sin, en ek tevrede is. Klaar geskuif gaan haal ek gou my beddegoed om die bed weer skoon en vars oor te trek. Waar is die derde kussingsloop???? Dis net eenvoudig "missing soos in missing." Kyk in die wasmasjien, kyk in die tuimeldroer, skuif altwee weg van die muur, maar niks. Kyk in die pottekas, in die toilet, in die gang, oral waar ek dit moontlik kon laat val het. Niks, maar niks en nerens nie.
Voor werk spoel ek gou my beker uit en los dit in die droograk op die wasbak. Na werk kry ek die beker langs die ketel op die kas. Die een stoel langs die kombuistafel staan effe skeefgedraai, en nie soos ek dit gelos het nie. Ek kom agter dat goed, baie subtiel, geskuif word. Goed is nie waar ek dit gelos het nie. Die radio skakel sommer "vanself" af of die klank word harder of sagter.
Ek bly tog alleen hier in Linda se huis. OF bly ek rerig alleen hier??



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kan jy dit verklaar?
Kyk Jan, my skaduwee is aan my voete vas, maar as ek jy was het ek hoeka al onder my skaduwee uitgenael. Dit kan dan maar sommer vir Lindatjie permanent geselskap hou!

Nou vra jy so twyfelagtig of mens so-iets kan verklaar? Sy spook dan mos oordag en deurnag mens! Het duidelik mos geen rustigheeid in die onsigbare wêreld waar sy nou verveeld met haarself is nie vandaar haar gespokery. Brrrrrrrrrrr! vannag slap ek nie...
4 jaar 1 week 20 ure oud


Verklaar
En die een ou spook was vet, en die ander ou spook was maer! Brrrrr!!
4 jaar 1 week 3 dae oud


Kan
Duidelik, baaaaie duidelik, woon jy nie alleen nie!! Duidelik sal ek nooit daar loop kuier nie. Spreek die ou spulletjie biekie aan en maak n paar reel duidelik daar!!
4 jaar 1 week 3 dae 8 ure oud


verklaar
Jan erken dit nou maar linda like you kwaai
4 jaar 1 week 3 dae 22 ure oud


Ano
Verklaar
Hiehiehie, dit lyk my jy sal foto's van jou bedrywighede moet begin neem, want hulle 'like' jou kwaai!
4 jaar 1 week 3 dae 22 ure oud


Sp-p-ooook?
Sulke goed gebeur met my ook, maar ek skryf dit toe aan ons ou Duitse vriend (Altzheimer) of iets dergeliks. Ek is nie bang vir spoke nie, ek weet hulle is bang vir my. (Oor Jesus altyd by/in my is.)
4 jaar 1 week 4 dae oud


verklaar
Jan, as ek jy was het ek lankal die pad gevat. Dit klink spokerig :-)
4 jaar 1 week 4 dae 2 ure oud


Verklaar
o togie Jan klink vir my dinge gaan maar spook-spook daar aan jou kant!!! Begin met "Linda" gesels en vertel haar om te gaan rus, jy sal mooi na haar goedjies kyk jong...

OF (en dit klink vir my eerder na die oorsaak!!!) maak seker dat niemand anders sleutels van jou paleis het nie, daar was mos n klomp mense wat toegang tot die sleutels kon he voor en direk na haar dood.. gaan koop maar n "skelm-key" en maak seker dis net jy wat toegang het... Sterkte met al die dinge
4 jaar 1 week 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar