Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek hou van mooi meisies en van mooi motors
van pragtige natuurtonele en van kos!
maar veral van kerrie en perie-perie !
niks gee my groter vreugde as 'n brand
wat my hier op my kop laat kom sit,my mond
vuurwarm laat ontsteek.die onkundiges noem my
kens,'n masochis,van lotjie getik, maar ai
hoe sal aardse mense nou verstaan dat die
voedsel van die gode 'n nuwe dimensie gee
aan jou bestaan? daar is niks lekkerder,
(wel daar is nog 'n ding of twee wat nie in
goeie geselskap genoem word nie),maar hierdie
twee en al hulle familielede is net fantasties!
as jou mond so brand en jy drink nog 'n koppie
tee,dan rond dit die lekker net heerlik af.
nou ja,so 'n halwe dag later is daar' n prys
te betaal !maar wie sal nou stry dat terwyl
ons 'Preparation H' nog by ons het,is al die
smart die moeite werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kerrie
Ring-sting noem my Bokka dit. Solank my bolip nie in sweet uitslaan nie. In hierie land kan jy enige iets kry in spicy of non-spicy.
8 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Die pot kerrie
skaapskenkels en droog - soos wat 'n betaamlike indier maar net kan - en more is hy beter as vandag!
Bring die melk
bring die sand
my lekker bek
is aan die brand!

en more doen ons dit weer
8 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


Kerrie en peri-peri
Nee wat, johnie...vir dae lank kan jy nie sit, die onderstel bly koorsig, verhit....daardie preprationH werk nie, moet heeldag in die badwater sit en bid!
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


yummy!
Hoe honger word ek nou
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud



Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar