Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek onderbreek my Sondag-aand riller se skryf om gou hierdie een te vertel
Die opskrif moet eintlik lees:
“Bly uit plekke wat jy nie ken nie!”

Gister, Vrydag het net mooi genoeg van sy eie dinge gehad. Alles moet moes in plek wees vir as die kinders kom kuier.
Wel teen drieuur die middag was alles in plek en selfs die klein potjie kerrie vir aandete was al reg.
Ons sip aan die koffie en sy kyk vir my en ek kyk vir haar en sy besluit:
“Bly sit, ek sit bietjie rys op, dan eet ons en die dag is verby.”
Daar is nog een verlate Black Lable in die yskas en ek skink. Sy hou van bier net só, vir my is dit te bitter, ek maak dit effe soeter met Sprite.
Tjop-tjop is alles verby, “aandete” om vieruur die middag verby, kombuis finis en ek wuif koebaai.
Ek het skryfwerk om te doen en die hobbelperde wat nog afrondings-verf-werk- kort, staan oral. Sy is dus besig en ek verdwyn.

Gou reël:
Moenie skryf as jy nie die vibes het nie!
Ek sit op een wang, verskuif skuins na die ander, maak neus bolletjies, krap kop, staar uit by die venster en sê vir myself; Soos in niks, loop slaat neer en slaap!

Nagdonker maak my oge oop. Die witte plafon verblind my. Vensters is wyd oop maar daar trek nie eers ‘n liggie en ek het nie ‘n clue van hoe laat dit is nie.
Tyd raak my min maar ek wil darem weet en ek word lus.
Die vader weet, ek sien dit swewe in die kamer. Die hele donker kamer is vol van swewende roomyse>
Roomyse in afgrysende formaat van kleur-krul-blink . . .
In cones, in bakkies, in wafers en dit dartel en sweef en verskiet en stop en hang stil en . .
Uitdagend koggel die roomyse my en die foon lui.

Sonder bril kan ek nie sien nie en ek antwoord:
“Ja”
En die Hemele breek oop en die helderste lig omhul alles :
“Slaap jy?”
“Hemel nee, ek word attack deur roomyse!”
“Dis hoekom ek bel, ek is ook lus!”

‘Hou vas, ek kom!”
Ek kry my selfoon en sien die Spar is al toe, dit trek al na tienuur se kant toe.
Sy wag in die deur vir my wat deur die donker aan gekierrie kom>

“ ‘Nita, waar sal ons kry?”
“Kentucky is nog oop en sekerlik McDonalds ook.”
“Ken jy die plekke se roomys”
“Ek weet van dit, almal sinne is dieselfde, nie juis regte roomys nie maar sulke soet skuim in cones; kom ons gaan kyk!”

My bakkie staan sommer by haar sodat ons in die feestyd net een kar hoef op te gebruik en ons ry.
Kentucky is die naaste en ek sukkel bietjie om naby te parkeer want ek wil nie in die kar-tou inval nie omdat ek eers die roomys menue wil bekyk.

Hierdie is die heel eerste keer dat ek en sy binne in Kentucky kom. Dit is nou plekke wat ons nie ondersteun nie. Kits . . . ons twee eet nie kits nie, die naaste is Rio se slap chips en vis maar dit is wragtig skoon, goud olie en netjies.

Die kombuis oorkant die toonbank is ‘n oop plan plek met al die verskillende soorte van braai geriewe, kosmaak geriewe en die mense staan teen die toonbank en ek en sy staan ook en ons kyk op na die prys-prentjie-en-verskeidenheid.
En my hart slaan bolla-ma-gat.
Een hoennerboudjie, sonner die dy, R11.50 !
En ek weet dat ek onder dokter’s behandeling is vir suiker, hartversaking, bloeddruk, menningjaaites, slappilaaites en malaki.
Ek ek sak my oge en ek bekyk die miernes van werkers wat in die oop-plan-kombuis rondskarrel en ek sien een dikke lig die kadot op haar kop en die hande gaan in daardie woeste boskaas in en die vingers soek-voel-krap-woel en ek is seker ek sien in die helder neon ligte sterretjies wat uitspring en hop-hopedie-hop van hangligskerm na hangligkerm vlieg en met ‘n blitsige . . .zzit verdwyn.
En ek sien ‘n ander een se bene is effe moeg en sy leun iewers skuins teen ‘n pilaar en gaap die grootste gaap wat geen seekoei kan nadoen nie al is die chomp ook maar klein en toe kom die nies . . .die nies dat die witwolk die lamplig verduister en . .
En dit is ‘n kakofonie van deurmekaar hol en paartie van lag en gesels en vrolik en die oliereuk en ander reuke verstop hierdie boerseun se neus en . . .
Hier vlak voor my kom een met twee krul roomyse in cones van agter af en die een roomys wil-wil afval en swaai skuins en sy is betyds en druk dit met die kaal neuskrap-pinkie regop. . .

Is jy getroud?
Is julle al redelik lank getroud?
Het julle twee al geleer om met net; na mekaar kyk se kyke te stil-praat?

Ons het, en die kyke sê:
“Hier moet ons fokof!”

Ons is nie afgesit nie en sien McDonalds se ligte brand in die volgende blok en ek ry op haar aanwysings om in die motor-tou in te val want die advertensie bord is glo daar sigbaar en ons ry in die tou en sien nie die bord nie , sien niks nie en ry om die hoek en hier is ‘n venster en daar is niemand.
Ek en sy weet vir ‘n oomblik nie wat nou nie en die gesiggie verskyn en praat:
“j . . .m . . sspiek . . .? . . .? . . .da . . .box!”
Ek kyk vir ‘Nita en sy buk oor my want die venster is aan my kant en sy try:
“We want some ice cream . . “
Sy kry nie kans nie want die swart dame wat ‘n soort Germaanse Grieks sprekend is, het besluit om vir die Wonderlike Feestyd, ‘n kruis Engels te probeer.
“j . ..go back . .j speek jitter box.”
Ek kyk vir Anita en sy kyk vir my en ons twee praat gelyk met mekaar:
“Iets van go back . . .?”
En ons koppe draai 180 grade innie rondte en ons sien net karre en ligte agter ons en voor ons is daar darem niks en dit is net daar en ook omdat ons nie weet wat nou aangaan nie en hoekom ons moet terug gaan en watse boks waar en hoekom is nie en ek hoor net haar woede
“Hey, take your ice cream and stick it !”
Sy mompel iets en beduie met die hand:
“ Kom ons gaan koop chips by die Rio.”

Later, terwyl ons uit die papier op die buite tafel eet, ontsyfer sy:
“Daar is seker iewers ‘n stem-boks waarin jy jou bestelling gee . . .”

Ek worry nie, ek dink net aan een ding.
“Die mense is nogal reguit mense, dink jy sy het ‘n pantie aan, want hoe gaan sy die roomys inkry?”

Wat is lekker?
Wat is lekkerder as lekker?
Spontane saamlag.
Dit is lekkerder as plestiek roomys.


Maar net so vir die wis en onwis:
Kyk bietjie mooi hoe lyk :
1. 'n 500 gram tamatie
2. Hoe moet 'n pot kerriebone lyk!

Willie F van Tonder
2012/12/23




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek is bly
Jy't gery. dog is net ek wat daai bygevoegte waarde by die kos toonbanke raak sien, en die kassiere wat die tille slat en met die vuil geld en goed mens se fresh produce en goed so mishandel.. O neeee daar gaan ek al weer aan die wroeg.
8 jaar 3 weke 3 dae 12 ure oud


Kitskos
He heeeee!! Ek het nou so lekker gelees! Het al 'n paar keer die "black box" mis gery. Mc Donalds en KFC "drive through" is vir my soos 'n Petrol vulstasie. Jy maak vol maar jy weet nie aldag met wat nie en soos jy die sogenaamde kos inryg kry jy meer kilo's op die skaal as energie op 'n liter melkskommel. Nie dat dit my afsit nie.. :)
8 jaar 3 weke 5 dae 8 ure oud


Wegneemwag
Ja, die klomp wat mens moet bedien is genoeg om enigeen se aptyt weg te vat. (En daai Grieks/alien ingels wat hulle dink mens moet verstaan... Ek sê sommer as hulle nie Afrikaans kan praat nie, is hulle seker onwettige immigrante! Soms laat dit hulle tot ander insigte kom)
8 jaar 3 weke 5 dae 22 ure oud


Roomys
Nou net oukersaand ETE gehad en geen kos klink meer lekker nie.....probeer McDonald's se Mcflurry in die Oreo geur....ek's nie lief vir roomys, maar dis nogal baie lekker.
8 jaar 3 weke 6 dae 21 ure oud


Roomys
Lekkerder as roomys, sê jy...

Ja-nee, daardie spontane saamlag is veel lekkerder!

Wow! Tamatie-tamatie, nè?

BTW ek lees jou kommentaar by Carol se bydrae en ek sien jy sukkel met die links op die Internet. Hier is my advies om dit te laat werk sonder om te tik:

@Sneeuwolf: om links te laat werk:

1. Copy die link [selekteer en kleur dit in, dan CTR C]
2. Opsioneel verkieslik: Open 'n nuwe TAB
3. In jou internetadres: Paste [CTR V]
4. QED -- Gedoen sonder om die ding te tik...

['skuus virrie Ingels]
8 jaar 4 weke 7 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar