Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die foon lui. Nog ‘n foon lui en die ander foon lui ook. Ons spring albei tegelyk. Die ding van selfoonkontrakte maak dat fone die hele huis , in elke laai, op elke kas rondlê en almal lui tegelyker-tyd.
Dit is SMS’e. Die SMS’e reën:
“Só en só het van die perd afgeval en sy is buite haarself en praat onsamehagend en ons jaag nou die 100 kilometer na die naaste Hospitaal. Asseblief bid vir die kind dit is ERNSTIG!”

Kort termyn versekering; dit is nou die versekering teen gebeure op, aan, met jou aardse goedere. Jou huis, kar, meubels, selfs toevallighede soos as jou hond my byt terwyl ek op jou versoek by jou kuier.
Wel hierdie mense sal jou eiendom verseker – in terme van vervang, regmaak, uitbetaal teen buite gebeurlikhede.
Alles, op voorwaarde:
Jy moet jou deel ter beskerming, bewaring, voorbehoed en beveilig doen>
Daar is gewoonlik streng voorskrifte op die kontrakte in baie fyn skrif.
Indien jy dáárdie voorgekrewe voorskrifte nie nakom nie, is die waarde en doel van die Polis in gedrang.

Bo en behalwe die Geloofs waarde van hierdie grootste van alle vakansie dae, is hierdie ook die dae waarin ek weer my Koerant koop.
Hierdie is die dae van absolute verspot, waaghals, roekeloos, onverantwoordelik en totaal absurde dinge aanvang. Alles in die “Gees van Kersfees!”

Ek koop die koerant om te sien hoeveel mense gaan op die damme en op die Riviere deur motorboot propellers mincemeat gemaak word.

Eersgenoemde geval is waar en juis.
Maar:
Die perd is semi wild en word net af en toe gery want die plasie is ‘n speel plasie en die meisiekind het sommer die perd gaan staan en bloots ry en die perd skrik vir iets en briek en die ruitertjie ry verder – sweef verder deur die lug.
My Common sence blameer die ouers dat hulle nooit die kind geleer sweef het ook nie. Hulle het nooit die kind geleer om net die armpies wyd te strek, voetjies te bymekaar en dan soos ‘n voëltjie te sweef en saggies te land nie!

Nee. Nou word eenduisend een honderd SMS’e uitgestuur: “Bid vir die kind!”

Ek wil nie God wees nie. Ek wil nie die – even God’s onmoontlike taak - opgelê word om te waak, beskerm, beveilig teen sulke onmoontlikhede nie!

Die Regstelsel is wonderbaarlik gebasseer op dit wat eeue gelede al in die Tien Gebooie vasgevang is.
Die Reg erken nie die term, woord, begrip : “Ongeluk” nie.
Iemand; ‘n mens van vlees en bloed is verantwoordelik!
Klaar.

Dit is waar. Ek wag in hierdie dae voor die kafee vir die koerant. Vele mooie stories is daarin opgesluit!

Wees veilig en kuier verantwoordelik.

Willie F van Tonder
2012/12/24



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Great minds...
Willie, jy vat die woorde so uit my ongebruikte sleutelbord!
Kinders kan nie net een dag per jaar skielik in plaasjapies ontpop nie... dit vat baie gebreekte arms en snye en dorings en nerf-af van kleins af. Die beskermengeltjies moet weet waarvoor hulle moet voorberei, jy kan nie van 'n stads-beskermengel verwag om te weet hoe om 'n val van 'n perd af te versag nie... ;-)
Ek het lekker gelees.
Geseënde Kersfees!
7 jaar 11 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


Dit lui orals...
Lekker lag ek nog 'n slag...
7 jaar 11 maande 1 week 1 dag 13 ure oud


Wees kalm..
Sweef, sê jy?

Ja-nee Willie, ons moet dit maar kalm vat, want sweef is moeilik...
7 jaar 11 maande 1 week 1 dag 13 ure oud



Tong in die kies

deur http://www.woes.co.za/

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar