Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Katte mense
Honde mense
Voëltjie mense
Butterfly mense

Mense en diere is sinoniem. Mense sinoniem met diere en die Natuur en veral met die diere, goggas en goete uit die Natuur.
Ek is ‘n diermens. Ek is nie ‘n katmens nie.

Vele jare gelede, in ons jonger en meer kuierige dae, kuier ons honderd en sewentig kilometer vêr by mense op ‘n plaas en so ‘n grou kat kom die sitkamer binne en kom prrrrr en vervryf homself teen my bene en die kat gaan verder - heel verder . . .
Dit spring op die bank en dit kom prrrrrr en vryf hier teen my sy en dit gaan nog ‘n slag verder . . .
Dit klim op my skoot en maak homself tuis en prrrrrr en krul op bo-op my skoot en ek gril gladnie ( vir eers nie) maar, weens my onlief vir katte, begint ek later wel gril en ek wil graag . . . maar huiwer om wreed te wees in die teenswoordigheid van die vriend en vriendin en ek wil op my graagste die kat in sy se moer in van my skoot af te skiet . . .
En nie wat of waar of wanneer nie, of die vriendin reken:
“Willie, die kat lief jou en jy moet dit maar saam neem – sy naam is Sarel.”

Met die vertrekslag vergeet ek aspris van Sarel maar vriendin onthou en tel vir Sarel op waar dit saam wandel na die kar toe met die koebaai:
“Wille dê, vat vir Sarel saam, kyk hoe graag wil hy saam ry . . .”

Ek belowe ek was by die huis heel kontant met die kat en het selfs ‘n eet bakkie loop koop en van die kosbare melk uit die yskas gedeel met Sarel maar Sarel het dwarsdeur my gekyk en my hart raak gekyk en - glo vir my, op dag drie is Sarel weg en ek is bly.

Ek het wel straat op en straat af gery met my oge stipstyf gerig op die teerpad – deeglik gerig met ‘n kyk wat soek –
‘n Kyk wat soek na ‘n plat kat.
Onsuksesvol.
Ek het ook vir twee dae geloop. Op die sypaadjie geloop die hele buurt deur en in die erwe in gekyk – op die lawn van die erwe gekyk en ook in die oop blaffende bekke van die honde in gekyk op soek na kat hare.
Niks.

Tien dae ( of wanneer ) later kom die telefoon oproep.
Dit was ‘n langafstand oproep.
Die oproep was van honderd-en-sewentig kilometer vêr en dit was vriendin:
“Willie, hoekom soek jy rond?”
“Vriendin, vir wat sal ek nou staan en rondsoek?”
“Ek weet jy soek rond – jy soek na Sarel.”
Ek lieg.
“Snaaks dat jy vra – ek dink nogal dat Sarel die buurt gaan verken het op soek vir ‘n maatjie . . .”
Sy praat waar:
“Hou op om te soek , Sarel het binne-in jou in gekyk en jou hart raak gesien –
Hy dink nie jou hart is reg vir hom nie – hy is pootseer maar lê rustig en prrrrrrr hier op die bank.”

2015/02/21



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lief
Flippit ja, hulle se mos katte trek nie maklik nie. Jislaaik kan jy dit glo?
5 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


***
Seker duim gegooi :)
5 jaar 11 maande 21 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar