Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer kommentaar gelewer word en 'n mens druk "Enter" om na 'n volgende paragraaf te gaan, dan word dit nie so vertoon nie.

Om dit reg te kry moet 'n mens gebruik maak van HTML-kodes. Die feit dat Woes se artikels en kommentare hierdie kodes verstaan, plaas sommer 'n hele reeks moontlikhede in jou arsenaal.

Byvoorbeeld om na 'n nuwe lyn te gaan, tik <br>

Om 'n woord in vetgedrukte karakters te vertoon, tik <b> voor die woord en dan </b> na die woord. Die eerste kode skakel dus vetgedrukte karakters aan en die tweede skakel dit weer af.
bv. Die <b>woord</b> sal vetgedruk wees.

Hier word die bo-genoemde twee saamgevat, en 'n aantal ander word sommer bygevoeg:

nuwe lyn: <br>
vetgedruk: <b> en </b>
kursief: <i> en </i>
understreep: <u> en </u>

kleur: <font color="red"> en </font>
grootte: <font size="+1"> en </font>

Daar is nog 'n paar ander kodes, maar dit sal nie noodwendig sinvolle resultaat oplewer nie.

Met die artikel gepubliseer, gaan ek daarna kommentaar lewer en dan die verskillende kodes demonstreer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar: Formatering en spasiëring
Baie dankie: dis nuttige inligting!
8 jaar 5 maande 14 ure oud


Ook gedigte?
Stelle ek weet nie, ek het nog nie daar probeer nie.

Jy kan dit probeer en dan op die voorskou sien of dit werk of nie.

As dit nie werk nie, kan dit net weer uitgevee word.

Eksperimenteer.
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Haastige hond verbrand sy mond
vetgedruk het ek reeds in die artikel gedemonstreer

en kursiewe karakters volg dan maklik.

Die understreep wat eintlik onderstreep moes wees.

Die laaste verwysing is na HTML Color Names
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Resultaat (soos belowe)
Ja, so om na 'n nuwe lyn te gaan tik ek <br>
en daar gebeur dit toe.

<b>vetgedruk</b> het ek reeds in die artikel gedemonstreer

en <i>kursiewe</i> karakters volg dan maklik.

Die <u>understreep</u> wat eintlik <u>onderstreep</u> moes wees.

Om kleur by te voeg kan die (Engelse) kleure black, red, green, blue, yellow, ">cyan, magenta, gray en white

Trouens daar is 17 standaard name en 216 verskillende kleure wat gebruik kan word. Dit kan by HTML Colors en gesien en bestudeer word.

Die grootte kan dan natuurlik ook verstel word.

8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar