Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voorskrif
Stuur die kinders eers katel toe.

Dana Snyman loop voor met die oplossing vir skrywers leegte. Die reël in die lewe is, om by te bly, om in pas met die lewe te bly – loop dan saam met die voorlopers.

Dana se gunsteling is om julle – sy gulsige lesers - op toer te neem. Ek loop voor saam met hom en nooi julle om terug te sit, draai die klank van die TV maar harder en geniet saam met my hierdie visuele toer.

Net buitekant Potch split ons paaie en ons gaan in verskillende rigtings en ek draai die Isuzu se neus na die Oos Vrystaat se kant toe.

In enige handeling moet daar ‘n doel wees, ‘n rede en myne is om te gaan kyk welke hek is oopgelaat waar hierdie skielike koue vandaan kom.

My oorle ma se woorde was altyd “sit terug daardie plank in die gat – jy is nie in ‘n kakhuis gebore nie !” Daar is dus mense wat in so ‘n plek gebore is – dis die mense wat nie ‘n hek of ‘n plank, agter hulle kan toemaak nie.
Hierdie opmerking laat my dadelik vreemde gedagtes koester. Ek vind dit moeilik om te verstaan hoe loop mens deur ‘n deur. Wanneer is deur, deur en dan draai ek dadelik die glas van die motor toe. Die yswindjie is snerpend.
Iets moet nog uitgevind word – ander name vir goeters.
Byvoorbeeld die ding van vensters en deure. Die huis het glase waardeur jy kan sien na buite.
Die mens se oë is vensters waardeur ek kan sien na wat binne jou aangaan.
Jou oë kan nie glase wees nie –
Jou oë word glase wanneer die lewe jou verlaat; dan kan ek nie meer na binne jou kyk nie – alles is dan dof en windscreen wipers sal ook nie help nie – jou oë bly maar dof as die dood oorvat.

Wel, op hierdie trant, met my gedagtes effe (deur-) mekaar (?) druk ek maar die bakkie se lepel effe dieper in want hierdie koue kan mense doodmaak en daai oopgelate hekke moet toekom. En ek sien die meter wat die stand van hoeveel diesel in die tenk is aandui, die sak vinniger as gewoon en ek weet dat dit die koue stormsterk wind uit die Noord-Ooste is wat die bakkie briek.
Op hierdie trant gaan die pad onder my verby en sing en swaai en draai en koes ek om die vreeslike slaggate te verby.

Die enigste Stad wat ek tans moes deur (?) was die geweldige konglomeraat van ‘n massiewe Kroonstad daar op die walle van die oorstroomde Valsrivier – pragtig kapoen kleurig ( dis nou tussen kak en pampoen) soos stront en water gemeng se kleur maar is, en ek beur aan die Vrystaatvlaktes deur(?- is nou genoeg) en ek sien die mense daar het gehoor van mielies daar uit die Transvaalse kant want hulle plant mielies en plant ook so neffens die pad die duidelike kennisgewing bord op die paaltjie wat skreiend na bowe roep:
“Dis mos mielies!”

Wanneer mens toer moet jy nooit haastag wees nie en ek stadiger om die mielies te bekyk. Dit is ook goed so om dit te tel, dan kan ‘n oes skatting gemaak word en ek tel.
Om mooi te tel en reg te tel en raak te tel wys ek die vier vingers na die land met mielies en ek tel:
Vier . . . .
Ek maak seker en ek wys met die vier vingers en ek tel:
Vier . . .
En ek is seker. Daar is vier mielies op hierdie land maar ek merk op dat tussen die vier mielies het net drie van hulle mieliekoppe aan.
En ek is dankbaar.
Hier, op hierrie vlaktes loop daai klein-oortjie popjane en hulle laat vir hierdie boer darem genadiglik drie mieliekoppe oor om te oes en ek steek aan – vorentoe want my diesel wyser se naald sak na die E se kant toe.
Hulle het my geleer die E staan vir Enough – daar is nog genoeg oor tot by die naaste pomp en ek is sommer honger ook.

Die bordjie langes die pad wys sy pyltjie na regs en die geskryf sê : Senekal en ek draai regs en die pad kronkel deur die Vrystaatvlaktes om miershope ongeskonde te laat.
Die manne van die Vrystaatpadmakers maak paaie om die miershope maar deur water-opvang-gate. Jy kom dus met ‘n gewaste kar by jou bestemming en toe die hoenner voor my opvlieg, toe weet ek, ek moet nou mooi kyk want hierdie moet beslis die stad Senekal wees en ek sien ook die plekkie met die sinkdak stoepie en die bordjie wat sê:
“ Tante Nella se Bed & Brekfis”

Net oorkant die pad sien ek die man met die Rastefariese haarstyl en hy sit op ‘n blik langs ‘n vier-en-veertig gelling drom en op die drom het met wit kryt geskryf:
Vrystaat Diesel.
En ek los die bakkie dat hy kan volmaak en ek loop oor die sandpad Tant Nella se Bed en brekfis binne.

Die dik tante is baie vriendelik en wil weet van die familie en die vrou – sy vra drie vier keer na “die vrou” – en sy kan skynbaar nie glo ek het nie ‘n vrou nie en ek het ook nie tyd om mense saam met my te sleep nie want ek stoot aan om die gat te kry waar die koue uitkom en toe ek so van stoot praat toe maak sy blinkogies en lywig sjarmant die boonste knoop van haar rok los en ek verseg en wys haar : “ Tante , bring maar die spyskaart” en ek ignoreer haar verdere kontant praatjies en ek druk my vinger op die gereg teen afslag prys:
Senekal se Mix Grill . . . . $10.ØØ en ek verstaan.
En die spyskaart gee die resep ook sommer onder aan want tante Nella cater eintlik vir uitlanders wat met die busse daar stop.
Pap:
1 koppie Oom Paul growwe meel
(Tiger se braaipap is ook Okei – reken die tante op my navraag)
6 koppies water
2 T lepels sout – gelyk vol.
1 eetlepel botter
Metode:
Kook water, botter en sout en sodra dit kook, roer die meel in en bly roer, en aanhou roer en moenie-stop-nie-roer totdat die pap dik melkerig is en sit af die plaat en los vir 15 minute.
Gaan haal dan drie mondige hoenner henne buite uit die draadhok en masseer haar leg stadig en sagkens – semi moederlik - totdat elkeen ‘n eier gepasseer het. Dit sal dubbel dore wees en bak die eiers op ‘n matige warm plaat tot sonkant-bo net-net gaar.

Vir die afspoel het die tante varsgemaalde gatwortel uit neefgoed Swanevelder se kruie tuin, bedien in ‘n platboom erde kommekie met prentjie op van ‘n groot uier koeitjie wat oor die maan spring.
In die Transvaal ken die mense nie die soort koffie nie – daar koop hulle sommer Riccofy by die Spar en tante knoop maar – heel teleurgesteld - weer die bo-rok toe.

Teen hierdie tyd het die kleinman buite vyf-en-veertig twee lieter plestiek bekers diesel uit die drom geskep en met ‘n tregter die Isuzu se tenk weer opgevul en ek kibbel bietjie oor die dure dollar prys maar ek wil aanstoot en mors nie verder tyd nie maar draai die wiele terug vanwaar ek gekom het en stoot aan al agter hierdie koue aan.

Dis toe ek die Drakensberge in die verte sien – toe moet ek mooi kyk. Op die oog af het dit soos wolke gelyk maar soos ek naderkom weet ek dis nie wolke nie dit is witte sneeu wat ook teen hierdie tyd op die Isuzu se voorruit begin pak.

En op so ‘n wegbreek parkeer punt stop ek die Isuzu en ek verwonder my.
Ek verwonder en bespyt my oor Mandela se voortydige oorlye want hier speel die mooiste Nuwe Suid-Afrika toneel voor my af.
‘n Hele klomp pikgietswart Suid-Afrikanertjies speel met die spierwitte sneeu en maak vir hulle spierwitte sneeumannetjies en lag te heerlik.

My gedagtes hardloop in vertwyfeling oor reg en verkeerd, reg en onreg en ek vra myself die vraag:
Kon die sneeumaker nie maar gedink het aan swart sneeu ook nie ?

Ek verwonder myself nie verder nie en stoot aan oor die berg en steeds kom die koue en ek weet die oop hek moet vorentoe wees en ek weet nie meer nie want die skrywers doodloop is alweer daar.

Dit is so met alle reisverhale – dit eindig stomp en oninteressant met net ‘n lys van dankie sê en telefoon nommers van aandoen plekke en net daar draai ek om gaan terug huis toe en laai vir Anita op en ek druk die Isuzu se neus Noord, reguit Pretoria toe; ek wil gaan kyk hoe gaan dit dit met die kleintjies.

Ek rapporteer net dat alles gaan goed en Christelle wil nie meer swing ry nie en kleine Anita eet al haar kos want sy maak dit self – soos die foto‘s wys en Die aand treat ek almal op die heerlike resep wat Kiekies vir my gestuur het.
Haar verblyf in Malawi in die bosse en die afwesigheid van ‘n Spar en ‘n Wollies en ‘n Checkers het haar hierdie heerlike resep laat uit dink. Dit is wat beskikbaar is.
Vis uit die grote Malawi meer en hoenners wat oral rond hardloop en sy noem die gereg ook:
Heerlike gerookte vis en hoenner resep.

Groetnis

Willie
2014/06/06
P/s:
Die foto’s is self verklarend.
Klein Anita het ons genooi om haar swemklas by te woon.
Dit was heerlik.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toer
So kan iemand my toe darem ook vertel hoe word dubbel-dore geprakseer. Dis nogal iets wat ek gereeld oopkap hier, as ek Donna's XL eiers gekoop het.
Ek is so bly jy het daai gerookte hoennertjie geniet en dat ek toe weer vir jou ook ietsie kon leer.
En ja, as mens swart ryp, kry moet daar mos swart sneeu ook iewers val.
Laat weet as jy weer pad vat, ek gaat saam!
5 jaar 10 maande 1 uur oud


toer
Willie dit was nou n heerlike toer saam met jou
5 jaar 10 maande 10 ure oud


***
Lekker getoer DEUR die winterlandskap. Hoop die swembad is verhit...

Gerookte vis en hoenner, seg jy...
5 jaar 10 maande 23 ure oud



Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar