Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit laat my dink –
Bekende woorde nê ?

Die dink gaan terug na die polisieman en die ou wat nie so lekker is nie:
Die polisieman bekyk die man se loop; die ou loop met sy een voet in die gutter en die ander voet op die sypaadjie.
Polisieman is ‘n genadige man:
“Oompie, kom ek help –“
En hy lig die oompie aan die skouer en sit hom met altwee voete op die sypaadjie.
“Loop nou maar verder oompie . . .”
En die oompie loop en stop en loop en stop en hy kyk af na sy voete en draai om en wuif vir die polisieman:
“Hel, dankie konstabel, ek het regtig gedink ek is krippel!”

Ek is ook deesdae krippel >

Oud . . .
“Jy word nou oud . . . “
Hoe oud is oud ?

Ek gaan nou na 74 toe - is ek oud ?
Vic gaan na 81 toe – is hy oud ?
Piet Esterhuizen trippel die staal trappe op na die Virgin Active Gym op die boonste vloer en hy gooi ysters rond en die Spur hier onder waar ons sit en koffie drink, dit bewe so dat die melk skoon uit my koffie seperate!
Piet is 96 – is Piet oud?
Oud is ‘n relatiewe begrip . . .
Dr Von Vollenhoven met die Robot operasie masjien vir prostaat operasies in die Paarl Medi-Clinic praat gister oor inkontinensie – ek hoop dis die woord vir slappielaaites.
Maar nooit nie praat hy van ‘oud’ nie.

Oom Jannie – soos alle mense in die herfs jare het sulke waterige-pis ogies soos ‘n fonteinparra . . .
Ek ook.

Dis die kalk.

Die lewe :-
Jy word gebore en jy groei
Jy stagneer en jy enjoy
Dit stop; jou joppie is voltooi en die abreek begint.
Heel eerste begint dit met die harde goete soos tanne en bene. Dit word sagter en val uit of die acids van die liggaam breek dit af soos in verkalking en die kalk word op die natuurlike uitskei funksies uitgewerp en ook . . .

Moet nooit naby my sit nie !!
Bly verder as ‘n armlengte weg want ek klap onverwags.
Jip ek klap vinnig, hard en met spoed en onverwags –
Want die vlieë . . .
Die vlieë dit omsingel my en wil my net attack en dan klap ek die goed!

Dis nie vlieë nie, dis die Makula wat verkalk en dan kom die trane en die trane stoot die kalkstukkies vorentoe en ek huil die kalk uit sonder hartseer en dan sien ek die talle kalk satelliete so rondsweef en dan sien ek dis vliegge en ek klap dit so in die verby vlieg!

Sien waar kom die pis-ogies soos ‘n fonteinparra vandaan?

Maar . . .
Ewe lank (of kort . . . Kort ? . . .Whaaaaa . . Ek handhaaf liewer my swyg reg! )

Bene is ewe lank – arms is ewe lank
...............................
P/S
Dis hoekom ek my breimasjiene weg gepak het.
Ek brei truie vir die hele gesin ; Man, vrou en kinders vir almal ewe kleur en ek kan meet – veral arm lengte.
Die bestellings stroom in en ek meet en brei raglynn en dis net pante waar jy kyk op Anita se bed en sy kom van die werk af en sy werk die pante aan mekaar
{ Anita werk – sy werk nog altyd en sy hou aan werk en sy is die brood winner . . .}
Dan
Dan kom die aanpas slag en die mense pas aan en as ek sê “petaal my!”
Dan
Dan briek die man of die vrou ( hulle spreek af) en die arms word uitgestoot – die een arm effe meer as die ander arm –
“Willie, is die mou nie effe langer as die ander een nie . . . ?”

Ek is ‘n van Donder dan praat ek Afrikaans en toe seg Anita later “Willie, pak liewer weg die breimasjien, jou sonde uitveër gaan opraak – ek sal maar liewer loop werk vir geld.”
.......................................
Nou wil ek by die punt uitkom want ek moet spring – Anita voer my waterpille vir hartversaking kamtig en ek moet vinnig spring want die brieke is ook al kondem en ek moet die tweezer loop soek want ek vergeet altyd waar ek dit gelos het maar ek gaan vergeet wat ek vir julle wou vertel dus moet ek nou by die punt kom voordat my blaas bars >

Ysters.
Die Wetenskap is nie op koers nie. Hulle neuk in die ruimte rond pleks dat hulle werk aan die lewe . . .
..................................
P/S 2.
Ek het vergeet. Ek trek my woorde in ‘n vorige skrywe terug – hulle het nog ‘n Aarde in ons sterrestelsel ontdek; pas gelede. Ek hou julle op hoogte !
.................................
Saak nie maak nie.
Ek het huweliksmoeilikheid.
Nie oor Nig Saartjie nie – nee, Anita worrie nie oor Nig Saartjie en ek nie want sy ken van inkontinensie en sy sê “ speel maar julle huis-huis – moet dit net nie begint geniet nie!”

Die moeilikheid gaan oor die vloer –
Jip, die verdomde blokkiesvloer – en glo vir my; ek is krippel . . .
Vroeg oggend pak ek die kombuis reg en sy kom in met onweer op haar mooie gelaat:
(‘n Mooi vrou is ‘n vrou wat mooi is as sy wakker word . . .)
“Moet nooit . . .
Moet nooit weer vir my koffie na die kamer bring nie !
Nooit weer nie . . !”
“ ‘nita . . .”
“Willie dis nie lekker om ‘n ry stort koffie op te droog as ek opstaan nie !”

Die die punt van hierdie hele lange brief -
Ek word krippel
Want
My bene word mos korter ( soos alles maar korter word)
Maar
Daar is ysters in die een been waar hulle dit gelas het en die Wetenskap het nie ysters gemaak wat in ritme saam met die been korter word nie nou loop ek met haar oggendkoffie stort-stort die gang af oorlat ek ook moet spring vir die waterwerke en daar is nie tyd om nog te soek na ‘n skinkbord nie . . .

Langbeen-kortbeen-langbeen-kortbeen . .

Nig Saartjie het nog nooit gemoan oor my bene nie . . .

2015/07/23



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kort
Kruppel-kruppel...Moenie worrie nie Wolf, g'n vreemde hond sal naby jou kom nie, want dit lyk of jy loop en klippe optel.

Lekker gelees alweer Wolf...sonde uitveer...dis 'n goeie een.
3 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


***
Weer goed op jou stukke [verskoon die woordspeling] vandag, Wolffmann!
3 jaar 10 maande 2 dae 21 ure oud


kort en lank
Oom Willie jy laat my alweer giggel soos n bakvissie. Oe jys stout, ooee hahahee. Onthou net of jy sit of staan en n grap vertel, almal lag steeds lekker saam. Deesdae met my rug so vol nonsens verkies ek om sittend n grap te maak. Wat ek wil se, die liggaam word oud maar die har en die gees, aikona die wil altyd 18 bly. Dankie oom Willie ek geniet jou baie en nou net sodat Saartjie nie my oe kom uitkrap nie, ek praat van jou geskrywe.
3 jaar 10 maande 3 dae 7 ure oud


Kort en lank
Ek het nou lekker gelag. En tog is dit nogal so waar wat jy neergepen het.

Wel gedaan. Geniet jou skrywes

Groetnis van kaia tot kaia
3 jaar 10 maande 4 dae oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar