Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ok.
Jy kan sien ek kan die man se naam nie spel nie.
Daar was twee dekades gelede ʼn rolprent oor beer jagters in die sneeu woude van Kanada .
Hierdie was een van die jagters en hy was nie enige man se maat nie – hy was eintlik ʼn man se pa se maat.
Wanneer iemand sy moer in die kroeg strip, breek hy daai ses duim dik toonbank aan’t stukke en jy sien net glase en bottels trek.
Sy baard was sy kenmerk. Alle jagters had baard – Kats’e-cooby had ʼn harde baard.

Wel, op my piek in besigheid, gee ek werk aan baie mans, gekwalifiseerd en of ongekwalifiseerd – ek sal hom oplei en hierdie jongman, van so 25 – 30 jaar kom doen aansoek.

Net geskiedenis.
Daar was ʼn lang periode van groot armoede en kinderverwaarlosing in die land. Potchefstroom is nie kwytgeskeld nie en die Departement van Volkswelsyn het pleeg ouers uitgekies en die kinders – vanaf babas tot enige ouderdom aan hierdie ouers gegee ( teen betaling van onderhoud gelde).
Natuurlik het mense na die geleentheid gegryp en per gesin dan ook sommer baie kinders onder die vlerk geneem.
Hierdie kinders het dan ook die van gekry van die pleegouers en baie van hierdie kinders het uitgestyg uit sulle se armoede en vooraanstaande burgers geword.

Almal kon met sulle se hande werk. Enige Boerseun kan met sy hande werk want enige Boerseun het common-sence. Dus het baie van die kinders puik ambagsmanne geword.

Ek het sommer van sy gesig gehou en het hom dadelik in diens geneem ten spyte van sy woeste baard. Om te kompenseer, herdoop ek hom na Kats’e-cooby en by hierdie naam het almal hom leer ken en hy kon teëls lê, en hy kon houtwerk doen, en hy kon bou en hy kon verf en in die konstruksie bedryf kon hy enige ding doen en Anita het hom later geannekseer om by die huis te kom werk want sy bou, breek en verf haar lewe lank – dis haar maniese passie en dit was net ʼn plesier vir die oog om die twee saam in aksie te sien – twee presiese vak mense.

Kats’e-cooby had ʼn donker kant. Die bewys is altyd by hom in sy hemp se boonste sak, teenaan sy hart – haar foto.
Dan, dan ook op sy gesig – die naakte vrees wanneer hy altyd benoud rondkyk. Selfs wanneer die werkers huis toe vervoer word.
Elke leier had ʼn werksbakkie en hy moet sy span optel en vanaand weer aflaai en Kats’e-cooby sit nie agterop nie – no ways, hy klim voor in en sak laag af vir onsigbaar en word nooit by sy slaap plek afgelaai nie, maar by Anita se huis en na donker skuins-skuins hy in die skadu’s van die sypaadjie bome na sy slaap plek.

Totdat ek hom blikdruk:
“Praat, wat is jou probleem?”
“Hulle gaan my doodmaak.”

Hy had nie stil oge nie ; dit het bly rondspring – soekend, waaksaam en oor sy lippe kom dit en die vog in sy oë tesame en sy vingers voel hempsak se kant toe en ek sien vir die eerste keer. Sy was uitsonderlik mooi, jonk, swart hare en ligte oë:
“Oom Willie, my enigste liefde . . . dit was laat op pad terug van die dansbaan vêr buite die dorp en die motorfiets het gegly. Ek was drie maande in die hospitaal – sy het nie oorleef nie.”

Ware droef moenie gesteur word nie – ek los hom laat hy maar bloei en toe kalmeer hy self:
“Oom Willie, sy had twee boeties en die boodskap is uit – hulle soek my bloed.”

Hierdie is nie fabels nie. Wanneer die klas mense wraak teenoor mekaar, gaan geen Dokter sy tyd mors om dae en weke in hof gange te dwaal om getuienis oor oorsaak van dood te lewer nie.
Polisie is ook maar besig en die saak kom maar soos baie ander in die tou en dit weet hierdie vreesbevange man hier voor my:
Die boeties gaan beslis hulle ding doen en is nie bang vir vervolging nie.

Anita het dit agter gekom en ek werk met mense en kan lyftaal lees – die spanning verhoog en Kats’e-cooby se werk wys dit en ek vra:
“Kan ek help?”
“Oom Willie, daai mense stuit nie – ek beweeg maar rond.”
Hy bedoel eintlik dat hy nie een nag op dieselfde plek slaap nie en Anita rapporteer:
“Johan het nie opgedaag nie.”
Dit was sy regte naam; Johan Steenberg en sy het hom by sy regte naam geroep en hom opgepas, sy baard laat afskeer, mooi ge maak en goed betaal.

My navrae het niks opgelewer nie – hy was soos die Skim.
Die Vrydag koerant was eerste:
“Man opgehang in sy kamertjie gevind.”

Willie F van Tonder
2014/01/23



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Goed vertel, Willie.
6 jaar 1 maand 6 dae 11 ure oud


Baardman
Demmit dis tragies!
6 jaar 1 maand 6 dae 11 ure oud


katies cooby
willie jy is n meester verteller.Daar is so baie stories en dankie dat jy dit met ons deel
6 jaar 1 maand 6 dae 19 ure oud


ai
Dis nie 'n lekker storie nie, maar stories is nie altyd lekker nie...
6 jaar 1 maand 6 dae 21 ure oud


Ag nee man. :(
Dis darem vreeslik hartseer. Maar hier het jy bo-baas vertel!
6 jaar 1 maand 6 dae 22 ure oud


Hmmmmm
Ja, jammer van so iets..

Daar was natuurlik ook in die Suid Afrikaanse radio storie
"Die vlakte duskant Hebron" wat later 'n TV reeks geword het,
'n karakter genaamd "!Ghaitse Ghoebbib" ,
die wilde man van die Kalahari..
Ek dink Ben Dekker het die rol in die TV reeks gespeel.
"Die groot leeu" was glo wat die naam beteken het..
6 jaar 1 maand 1 week 4 ure oud


katse Cooby
Beslis baie hartseer. Die wiel draai.
6 jaar 1 maand 1 week 5 ure oud



IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar