Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het nou vasgehaak met die opskrif. In haar huis doen sy die bottel ding – ek moet net die goete reg, en in plek kry.
Die opskrif ?
Jy sal nou-nou sien.
Eerste die botteltjies. Ons het hier die heerlikste winkelkie vir my:
Kitchen Kingdom. Die vrind het alles of kan dit môre oggend net na tien lewer.
Só, is daar botteltjies te kies en te keur en opdat die ingemaakte goed kinders toe gaan, verkies hulle so klein as moontlik. Dus koop ek die 250 gram botteltjie vir so in die lyn van R3.00 stuk. Die kinders bring terug maar op ‘n manier moet ek maar elke jaar aankoop. Die dekseltjies is sommer bokse vol en goedkoop.

Ek het vasgehaak by die opskrif . . .?
Ok. Elke vrou het verskeie resepte boeke. Die goed het sulle se ere plekke. Maar die eintlike een is so ‘n saamgestelde een met uitknipsels en getikte knipsels en plakkers en wat en wat en wat.
Dit is die boek wat sy gebruik.
Wat Huisegenoot se uitsoek-resepte-reeks-boeke in die rak doen.
Wat de Villiers se kook en geniet drie boeke – van die heel eerste uitgawe tot die heel jongste uitgawe doen
Wat . . . . los dit maar. Daar is regtig ‘n ry of twee resepte en kook en wat, en wat, en watse boeke.

“Nita, ek het oor die kerrie boontjies geskryf en nou is daar ‘n versoek vir resep.”
Sy praat nie, staan op en loop haal die resepte boek – die plak boek.

Ek haak vas by die opskrif. . . ?

Kook is alles dieselfde. Hierdie resep is vir beide kerrie bone en kerrie wortels. Vir die bone kom net die uie by. Wortels kry nie uie nie.
Dankie.
Nou is my opskrif reg.

Ek begin met my jop; die skil en dan die sny van die wortels. Ek sny dit met die lang slagmes in lengte.
Eers half. Dan elke helfte kwart. Dan word elke kwart weer gesny. Dit is dus nie te dun nie en nie te dik nie. Baie dik wortels kan maar weer en weer gesny word.
Lengte:
Dan vat ek dit in bondeltjies repe en sny dit in botteltjie breedte.
Dit word dus plat in die botteltjie verpak en uiter aard sal daar kleiner(korter) stukkies ook wees.

Sy gebruik geweegde hoeveelhede van 1.5 kilogram.
(onthou nou, dis of wortel
of vars groen gekerfde boontjies met sy uie saam)

Raait; nou die goete.
Kook die wortel in net genoeg water tot sag
gooi af die water maar hokaai:-
Terwyl die lotte aan die gang is, gaan aan met:

In ‘n mengbak, mix en maak jy aan:
3 koppies suiker
2 eet lepels mostert poeier
2 eetlepels sout
Kwart tee lepel peper
3 koppies wit asyn ( asseblief; Safari se druiwe asyn)
2 eetlepels kerrie poeier – jou smaak

Meng lekker en nadat die water af gegooi is, voeg by die gaar wortel in die kookpot, krap maar die mengbak mooi skoon leeg en kook vir nog ‘n klein rukkie totdat die lot mooi getrou het.

Terwyl dit kook, meng 2 eet lepels mielieblom met bietjie water en voeg by.
Jou neus en oge sal sê die huwelik is suksesvol en verby en bottel dit dan warm.

Uiteraard sal daar sous oorbly. Ek bottel dit in groter bottel en bêre dit maar in yskas.
Kerrie bone en of kerrie wortel word ook maandeliks vars gemaak vir die maandelikse samekoms en groot eet. Die oorblysous kom dan handig in.

Thanks

Willie
2013/11/05



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

My mond water
nou mis ek my ma se kos.
9 maande 4 weke 1 dag 16 ure 16 minute oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar