Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kleinkind mannewales.
Ons kleindogter is nou twee en ‘n half jaar oud en kan nie ‘n R se nie. Een Sondagoggend kom klim sy by oumie en oupie in die bed en oupie vertel vir haar Donkie se Jesus storie. Na so ‘n rukkie gee sy een lang gaap, so om te se oupie se storie is vervelig. Ek vra haar of oupie verder moet vertel, maar sy skud die koppie heftig nee en se net ”lekkes”. Oupie se nee dis nog te vroeg en oupie het in elk geval nie nou geld vir lekkers nie. Sy spring op en verdwyn uit die kamer en kom terug met ‘n vyf sent wat ek nie weet waar sy dit gekry het nie en ‘n klere kaartjie wat mens aftrek van nuwe klere en gee vir my die klere kaartjie en se “ketkaat”. Sy het doodseker gemaak dat as die vyf sent nie genoeg is vir lekkers nie dat ek op die “ketkaat” lekkers kan koop.
Wat ek wil se is kinders word deesdae gebrore met kredietkaarte en selfone. So pasop vir al die skuld wat hulle kan aangaan en dan moet oupie en oumie dit dalk betaal. HA ha.
Sy het ook haar eie perfekte verkorte naampie vir cookie cup cakes. Hulle is sommer eenvoudig net “kuk cackes”. Hulle word kamtig denkbeeldig in haar pottie aangemaak en dan moet jy natuurlik ook denkbeeldig van die perfekte "kuk cackes" saam met haar eet en maak asof dit baie heerlik smaak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Kinder
Ja-nee, daardie poplap weet al klaar hoe om inkopies te doen!
6 jaar 2 maande 3 dae 4 ure oud


Uit die mond van die suigeling...
Ja-nee, ek kan sien daai is 'n slimkoppie. Pragtig!
6 jaar 2 maande 5 dae 1 uur oud


Perfek
En hulle is so perfek geskep om net lief te he, oulike vertelling :)
6 jaar 2 maande 6 dae 16 ure oud


Kleinkinders
Myne is ook nou 2 en n half en hulle is nou op die kostelikste stadium. Dankie Schatz vir jou kostelike deel
6 jaar 2 maande 6 dae 16 ure oud


---
** MWAH **

Jou gorrel`stukkie laat 'n mens se hart soos botter op roosterbrood smelt. Daai seuntjie van ons ook .. sê 'L' ipv 'R' en cup`cakes is hier cuppy`cakes (",)

Dankie tog ek het nie 'n 'ketkaart' nie want dan sal hy die oorsaak wees dat ek agter tralies moet gaan sit. hahahaha

Dankie vir die stukkie lekker lees!
6 jaar 2 maande 1 week 10 ure oud


kleinkinders
Lekker gelees dankie ja hulle vrolik darem mens se dag op.
6 jaar 2 maande 1 week 11 ure oud


kleinkinder
my ouma het altyd gese... Klein kinders is jou geskenk van God omdat jy nie jou tieners vermoor het nie.... hierdie is so dierbaar.. jammer hulle word so gou groot!!! pragtig vertel Schatz
6 jaar 2 maande 1 week 12 ure oud



Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar