Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Op versoek van Kiekies skryf ek gou 'n gorrel oor my bundel tot sover. Ek vertel maar hoe ek dit gedoen het, dalk help dit iemand anders. Ek het basies begin deur 'n hele klomp dom vrae vir 'n paar mense te vra.

Een van die eerste dinge wat ek gedoen het, nadat ek besluit het om die bundel aanmekaar te sit, was om vir vyf Woesvriende wat my gereeld aangemoedig het, te vra om vir my resensies te skryf. Intussen was ek en Corina Becker doenig met my voorblad, aangesien sy byna twee jaar gelede al aangebied het om eendag my bundel se omslag te skilder. Ek het reeds in Mei vanjaar vir Ilette by Groep7 gekontak om navrae te doen omtrent die boekomslag en om myself bekend te stel.

Deur die verloop van Juniemaand het ek geworstel met die ontwerp van die omslag. Ek het 'n pragtige skildery gehad, maar nie geweet hoe om dit aan te wend nie. Groep7 het gister vir my 'n voorstel gestuur waarmee ek baie gelukkig is en ek laai die foto op, indien julle wil kyk.

Juliemaand het ek gebruik om my gedigte weer deur te lees en hier en daar regstellings te maak. Ek het ook my bundel beplan, dit in drie afdelings verdeel en besluit watter gedigte waar hoort, en ook min of meer in watter volgorde. Hierdie manuskrip het ek vroeg Augustus vir Groep7 gestuur.

Hierna het Ilette vir my twee vorms gestuur om in te vul en addisionele inligting waarvan ek moes kennis neem. Op hierdie stadium het sy ook vir my die voorlopige kwotasie gegee. (Noem aan haar dat jy deel van die WOES skryf WOES projek is, anders sal sy dit dalk nie besef nie.)

Die volgende stap was om die resensies, erkennings, voorwoord, biografie ens. in orde te kry en vir hulle te stuur. Ek verwag om môre 'n pdf te ontvang van my bundel om seker te maak dat die bladuitleg korrek is. Indien wel, word daar dadelik 'n proefboek gedruk en indien ek daarmee tevrede is, word die bundels gedruk. Dus, dit behoort binnekort afgehandel te wees :-)

Die hele proses was nie altyd vir my maklik nie, maar gelukkig was 80% van my gedigte reeds geskryf toe die projek begin het. Die feit dat ek baie moeite doen voor ek 'n gedig op Woes plaas, het ontsettend baie gehelp, want ek het nie nodig gehad om baie verstellings te maak nie. Om die projek aan te pak as deel van 'n groep was ook 'n reuse pluspunt. Die aanmoediging wat ons gekry het vanaf die projekleier en mede Woesters was van onskatbare waarde.

Ek is nou baie bly dat ek deelgeneem het aan die projek. Ek WEET dat ek dit nooit andersinds sou gedoen het nie. So, baie dankie vir hierdie wonderlike geleentheid wat Woes aan ons gebied het.

As ek net twee wenke kan uitsonder wat baie sal help indien jy oorweeg om 'n bundel te publiseer is dit die volgende:
1. Probeer jou bydraes op Woes so perfek moontlik kry voor jy dit plaas. Dan is 90% van die werk afgehandel teen die tyd wat jy besluit om te publiseer.
2. Doen dit as deel van so 'n spanpoging soos WOES skryf WOES. Dit het beslis vir my gewerk :-)




C. Shaw
18 Augustus 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bundel
Baie geluk Viooltjie, jou titel en omslag is pragtig-treffend en jou werk is altyd uitstaande. Jy kan werklik baie trots voel op al jou arbeid. Dankie ook vir die inligting.
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


.
PRAGTIG.
(onthou, ek soek twee, nê!)

Kan nie wag nie.
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


(tot sover)
Sterkte op die pad van sukses.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae oud


Kopermaan
n groot WOW vir jou omslag!!! En baie geluk met jou bundel Carma.. ek glo dit gaan n topverkoper wees.. jy is n ware woordmeester!
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


Bundel
As ek al ooit 'n PERFEKTE boekomslag gesien het, dan is dit hierdie een van jou bundel. Perfekte agtergrond,perfekte titel, perfekte geskrif deur Rudie, perfekte skildery wat uitroep: Viooltjie se werk EN natuurlik al die perfekte gedigte binne-in.

Baie dankie vir hierdie praktiese uiteensetting van jou persoonlike reis tot by die drukkers en jou gepubliseerde bundel.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


die weervoorspelling
BY voorbaat geluk met jou bundel.een bundle wat ek beslis wil he.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


kopermaan
Mal oor jou omslag dis treffend. Hierdie glo ek gaan 'n topverkoper wees. Ja dis ongelooflik baie werk om alles in plek en perfek te kry maar daarna pluk mens die vrugte. Sterkte en mag jy platinum bereik.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Kopermaan
Dit is 'n pragtige omslag. Ek weet sommer dat die bundel gaan goed doen. Dankie vir al jou hulp en bystand en ek wens jou voorspoed toe.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


kopermaan
daar is niks soos die innerlike vrede wanneer jou eerste boek verskyn nie. baie geluk en sterkte Carma
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Kopermaan
Net sukses en weer nog meer sukses met jou bundel. Ky KAN en MAG maar!!!!
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


Voorspoed!
Ek hoop die belangrikste deel van die projek, die verspreiding en verkope verloop ook goed.
4 jaar 9 maande 2 weke oud


Kopermaan . . .
Dankie dat ek so bevoorreg kon wees om 'n klein-klein deeltjie te kon hê aan jou pragtige projek . . .

BAIE GELUK!
4 jaar 9 maande 2 weke oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar