Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Mediese Wetenskap, in al sy wonderlikheid, het ook sy beperking
Daar is nog een pil wat op die mark moet kom
Domgeit. ʼn Pil daarteen.
Ek het wel ʼn ompad gekry om my in my domgeit uit te help.

In my aktiewe lewe het ek ʼn Ingenieurs Bedryf gehad. Indien ek iets wil maak, vat ek die werkstuk, loop na ʼn draaibank en begin. Sommer spoedig sal ʼn ambagsman my kom wegdruk:
“Oom, staan opsy, jy weet niks nie, ek sal jou help.”
Siedaar, my domgeit is iets van die verlede.

Dwarsdeur die lewe bestaan dit. Die een Spesialis is net beter as die ander. Meer kreatief, vaardiger, fyner, meer akkuraat.
Die een Wetenskaplike is net beter as die ander. Dink net wyer, sien moontlikhede wat die ander nie sien nie.

Op alle gebiede is daar altyd die beter een. Behalwe op een gebied.
Die Opvoedkunde. Dit is ʼn veld wat braak lê met onbekende dieptes. Dit is ʼn veld waar reëls en definisies net nie neergelê kán word nie.
Die werking van die menslike brein bly ʼn duisternis. Slegs basiese funksies en riglyne is Medies bepaalbaar. Die res is nag.
Selfs die werking van die menslike liggaam is ʼn duisternis. Medikasie wat vir die een help, het geen resultaat op die ander een nie.
Almal ken die Praktisyn se woorde:
“Ek skryf hierdie vir jou voor. Gaan voltooi die kursus en kom terug.”
Die Praktisyn weet. Hy het moontlik hier te doen met ʼn brein en ʼn liggaam. Nou is dit ʼn patat.

Terug na Opvoedkunde. Hierin lê vele vak rigtings.
Ek bepaal my vir eers net by die een:
Geskiedenis.
Dit het waarde. Wat my aan betref, net vir ʼn uiters klein groep van die bevolking.
Vir my het die Geskiedenis geen, totaal geen waarde nie.
Eerstens betwyfel ek die absolute presiese waarheid daarvan soos wat dit in ʼn Hof bewys is.
Ek stel dit anders. Daar is onmiddellik ʼn leemte sodra oorvertelling en of oorskrywing plaasgevind het.
Die mens verdraai, het eie sentiment en lieg.
Die grootste hedendaagse lieg:
Die Maanlanding by voorbeeld. Dit is onmoontlik. Buite die Aarde se stratosfeer kan geen plant, organisme of mens, lewe nie. Yster, spesiale plastiek en ander stowwe wel.
Dit is maar sowat 50 kilometer hoog. Waar lê die Maan?
Tweedens en ook die belangrikste. Hoe raak blote kennis van die verlede my daaglikse lewe? Die miljoene op straat is nie gepla nie.

Die tweede vak rigting is die Letterkunde:
Hier haak ek vas.
Duisende skryf. Weergee hulle lewe, emosies, drange, behoeftes, sommer ʼn klomp goed in die vorm van gedigte, stories, artikels, rubrieke ensovoorts.
Elkeen op sy eie manier met woorde, dialoog, vorm en manier van skryf.
Is daar ʼn bewese reël?
In my stupidgeit reken ek dat die wenner van ʼn kompetisie se manier van doen, ʼn maatstaf behoort te wees.

Ek skryf, soos duisende ander, in vir ʼn kompetisie. Net ʼn paar woorde wat sal gebruik word vir ʼn etiket op ʼn wyn bottel. Die onderwerp:
Groen. Bewaar ons natuur.
Hel, ek dink. Hoe gaan ek smeek dat jy nie die olifant of renoster of wat ook al moet doodmaak nie.
Ek ween my weemoedigste ween. Smeek my knieg deur. Baie ander doen dit ook.
Dom. Onnosel. Stupid.
Vergeet die belangrikste: Die sponser wil darem sy dop ook verkoop.
Wie wen?
Die ou wat sy heildronk instel deur sy glas te klink teen die angel van ʼn Skerpioen.
Sien wat ek bedoel?

Ek skryf ʼn storie, stuur dit na ʼn tydskrif: “Vir u oorweging asseblief.”
Verstaan mooi. Ek is ʼn niks. Geen Akademiese agtergrond nie. Geen opleiding. Geen selfbeeld. Geen niks. Slegs: “Oupa, vertel my ʼn storie.”
Die antwoord kom terug: “Jou dialoog laat veel te wense oor. Die storie is aanvaarbaar, maar nie vir plasing nie.”

Dit raak my niks nie. Ek kry my kieks in die vertel, in die skryf, in die ontspanning.
Tog. Ek bedoel, enige iemand sal wil weet.
Ek begin vra. Gaan staan op die hoek by die Mall. Baie mense verby. In my hand het ek ʼn tydskrif. Die besondere tydskrif.
“Dame/meneer/ dogter/ seun, koop jy die tydskrif?”
Omtrent tien persent koop dit. Indien hy dit koop, kap ek hom/haar:
“Lees jy die verhale in die tydskrif?
Minder as vyftien persent lees die kortverhaal/vervolgverhaal.
Hulle lees wel die aktuele goed en snaaks genoeg, bestudeer selfs die advertensies.
Vyf en sewentig persent van die mense wat nie die verhale lees nie, antwoord:
“ Lees moeilik, is nie interessant nie, wek nie my belangstelling nie,” ensovoorts. Die res antwoord: “Sommer nie.”
By hulle moet ek maar tot my eie gevolgtrekking kom.

Besef die Uitgewers nie die impak nie?
Die verkoopsyfers van boeke is onrusbarend.
Wanneer gaan ʼn Uitgewer net bietjie anders begin dink?
Daar is nie ʼn pil nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

KLAP!
Ek soek weer altyd graag die kortverhale om gou-gou te lees en kla altyd dat dit tot niet gegaan het. Die enkeles wat daar is, laat veel te wense oor. Nou weet ek hoekom! Dis omdat daai pil nognie ontdek is sodat die uitgewers dit kan begin gebruik nie!
8 jaar 10 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


O
Bravo .... die "proof" is tog in wie dit geniet en hoeveel dit lees ... nie net in die literere wonderwerk wat geskep word nie ...geen argument... ons het ons literere reuse nodig en bejeen hulle met aanbidding ... maar nouja .... gewone mense wil ook gewone goed lees en verstaan en geniet :-)
8 jaar 10 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


KLAP
Jy vat die vrae uit my eie mond. Iemand moet werk aan daai pil, Asseblief tog! Ek het dit self nodig. Hoe meer ek leer en uitvind, hoe dommer word ek.
8 jaar 10 maande 1 week 4 dae 20 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar